NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Klas- en eksamenroosters

 

Klas- en eksamenroosters

Hierdie webblad vertoon klas- en lokaalroosters vir die PUK-Kampus en eksamenroosters vir Potchefstroom en Afstand-vraestelle.
Gebruik die keuselys aan die linkerkant om die betrokke inligting te vertoon.

Die klasroosters word op 'n interaktiewe webblad vertoon, wat soms stadig laai as dit van buite die kampus se intranet besoek word. Lees asseblief eers die instruksies vir hoe om die roosters te vertoon, voordat die opsie gekies word.

 

Toets- en eksamenroosters word 2-3 maande voor die betrokke geleentheid opgestel, en is NIE voor die tyd beskikbaar nie. Die roosters kan ook eers 4 weke voor die eerste vraestel as amptelik finaal beskou word. Geen 'voorlopige' inligting rakende die plasing van vraestelle sal dus verskaf kan word voordat dit op hierdie webblad vertoon word nie. Die eksamenroosters word op hierdie wyse opgestel omdat daar van leerder-registrasiedata gebruik gemaak word : Indien 'n leerder vir twee modules geregistreer is, sal hierdie twee modules nooit bots op die eksamenrooster nie. Om hierdie data te verkry, moet daar in die eerste semester gewag word dat registrasie afgehandel word, en in die tweede semester dat vakwysigings afgehandel word. Die eksamenroosters word dan met 'n kragtige optimering-sagtewarepakket opgestel sodat a) geen leerders botsings het nie, en b) leerders wat geen modules herhaal nie die bes moontlike verspreiding van vraestelle oor die eksamentydperk kry. Leerders wat modules herhaal of uiters eksotiese vakkombinasies het, kan moontlik meer as een vraestel op dieselfde dag of op opeenvolgende dae skryf, maar sal nooit 'n botsing (dieselfde sessie) kan hê nie. Daar word egter gepoog om vir so veel as moontlik leerders die bes moontlike verspreiding te kry, en die roosters wat uiteindelik opgestel word, is van so 'n aard dat enige skuif altyd vir meer leerders nadelig is. Indien twee modules dus naby aan mekaar geplaas word, is dit omdat daardie module-kombinasie deur minder leerders geneem word as ander kombinasies van vraestelle wat 'verder weg' is, en sal enige skuif dus vir meer leerders 'n moeiliker rooster verskaf as vir dié (relatief min) wat die betrokke kombinasie neem.

 

 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings