NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
ArtémaŽ

 

Wie is Artéma?

Artéma is die Instituut vir Kunstebestuur en Ontwikkeling aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).  Hierdie instituut het op 1 Desember 2003 tot stand gekom. Die instituut fokus op die bemagtiging en opleiding van mense betrokke aan die bestuurs- of organisatoriese kant van die kunste-omgewing en alle aanverwante dissiplines.  Die instituut hou homself dus nie besig met opleiding in die verskillende kunsvorme nie, maar met opleiding op die bestuurskant en administrasie van die kunste.

Artéma is die eerste instituut van sy soort in die land en is 'n selfstandige instituut wat deel vorm van die Departement Kultuur van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Nuut op hierdie web
Gaan maak gerus 'n draai by die verskillende kursusse en kyk gerus na die nuwe kursus oor Entrepreneurskap in die kunste. Stem ook gerus op ons stembus oor ons nuwe kunstekwessie.

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings