NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

 

NWU, Potchefstroomkampus: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe
Baie welkom by die
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het in 1941 ontstaan toe dit as ‘n afsonderlike Fakulteit vanuit die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte ingestel is as die Fakulteit van Handel en Administrasie. Prof dr JP van der Merwe is as eerste dekaan verkies.   Die motivering vir so ’n Fakulteit was die spesifieke opleiding van toekomstige ondernemers op handel- en nywerheidsgebied. Vandag wil ons nog steeds deur kwaliteit onderrig, navorsing en bemarking van deskundigheid opgeleide en bekwame studente vir die arbeidsmark aflewer. Hierdie Fakulteit het in studentegetalle so gegroei dat dit tans een van die grootste Fakulteite op die NWU-Potchefstroomkampus is.

Tans bestaan die Fakulteit uit vier skole (Ekonomie, Mensehulpbron-Wetenskappe, Ondernemingsbestuur en Rekeningkundige Wetenskappe). Daar is ook  ’n nagraadse Besigheidskool.   Al die navorsing word gekoördineer deur die navorsingseenheid  WorkWell,  asook 'n Nisarea vir Toerisme. 

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Gebou E3)
Potchefstrookampus
Noordwes-Universiteit
Privaatsak X6001
POTCHEFSTROOM
2520

Spesiale skakels

eFundi
>>Sitemap 

16 Februarie 2010 (dewmr)

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings