>>VISIE EN MISSIE
Die visie en missie van die Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe is soos volg: Visie
‘n Fakulteit - bekend vir die ontwikkeling van ‘n arbeiderskorps en sakeleiers wat met hul kundigheid, innovering en ondernemingsingesteldheid ‘n verskil in die ekonomie van Suid-Afrika en Afrika kan maak.
Missie
- Om ons te verbind tot hoë gehalte onderrig, navorsing en bemarking van deskundigheid gemeet aan internasionale standaarde.
- Om waardes van gelykheid, vryheid, integriteit, verdraagsaamheid, respek, eerlikheid en toewyding aan studente oor te dra, sodat hulle goeie staatsburgers kan wees.
- Om 'n gesonde wisselwerking tussen onderrig, navorsing en bemarking van deskundigheid te bewerkstellig.
- Om studente se vermoëns te ontwikkel om wetenskaplik (krities) en innoverend te kan dink en redeneer sodat ekonomiese- en besigheidsprobleme opgelos kan word.
- Om onderrigprogramme voortdurend te rig op die behoeftes van die sakewêreld en die owerheidsektor om daardeur studente se indiensnemingsgeleenthede te verbeter.
- Om ‘n kliënt-vriendelike en 'n gehalte-gefokusde instelling te wees om studente te trek wat ons kernaktiwiteite van onderrig en navorsing sal bevorder.
- Om sensitief te wees vir ons omgewing, die land se sosiale behoeftes en om volhoubare ontwikkeling te bevorder.
22 Sept. 2008 (dewmr)
|