Doelstellings van die Skool
Die Skool vir Farmasie het in oorleg met die waardegebaseerde beginsels van die Noordwes-Universiteit die volgende ten doel:
Die wetenskaplike en professionele opleiding van aptekers sodat hulle, deur ‘n professionele farmaseutiese diens te verskaf, ‘n bydrae kan lewer tot die gesondheidsbevordering van die mense van die Republiek van Suid-Afrika.
Die najaag van relevante, kwaliteit navorsing om die farmaseutiese wetenskap te bevorder, in belang van die gesondheid van die mense van die Republiek van Suid-Afrika.
Die toepassing van die unieke kundigheid en vermöens van die Skool vir Farmasie tot die voordeel van die gemeenskap oor die algemeen en spesifiek die aptekersprofessie.
|
|
 Jongste nuus
|