Welkom
Tot en met 1999 funksioneer Departement Fisiologie en Departement Voeding en Gesinsekologie afsonderlik binne die Fakulteit Natuurwetenskappe.
As gevolg van fokussering van navorsing aan die universiteit het herstrukturering gevolg waarin akademiese departemente verdwyn en Skole tot stand gekom het.
Dit is met die oog op groter doelmatigheid en doeltreffendheid in die kerntake van die universiteit gedoen.
Die vakgroepe Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe is saamgevoeg in die Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe binne die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.
Dinamiese studierigtings en beroepsmoontlikhede word deur hierdie Skool aangebied.
|