VAKGROEP VERBRUIKERSWETENSKAPPE
Foschini 'Fashion Design Awards" 2010
‘n Derdejaar Grafiese ontwerp student, Hanli Janse van Rensburg het vanjaar ingeskryf vir die kortkursus in patroonontwerp by Verbruikerswetenskappe. Dit het haar die geleentheid gebied om aan Foschini se “Fashion Design Awards” kompetisie deel te neem. Sy is tans een van die 10 landswye finaliste in die kompetisie.
Die opdrag was dat studente kontemporêre, alledaagse items vir ‘n somerreeks moet ontwerp, wat pas by die Foschini handelsmerk. Studente het navorsing gedoen oor die modeneigings volgens die temas: “Lady Boudoir”, “Haute Hippie the Love Child” en “Wild Wild West” en het dan hul sketse volgens een van die temas gemaak.
Hanli se “Wild, Wild West” sketse het haar laat deurdring na die volgende rondte, waar sy patrone volgens spesifieke mates gemaak het vir haar sketse en daarna die uitrustings in ‘n beperkte tyd self gemaak het. Sy het selfs die meeste van die uitrustings se bykomstighede self gemaak.
Die ses finaliste wat deurdring na die volgende rondte, staan die kans dat hul uitrustings by die “Cape Town Fashion Week” in 2010 gedra gaan word. Daar is ook internskappe by Foschini en by van Suid-Afrika se beste modeontwerpers op die spel. Besonderhede van die finaliste en hul sketse is beskikbaar by www.heat.co.za, waar die publiek kommentaar kan lewer.



Verbruikerswetenskappe nuusbrief 2009
Kongresse
Prof. Lena Bosman het in Junie verskeie navorsingsrapporterings by die Institute of Food Technologists (IFT) se jaarlikse kongres en EXPO in die VSA gelewer. Hierdie kongres en gepaardgaande voedseluitstalling is vanjaar deur meer as 14,500 afgevaardigdes uit verskeie sektore bygewoon en meer as 2000 referaat- en plakkaataanbiedings is gelewer. Prof Bosman het ook 'n studiebesoek aan die Universiteit van Fayetteville (UARK) in Arkansas gebring en die montlikheid van navorsingsamewerking met Prof. Mary Warnock en Prof. Marjorie Fitch-Hilgenberg, is ondersoek.
Gedurende September het 3 lektore en 2 M-studente die 4de IFHE konferensie in Swaziland bygewoon. Drie plakkate en een voordrag is gelewer. Verskeie lesings oor verbruikersgedrag, produkontwikkeling, voedselsekuriteit en ontwikkelings in mode- en tekstielkunde, het weer een die belangrikheid van Verbruikerswetenskappe beklemtoon.

Me Sunelle Jacobs, Dr Hanli de Beer, Me Liezl Steyn en Me Annemie Nieman, by die IFHE konferensie in Swaziland.
Mev. Ment Larney en Prof. Annette van Aardt het 'n kongres in Indië bygewoon en voordragte gelewer.
Conferences
The 4th International Consumer Research Conference, hosted by Queen Margaret University in Edinburgh, Scotland took place from 24 to 26 June 2009. The theme of the Conference was "Consumer voice and representation" and was attended by 120 delegates, representing 16 countries. Prof. Daleen van der Merwe en Mrs. Sonna van Zyl from Consumer Sciences attended this conference to deliver oral and poster presentations, while also being selected as members of an International Consumer Education Practitioners Group.
Research
Research in the subject group Consumer Sciences entered a new direction in 2009. The new research programme CON-WELL (Enhancing consumer interests and well-being in South Africa) was initiated, aiming to promote consumer well-being in South Africa. Our previous research project, SAVE ("Suid-Afrikaanse Verbruikers se Etiketteringsgedrag" / South African consumers' labelling behaviour) will still form part of the CON-WELL programme in order to enhance consumers' well-being and interests regarding food and textile labels in South Africa.
Three Masters students graduated in 2009. Miss Karin Venter and Miss Stephné Spangenberg with projects focussing on consumers' perceptions of different types of food packaging. Miss Minnet Thomas' Masters dissertation wat entitled: "Describing the brand wearing male consumer and his searching and evaluating behaviour in the retail environment", also addressing consumer behaviour issues.
NWU Consumer Sciences is proud to announce its first NRF evaluated candidate in the subject group, Prof. Daleen van der Merwe. This evaluation takes place on the grounds of research output and is internationally acclaimed.
Mode en Tekstiele
Dit is met trane dat Verbruikerswetenskappe afskeid neem van Mev. Ment Larney wat diep spore in die tekstielvakgroep by Verbruikerswetenskappe getrap het! Na lang jare van onbaatsugtige arbeid gun ons haar die tydperk van rus wat sy verdien.
Die "My Label" rekenaarprogram van Bernina, wat as deel van die derdejaars- en honneursmodules ingefaseer word, bied aan studente die geleentheid om op 'n praktiese wyse aandag aan die verbruiker se patroonontwerp behoeftes te gee.
Visuele handelswarevoorstellers is een van die gewilder beroepskeuses onder afgestudeerde verbruikerswetenskaplikes. Ons winkelvenster spog nou met manlike mannekyne en studente gaan o.a. leer om diamantareas meer verbruikersvriendelik voor te stel.

Anita Grobler, Monette Carstens en Denidia Kilborn besig met modesketse
Behuising en Interieur
Vanjaar se 2de-jaar studente het weer eens bewys dat hulle daartoe in staat is om basiese ontwerpelemente en -beginsels wat tydens die 1ste jaar geleer is, toe te pas deur interessante interieur-konsepborde te ontwerp. Hierdie kennis sal die student in staat stel om die verbruiker i.v.m. aankoopbesluite en binneontwerp te adviseer. Tydens die 3de jaar, word die studente geleer om die verbruiker tydens besluitnemingsprosesse t.o.v. behuising by te staan. Dit sluit o.a. finansiële aspekte rakende behuisingsvoorsiening, beplanning en inrig van woonruimtes, die optimale benutting van hulpbronne asook verbeterde welstand- en lewenskwaliteitbevordering in.

Suné Conradie en Anneke Gericke besig met interieur sketse
Voedsel
Twee Honneursstudente, Leanca van Biljon en Natasja de Jager het tydens die Junie vakansie by een van die grootste voedselmaatskappye in Botswana in die produkontwikkelinglaboratorium gewerk. Hulle kon hulle teoriekennis gaan toepas en het waardevolle bedryfsondervinding opgedoen. Hulle beskryf die ervaring as onvergeetlik. 'n Insident wat hulle altyd sal bybly was toe hulle die koekieproduk waarop hulle baie trots was, aan die bestuurder voorgelê het en hy dit teen die muur gegooi het. Voorwaar nie 'n wetenskaplike metode om breekbaarheid te toets nie, maar dalk effektief.
'n Interessante produk wat ontwikkel was, was 'n mopaniewurmpasteitjie, waarvan die smaak alle verwagtinge oortref het. Die resultate van die aanvaarbaarheidstudie was ook positief totdat die bestanddele bekend gemaak is. Dit het weer die gesegde bewys: "wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie".
Internskappe
By Verbruikerswetenskappe poog ons om die studente ook praktiese blootstelling te gee aan die bedryf en moontlike werksgeleenthede. In 2009 was daar so 'n geleentheid in samewerking met Rooi Rose. Na 'n siftingsproses wat deur Rooi Rose se redaksie hanteer is, het Marisa van Graan en Christelle Weideman vir twee weke in Julie saam met Rooi Rose gewerk aan mode- en voedselbylaes vir 2009. Voorwaar 'n voorreg om saam met 'n wenspan soos die van Rooi Rose te werk!
In 2010 kan studente van die toerismeprogram deur 'n siftingsproses gaan om te bepaal wiel deel sal wees van 'n internskap by 'n eksklusiewe Lodge. Beplande blootstelling sluit o.a. die bestuur van akkomodasie en ook die reël van 'n formele funksie in.
Nutricamus nr 1
Die ASV (akademiese studentevereniging) wenner van die afgelope termyn (08/09) is bekendgemaak. Nutricamus het hul stemme dik gemaak en is aangewys as algehele ASV wenners op die Potchefstroom Kampus van die NWU. Alle aktiwiteite word deurgaans aan beoordelingskriteria onderwerp en sluit o.a. die stalletjiesdag, webwerf en aksies in. Die doel van 'n ASV is veelvuldig van aard, maar kan basies saamgevat word as komitees wat instaan vir die studente op alle vlakke. Daarmee saam groepeer natuurlik die belangrike rol om akademiese geleenthede vir die studente te reël waartydens opleiding op 'n ander vlak voortgesit word en werkskontakte opgebou word. Ons is voorwaar trots op ons studente!

v.v.l.n.r Tamar van der Walt, Janerie Wierenga, Marisa van Graan, a.v.l.n.r Rona Potgieter, Anita Grobler, Liesl Maartens
Gemeenskap
Honneursstudente is die afgelope aantal jare by plaasgemeenskappe betrokke deur verskilende opleidingsprogramme aan die plaaswerkervrouens aan te bied sodat hulle die kennis en vaardighede kan gebruik om hulle eie lewenskwaliteit te verbeter en/of om dit aan te wend om 'n inkomste te genereer. Die inhoud van die programme behels o.a. beter tydsbesteding, huishoudelike begrotings, naaldwerkvaardighede en kreatiewe handvaardighede en is deell van die FLAGH-projek.

Studente se mode-ontwerpe beïndruk beoordelaars Drie derdejaar NWU-Pukstudente van die Vakgroep Verbruikerswetenskappe is finaliste in ’n kompetisie van Foschini. Inge van Heerden, Leandri van Zyl en Nadia Maree, het tot die voorlaaste rondte van die FAD (Fashion and Design)-kompetisie deurgedring. Die kompetisie is vanjaar in verskillende fases verdeel en groepe van drie studente kon inskryf. In elke fase is ander vereistes gestel en moes hulle verskillende verbruikersgroepe bedien. Meer as ’n honderd inskrywings is vir die eerste fase ontvang waarna dit na ses groepe vir fase twee verminder is en vier groepe vir die derde fase. Lees meer
terug
|