NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
School of Physiology, Nutrition and Consumer Sciences

 

SUBJECT GROUP CONSUMER SCIENCES

 

Kongresse

Prof. Lena Bosman het in Junie verskeie navorsingsrapporterings by die Institute of Food Technologists (IFT) se jaarlikse kongres en EXPO in die VSA gelewer. Hierdie kongres en gepaardgaande voedseluitstalling is vanjaar deur meer as 14,500 afgevaardigdes uit verskeie sektore bygewoon en meer as 2000 referaat- en plakkaataanbiedings is gelewer. Prof Bosman het ook 'n studiebesoek aan die Universiteit van Fayetteville (UARK) in Arkansas gebring en die montlikheid van navorsingsamewerking met Prof. Mary Warnock en Prof. Marjorie Fitch-Hilgenberg, is ondersoek.

Gedurende September het 3 lektore en 2 M-studente die 4de IFHE konferensie in Swaziland bygewoon. Drie plakkate en een voordrag is gelewer. Verskeie lesings oor verbruikersgedrag, produkontwikkeling, voedselsekuriteit en ontwikkelings in mode- en tekstielkunde, het weer een die belangrikheid van Verbruikerswetenskappe beklemtoon.

kongres2

Miss Sunelle Jacobs, Dr Hanli de Beer, Mrs Liezl Steyn and Mrs Annemie Nieman, at the IFHE conference in Swaziland.

Mev. Ment Larney en Prof. Annette van Aardt het 'n kongres in Indië bygewoon en voordragte gelewer.

 

Conferences

The 4th International Consumer Research Conference, hosted by Queen Margaret University in Edinburgh, Scotland took place from 24 to 26 June 2009. The theme of the Conference was "Consumer voice and representation" and was attended by 120 delegates, representing 16 countries. Prof. Daleen van der Merwe en Mrs. Sonna van Zyl from Consumer Sciences attended this conference to deliver oral and poster presentations, while also being selected as members of an International Consumer Education Practitioners Group.

 

Research

Research in the subject group Consumer Sciences entered a new direction in 2009. The new research programme CON-WELL (Enhancing consumer interests and well-being in South Africa) was initiated, aiming to promote consumer well-being in South Africa. Our previous research project, SAVE  ("Suid-Afrikaanse Verbruikers se Etiketteringsgedrag" / South African consumers' labelling behaviour) will still form part of the CON-WELL programme in order to enhance consumers' well-being and interests regarding food and textile labels in South Africa.

Three Masters students graduated in 2009. Miss Karin Venter and Miss Stephné Spangenberg with projects focussing on consumers' perceptions of different types of food packaging. Miss Minnet Thomas' Masters dissertation wat entitled: "Describing the brand wearing male consumer and his searching and evaluating behaviour in the retail environment", also addressing consumer behaviour issues.

NWU Consumer Sciences is proud to announce its first NRF evaluated candidate in the subject group, Prof. Daleen van der Merwe. This evaluation takes place on the grounds of research output and is internationally acclaimed.

 

Mode en Tekstiele

Dit is met trane dat Verbruikerswetenskappe afskeid neem van Mev. Ment larney wat diep spore in die tekstielvakgroep by Verbruikerswetenskappe getrap het! Na lang jare van onbaatsugtige arbeid gun ons haar die tydperk van rus wat sy verdien.

Die "My Label" rekenaarprogram van Bernina, wat as deel van die derdejaars- en honneursmodules ingefaseer word, bied aan studente die geleentheid om op 'n praktiese wyse aandag aan die verbruiker se patroonontwerp behoeftes te gee.

Visuele handelswarevoorstellers is een van die gewilder beroepskeuses onder afgestudeerde verbruikerswetenskaplikes. Ons winkelvenster spog nou met manlike mannekyne en studente gaan o.a. leer om diamantareas meer verbruikersvriendelik voor te stel.

mode

Anita Grobler, Monette Carstens and Denidia Kilborn drawing fashion sketches

 

Behuising en Interieur

Vanjaar se 2de-jaar studente het weer eens bewys dat hulle daartoe in staat is om basiese ontwerpelemente en -beginsels wat tydens die 1ste jaar geleer is, toe te pas deur interessante interieur-konsepborde te ontwerp. Hierdie kennis sal die student in staat stel om die verbruiker i.v.m. aankoopbesluite en binneontwerp te adviseer. Tydens die 3de jaar, word die studente geleer om die verbruiker tydens besluitnemingsprosesse  t.o.v. behuising by te staan. Dit sluit o.a. finansiële aspekte rakende behuisingsvoorsiening, beplanning en inrig van woonruimtes, die optimale benutting van hulpbronne asook verbeterde welstand- en lewenskwaliteitbevordering in.

interieur 3

Suné Conradie and Anneke Gericke drawing interior sketches

 

 

 

 

Voedsel

Twee Honneursstudente, Leanca van Biljon en Natasja de Jager het tydens die Junie vakansie by een van die grootste voedselmaatskappye in Botswana in die produkontwikkelinglaboratorium gewerk. Hulle kon hulle teoriekennis gaan toepas en het waardevolle bedryfsondervinding opgedoen. Hulle beskryf die ervaring as onvergeetlik. 'n Insident wat hulle altyd sal bybly was toe hulle die koekieproduk waarop hulle baie trots was, aan die bestuurder voorgelê het en hy dit teen die muur gegooi het. Voorwaar nie 'n wetenskaplike metode om breekbaarheid te toets nie, maar dalk effektief.

'n Interessante produk wat ontwikkel was, was 'n mopaniewurmpasteitjie, waarvan die smaak alle verwagtinge oortref het. Die resultate van die aanvaarbaarheidstudie was ook positief totdat die bestanddele bekend gemaak is. Dit het weer die gesegde bewys: "wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie".

 

Internskappe

By Verbruikerswetenskappe poog ons om die studente ook praktiese blootstelling te gee aan die bedryf en moontlike werksgeleenthede. In 2009 was daar so 'n geleentheid in samewerking met Rooi Rose. Na 'n siftingsproses  wat deur Rooi Rose se redaksie hanteer is, het Marisa van Graan en Christelle Weideman vir twee weke in Julie saam met Rooi Rose gewerk aan mode- en voedselbylaes vir 2009. Voorwaar 'n voorreg om saam met 'n wenspan soos die van Rooi Rose te werk!

In 2010 kan studente van die toerismeprogram deur 'n siftingsproses gaan om te bepaal wiel deel sal wees van 'n internskap by 'n eksklusiewe Lodge. Beplande blootstelling sluit o.a. die bestuur van akkomodasie en ook die reël van 'n formele funksie in.

 

Nutricamus nr 1

Die ASV (akademiese studentevereniging) wenner van die afgelope termyn (08/09) is bekendgemaak. Nutricamus het hul stemme dik gemaak en is aangewys as algehele ASV wenners op die Potchefstroom Kampus van die NWU. Alle aktiwiteite word deurgaans aan beoordelingskriteria onderwerp en sluit o.a. die stalletjiesdag, webwerf en aksies in. Die doel van 'n ASV is veelvuldig van aard, maar kan basies saamgevat word as komitees wat instaan vir die studente op alle vlakke. Daarmee saam groepeer natuurlik die belangrike rol om akademiese geleenthede vir die studente te reël waartydens opleiding op 'n ander vlak voortgesit word en werkskontakte opgebou word. Ons is voorwaar trots op ons studente!

Nutricamus

Front: Tamar van der Walt, Janerie Wierenga, Marisa van Graan Back: Rona Potgieter, Anita Grobler, Liesl Maartens

 

Gemeenskap

Honneursstudente is die afgelope aantal jare by plaasgemeenskappe betrokke deur verskilende opleidingsprogramme aan die plaaswerkervrouens aan te bied sodat hulle die kennis en vaardighede kan gebruik om hulle eie lewenskwaliteit te verbeter en/of om dit aan te wend om 'n inkomste te genereer. Die inhoud van die programme behels o.a. beter tydsbesteding, huishoudelike begrotings, naaldwerkvaardighede en kreatiewe handvaardighede en is deell van die FLAGH-projek.

gemeenskap

 

 

 

Fashion designs of students impress adjudicators
Three third-year NWU Puk students of consumer sciences are finalists in a competition of Foschini. Leandri van Zyl (picture), Inge van Heerden and Nadia Maree, went through to the penultimate round of the FAD (Fashion and Design) competition. This year the competition was divided into different phases, and groups of three students could enter. In each phase other requirements were set and they had to serve a variety of consumer groups. Read more

 

back

 

kongres1

Miss Sunelle Jacobs, Miss Annchen Mielmann and Mrs Liezl Steyn at the IFHE conference in Swaziland.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

venster

Students  busy with a shop window display

 

 

 

 

 

 

interieur4

Elizna van den Berg drawing interior sketches

interieur2

Rachel Venter, Maryke Lötz, Sanri Odendaal, and Stephni van der Merwe with their concept board

 

 

proepaneel

Consumers during a tasting panel session

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

flagh2

flagh1

Farmworker woman participating in the FLAGH-project

 

 

platinum_lily

Inge van Heerden, Leandri van Zyl and Nadia Maree

 


© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions