NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Fakulteit Gesondheidswetenskappe

 
 

Prof CM Smuts Intreerede

Direkteur van Skool vir Verpleegkunde kry nasionale toekenning

WHO Interregional Seminar for Quality Control Laboratories

Farmakologie blink weereens uit op 'n internasionale vlak

Prof Alta Schutte verkies tot die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

MIV Stigma Navorsingsintervensie"

Alta Schutte: Wenner van 'n "Women in Science Award"

AUTHeR en CEN straal oor nuwe SuNRAY studie

Verbruikerswetenskappe kortkursus gee grafiese student se droom 'n hupstoot

WHO-CC establishes a quality control platform for the Botswana NDQCL

Dieetkunde en Voeding spog met Viviente ASV

Minister van Gesondheid wys Wilders aan vir Gesondheidsberoepsraad van SA

Cor en Antoinette: Wafferse mikro-sjirurge

Tweet-tweet: Volg die fakulteit op Twitter

Clarina Manley-King makes a "royal" impression in Beijing

Kosmetiese effektiwiteitstoetse brei uit

Prof Greeff dra by tot die ontwikkeling van ons studente as verantwoordelike landsburgers in die MIV pandemie

Nuwe baniere beskikbaar vir die Fakulteit

WGO–samewerkingsentrum loots uitgebreide opleidingsinisiatief

AUTHeR handhaaf hoë etiese standaarde in navorsing

NIIF/CENQAM verwelkom die Spaanse sokkerspan.

FIVA-televisiespan voer onderhoud met Malan en Verster

Prof CM Smuts Intreerede - Voedingnavorsing is 'n studie om balans te herstel


Van links na regs: Proff Marius Smuts, Herman van Schalkwyk en Amanda Lourens

Prof Marius Mattheus Smuts, verbonde aan die Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het op 22 Oktober 2010, sy intreerede gelewer.

Die titel, Voedingnavorsing is 'n studie om balans te herstel, is gebruik om onder andere die volgende gevolgtrekkings te maak:

  • Die inname van twee porsies vetterige vis (omega-3 ryke bron) per week, sal die noodsaaklike omega-3 verskaf
  • Mikronutriënte status moet ook optimaal (veral yster) wees.
  • Die balans tussen die bostaande werk in sinergie, moontlik deur interaksie.

Prof Smuts het sy loopbaan begin deur na die effekte wat die tipe en die hoeveelheid vet op lipoproteïen metabolisme en aterosklerose het, te kyk. Hierdie werk is opgevolg deur 'n studie om die invloed van visolie (omega-3 vetsure) supplementasie op gevestigde aterosklerose in 'n proefdier model (Vervet apies), vas te stel.

Prof Smuts se belangstelling in omega-3 vetsure strek oor 'n tydperk van meer as 20 jaar en sluit werk soos die invloed van parenterale voeding op plasma en rooibloedselmembraan vetsuur samestelling in baie-lae-geboorte-gewig babatjies; die effek van verhoogde omega-3 vetsuur inname tydens swangerskap op swangerskap-uitkomste; die effek van omega-3 bevattende produkte op kognitiewe ontwikkeling van laerskool leerders en dan tans ook die interaksie tussen omega-3 vetsure en mikronutriënte tydens kognitiewe ontwikkeling in skoolkinders, in.

Prof Herman van Schalkwyk, Puk-kampusrektor, het prof Smuts gelukgewens met sy merkwaardige bydra tot sy veld en tot die samelewing. Prof Amanda Lourens het ook die spoggeleentheid bygewoon en het die oorkonde aan prof Smuts oorhandig.


Direkteur van Skool vir Verpleegkunde kry nasionale toekenning

Prof Hester Klopper

Prof Hester Klopper, direkteur van die Skool vir Verpleegkunde, het op 12 Oktober 2010 die Nursing Education Association (NEA) Nursing Excellence Award for Leadership in Nursing Education vir 2010 ontvang.

Hierdie nasionale prestige toekenning is tydens 'n spoggeleentheid van die NEA/FUNDISA kongres op in Kaapstad aan haar oorhandig.

Die toekenning is spesifiek op individuele leierskap gefokus en dit dui aan dat Prof Klopper dit ontvang vir "her dedicated and visionary leadership in the profession; and her competency, tenacity, passion and drive to promote the development of nursing education".

Die Skool en die hele Fakulteit is opreg trots op haar.

The following honours were also recently bestowed on Prof Klopper:

  • Prof Klopper have been invited to speak at The Center of Philanthropy at Indiana University 22nd Annual Symposium, Women World Wide - Leading through Philanthropy in Chicago, Illinois on the 10-11 March 2011. She will present on "Leadership and the Gender Lens". An interview with Prof Klopper, to profile the event, was published at the following address: http://womensphilanthropy.typepad.com/stephaniedoty/2010/10/sharing-a-legacy.html#tp
  • Prof Klopper was invited to the Leadership Summit in September 2010 and is acknowledged in the President's Newsletter from Kappa Tau http://www.uvm.edu/~kappatau/



WHO Interregional Seminar for Quality Control Laboratories involved in the WHO Prequalification of Medicines Programme and/or participating in respective sampling and testing projects

Potchefstroom, South Africa, 16-19 November 2010

The World Health Organization (WHO) - Prequalification of Medicines Programme (PQP), with the support of the WHO Collaborating Centre at the North-West University, Potchefstroom, South Africa, is organizing the WHO Interregional Seminar for Quality Control Laboratories (QCLs) involved in the WHO Prequalification of Medicines Programme (PQP) and/or participating in respective sampling and testing projects. The Seminar will be held at the North-West University Sports Village in Potchefstroom, South Africa, from 16 to 19 November 2010.

The seminar is planned to contribute to the capacity building and the networking of QCLs cooperating with PQP and will focus on:

  • Quality management systems for quality control laboratories;
  • Purchase, qualification and maintenance of equipment;
  • Validation and verification of testing methods; and
  • Evaluation of test results.

Part of the programme will be hands-on exercises and a practical programme in the Research Institute for Industrial Pharmacy® (RIIP) incorporating the Center for Quality Assurance of Medicines® (CENQAM), which are both prequalified laboratories of the North-West University, Potchefstroom, South Africa.

The seminar is organized for professional staff of QCLs with expertise in the quality control of medicines and quality management systems, who have responsibilities in these areas.

Participants from QCLs which are prequalified by WHO, within prequalification process or participating in PQP organized testing projects, are invited to attend. QCLs from five regions (AFRO, AMRO, EMRO, EURO and WPRO) will be represented.


Farmakologie blink weereens uit op 'n internasionale vlak

Prof Douglas Oliver (hoogleraar in Farmakologie), het die Commonwealth Pharmacists Association by die vyf-en-veertigste vergadering van die WHO Expert Committee on Specifications for Pharmaceutical Preparations, wat in Geneva vanaf 18 tot 22 Oktober gehou is, verteenwoordig.
   

Proff DW Oliver en CB Brink (hoogleraar in Farmakologie) is herkies tot die uitvoerende kommitee vir die SAfr Vereenigining vir Basiese en Kliniese Farmakologie.
   

Prof BH Harvey ontvang die "Beste Publikasie in Farmakologie" toekenning by die onlangse kongres van die Akademie van Farmaseutiese Wetenskappe van Suid-Afrika, met die artikel: Korff S, Stein DJ, Harvey BH. Cortico-striatal cyclic AMP-phosphodiesterase-4 signalling and stereotypy in the deer mouse: attenuation after chronic fluoxetine treatment. Pharmacol Biochem Behav. 2009 May;92(3):514-20.

Prof BH Harvey onvang die "Beste Poster" toekenning by die onlangse kongres van die Suid-Afrikaanse Vereenigining vir Basiese en Kliniese Farmakologie vir sy poster: "Behavioral and neurochemical evidence for striatal toxicity in rats treated with phenylglyoxylic acid, a metabolite of styrene", G Terre'Blanche, N Heyer, JJ. Bergh, LJ. Mienie, CJ. van der Schyf, BH. Harvey.
   

 

Melissa Watson (M-student) ontvang die 1ste prys in die Jong Wetenskaplike Kompetisie by die onlangse kongres van die SAfr Vereenigining vir Basiese en Kliniese Farmakologie vir haar voordrag: "Decreased plasma nitrite (NO2-) levels in a genetic rat model of depression, the Flinders Sensitive Line (FSL) rat: A possible bio-marker of depression?", M. Watson, BH. Harvey, FP. Viljoen, L Brand.

Prof Alta Schutte verkies tot die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Prof Alta Schutte

Prof Alta Schutte, fokusarea direkteur van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus, is middel Oktober verkies tot lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

"Ek is dankbaar dat die bydraes wat deur die lede van HART gemaak word, raakgesien en waardeur word," sê prof Schutte.

Volgens Prof Schutte was sy al voorheen by verskeie van die werksgemeenskapsfunksies wat deur die Akademie aangebied word, teenwoordig. "Ek het dit regtig baie geniet. Veral die akademiese interaksie oor verskeie interessante akademiese gebiede – en nie net gesondheidswetenskappe nie."

Prof Schutte sal in die vervolg ook by verskeie akademiese sake van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, jaarlikse kongresse en werksgemeenskapsfunksies betrokke wees.

Baie geluk prof Schutte! Die Fakulteit is baie trots op u.


'n Omvattende MIV Stigma Vermindering en Welstand Bevorderings Navorsingsintervensie neem in aanvang

Prof Minrie Greeff

Die SANPAD befondsde MIV Stigma Vermindering en Welstand Bevorderings Navorsingsintervensie, met Prof Minrie Greeff, navorser in AUTHeR (Afrika-Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing),as projekleier, het in Augustus 2010 aanvangs geneem.

Die trans-dissiplinêre navorsingspan wat binne die projek werk bestaan uit Proff A Kruger, H Strydom, R Letsosa, M Temane, M Wissing, Dr E Manyedi, Mnr T Khumalo, een Ph.D en vier M studente. Prof C Doak van Vrije Universiteit Amsterdam tree as die genoot uit Nederland op. Aimee Stewart en Poncho Molale wat deurmiddel van assistensie as steunpilare dien, sorg dat die projek glad verloop.

Die projek, wat beide in Potchefstroom en Ganyesa aangepak word, beoog om nagenoeg 1,400 mense te raak. Twintig mense wat met MIV leef, hul eggenote, kinders, familie, vriende, dominees en 'n gemeenskapslid, word deur die studie ingesluit. Elk van die groepe is dan onderskeidelik met projekte binne die gemeenskap besig.

"Stigma is so 'n groot probleem in ons land. Ons kan nie op individuele of selfs groepsbasis die probleem hanteer nie. Ons moet die grotere gemeenskap aanspreek," sê Prof Minrie.


Alta Schutte: Wenner van 'n "Women in Science Award"

Prof Alta Schutte, wenner van WiSA Award

Prof Alta Schutte, fokusarea direkteur van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus, is deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT) as die wenner van die "Women in Science Award (WiSA)" kompetisie se "Distinguished Young Women in the Life Sciences" kategorie, aangewys.

"Ek het dit glad nie verwag toe hulle my naam op die verhoog noem nie. Ek was verbaas en baie bly, veral oor wat dit vir die NWU beteken," vertel prof Schutte. Die toekenning is deur die minister van Wetenskap en Tegnologie, me Naledi Pandor, en die onderminister van DWT, mnr Derek Hanekom, by 'n gala-geleentheid wat op 13 Augustus 2010, by die OR Tambo-Lughawe Southern Sun gehou is, oorhandig.

Die WiSA-kompetisie word jaarliks deur DWT aangebied om vir vroulike wetenskaplikes en navorsers erkenning te gee en geleenthede in die land te skep. Suksesvolle vroulike wetenskaplikes se unieke prestasies in navorsing en innovasie, wat veral 'n inspirasie vir die nasie is, word mee gespog. Die oorkoepelende doel is om voldoende rolmodelle vir jong vroue en meisies voor te hou.

"Ek glo dat ons die toekenning verwerf het omdat die navorsing wat deur HART verrig word, 'n groot impak op die gemeenskap kan hê. HART fokus daarop om in die toekoms die las van hoë bloeddruk en kardiovaskulêre siektes in die swart Afrika gemeenskappe, te verlig," vertel prof Schutte. "Ek is ook baie dankbaar vir die bystand wat ek vanaf proff Frikkie van Niekerk en Amanda Lourens gekry het. Hulle was ook daar toe ek die toekenning ontvang."

"Dit is 'n uitsonderlike prestasie en as ek dit reg het, is dit 'n eerste vir die Universiteit," vertel 'n opgewonde prof Nico Malan, Direkteur van die skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe. "Ons sien uit na nog baie uitsonderlike prestasies van 'n uitsonderlike jong wetenskaplike. Baie geluk Alta!"

Volgens prof Schutte, stop die opwinding nie hier nie, aangesien daar in die volgende paar weke onder andere 'n radio-onderhoud op SAfm met prof Schutte gevoer gaan word en die prestasie gaan ook in 20 Augustus se weergawe van die The Mail & Guardian gepubliseer word.


AUTHeR en CEN straal oor nuwe SuNRAY studie

Prof Annamarie Kruger

AUTHeR (Afrika-Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing) en CEN (Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding), het onlangs verneem dat die aansoek vir 'n nuwe navorsingstudie naamlik SuNRAY (Sustainable Nutrition Research for Africa in the Years to come), wat deur 'n konsortium van navorsers by die 7th Framework van die Europese Unie (EU) ingedien is, die enigste geslaagde aansoek is wat deur die EU befonds sal word.

Prof Annamarie Kruger, Direkteur van AUTHeR, het in November verlede jaar 'n uitnodiging vanaf die Instituut voor Tropische Geneeskunde in België ontvang om as mede-werker in 'n konsortium 'n aansoek by die 7th framework van die Europese Unie in te dien. Die konsortium bestaan uit medewerkers van in die Instituut voor Tropische Geneeskunde (Blegië), International Foundation for Science (Swede), Wageningen University and Research Centre (Nederland), Noordwes Universiteit (Potchefstroom), Sakoine University (Tanzania), University of Abomey-Calavi (Benin), Institut de Recherche pour le Développment (Frankryk), Makerere University (Ugnda) en Intermon - Oxfam Spain (Spanje). Die aansoek is in Desember 2009 geskryf en die eerste week van Januarie 2010 ingedien.

Die SuNRAY studie sal oor 'n tydperk van 24 maande strek en sal 'n verwagte inkomste van ongeveer 150 000 € vir AUTHeR inbring. Boonop gaan die projek groot internasionale blootstelling vir die NWU beteken, want dieNWU is getaak om die interaktiewe webtuiste vir die studie te ontwikkel en te huisves.

Volgens prof Kruger, gaan AUTHeR die studie in direkte samewerking met CEN uitvoer. "Ons glo dat die studie voorwaar 'n groot inpak op die huidige voedselsekerheidskwessie in Afrika kan maak en ons sien met groot opgewondenheid uit die projek se afskopdatum."


Verbruikerswetenskappe kortkursus gee grafiese student se droom 'n hupstoot

Hanlie Janse van Rensburg

Kliek om meer van Hanlie se ontwerpe te sien.

'n Derdejaar grafiese ontwerp student, me Hanli Janse van Rensburg, het vanjaar vir die kortkursus in patroonontwerp by die Vakgroep Verbruikerswetenskappe van die Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe, ingeskryf. Dit het haar die geleentheid gebied om aan Foschini se "Fashion Design Awards" kompetisie deel te neem. Hanlie het deurgedring tot die tweede rondte waar sy as een van die 10 landswye finaliste in die kompetisie, aangewys is.

"Ek het glad nie verwag dat ek 'n finalis sou wees nie, aangesien die kompetisie eintlik vir finalejaar mode studente was," vertel me Janse van Rensburg. "Toe ek uitvind dat ek as 'n finalis gekies is, het ek dit as 'n teken gesien en het ek geweet dat my droom om eendag 'n modeontwerper te word, begin waar word. Die kortkursus in patroonontwerp het my bygestaan om nader aan my droom te kom."

Volgens mev Louise Wyma, personeellid verbonde aan Verbruikerswetenskappe en ook die aanbieder van dié kortkursus, was die opdrag van die kompetisie dat studente kontemporêre, alledaagse items, wat by die Foschini handelsmerk pas, vir 'n somerreeks ontwerp. "Studente het navorsing gedoen oor die modeneigings volgens die temas: Lady Boudoir, Haute Hippie the Love Child en Wild Wild West en het dan hul sketse volgens een van die temas gemaak."

"Hanli se Wild, Wild West sketse het haar tot die volgende rondte laat deurdring, waar sy patrone volgens spesifieke mates, vir haar sketse gemaak het en daarna het sy ook die uitrustings in 'n beperkte tyd self gemaak. Sy het selfs die meeste van die uitrustings se bykomstighede voortgebring," vertel 'n trotse mev Wyma.

Volgens me Janse van Rensburg sien sy daarna uit om na die patroonontwerp kortkursus, 'n kursus in tekstielkunde, ook onder die Vakgroep Verbruikerswetenskappe, te neem. "Al het ek nie na die laaste rondte van die kompetisie deurgedring nie, is dit die vêrste wat ek nog in 'n kompetisie gekom het en is dit vir my nou duidelik dat ek my droom om eendag 'n modeontwerper te raak, moet najaag."

Besonderhede van die finaliste en hul sketse is beskikbaar by www.heat.co.za, waar die publiek kommentaar kan lewer.

Hanli se sketse en uitrustings is ook hier te sien: http://www.puk.ac.za/fakulteite/gesond/fvv/vw/nuus.html


WHO-CC establishes a quality control platform for the Botswana NDQCL

Delegates of SCMS, UB, Botswana Ministry of Health, NDQCL with Dr. Marius Brits, Prof. Marlene Viljoen, Dr. Erna Swanepoel and Prof. Banie Boneschans.

Representatives of University of Botswana (UB), the Ministry of Health of Botswana, Supply Chain Management System (SCMS), and the Botswana National Drug Quality Control Laboratory (NDQCL), visited the WHO Collaborating Centre for the Quality Assurance of Medicines (WHO-CC) in the School of Pharmacy at the Potchefstroom Campus of the North-West University during 2-4 August 2010.

According to Dr. Marius Brits (Deputy Director of the WHO-CC) the purpose of this visit was to:

  1. Identify medium- to long-term specialized training and implementation programs which could assist in improving the capacity of the NDQCL Lab to perform monograph testing procedures in support of the drug testing and registration requirements.
  2. Provide SCMS, NDQCL and UB an opportunity to gain situational understanding and identify critical areas at the faculty of Health Sciences – School of Pharmacy and the pharmacy curriculum.
  3. Establish a tailor made training program for the NDQCL with assistance of the WHO-CC.
  4. Establish a Minilab at the UB with technical assistance from the WHO-CC.
  5. Develop a strategic implementation plan for UB support to the NDQCL.

"Phase 1 of the strategic plan, developed during the visit, will be implemented in September 2010," says Dr Brits. "A sincere word of appreciation to Prof. Dries Marais and the Research Institute for Industrial Pharmacy® incorporating CENQAM® who also participated in this collaboration effort."

The Botswana NDQCL is responsible for testing all medicines (including ARV'S) and related medical products imported, distributed and used in the country for safety, efficacy and quality.

SCMS is an international team of 15 organizations funded by the US President's Emergency Plan for AIDS Relief (PEPFAR) and is managed by the US Agency for International Development. The North-West university, through its School of Pharmacy and WHO-CC, provides Quality Assurance, training and consulting services on behalf of SCMS.

As part of PEPFAR, SCMS has been strengthening the supply chain of ARV'S and laboratory commodities in Botswana through technical support to the country's Central Medical Stores, Drug Regulatory Unit and NDQCL.


Dieetkunde en Voeding spog met Viviente ASV

Viviente Bestuur

Viviente, Dieetkunde en Voeding se Akademiese Studente Vereniging, het by die jaarlikse Akademiese Studenteraad prestasiefunksie, wat op 11 Augustus 2010 gehou is, met drie gesogte pryse, naamlik ASV Stalletjiedag wenners (90%), tweedebeste Skool ASV (92.15%) en derdebeste algehele ASV van die jaar (92.15%), weggestap.

Volgens Petri Botha, Viviente se voorsitster, is sy baie trots op dié prestasie, veral aangesien dit slegs Viviente se tweede bestaansjaar is. "Ons sukses is aan die ongelooflike bestuur, wat met hul uiteenlopende persoonlikhede, elkeen hul unieke bydrae lewer, te danke. Ons sou ook nie kon kom waar ons is sonder die wonderlike personeel by Dieetkune en Voeding, wat vir ons uitstekende ondersteuning bied nie. 'n Spesiale woord van dank aan mev Robin Dolman."

Viviente se missie is om Dieetkunde- en Voedingstudente van die Noordwes-Universiteit – Puk-kampus te verteenwoordig en om sodoende na elkeen van dié studente se behoeftes om te sien en se belange te beskerm.

Vir meer inligting oor Viviente: http://www.puk.ac.za/studentelewe/viviente/index.html


Minister van Gesondheid wys Wilders aan vir Gesondheidsberoepsraad van SA

Prof Cilas Wilders

Prof Cilas Wilders, hoof van die Instituut vir Biokinetika, is deur die Minister van Gesondheid aangewys om op die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika (GBRSA) - Raad vir Fisioterapie, Podiatrie en Biokinetika, vir 'n termyn van vyf jaar te dien. Prof Wilders is op 19 Julie 2010 tot die uitvoerende komitee en voorsiter van die voorlopige ondersoekkomitee van die raad, verkies.

"Ek sien uit na die uitdaging. Ek glo dat die ervaring tot voordeel van myself, die Puk en ons studente gaan wees," vertel prof Wilders. "Ek glo dat ek vanuit my passie en ervaring 'n groot bydra tot Biokinetika in Suid-Afrika kan lewer. Verder gee die aanstelling vir my as personeellid van die Puk, 'n bepaalde statuur waarmee ek op nasionale en internasionale fronte bepaalde bedingingsmagte vir die professie en die Universiteit kan verkry."

Volgens Prof Hans de Ridder, direkteur van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap, is daar slegs twee biokinetici in die land wat hierdie eer verwerf het. "Ons is baie trots op prof Cilas en dit is 'n baie groot eer vir die Skool. Dit is ook interessant dat die ander biokinetikus wat aangewys is, mev Maretha Delport, 'n oud-Puk is en ook van die Skool se personeelkorps deel was."

Prof Wilders is van mening dat sy regsagtergrond 'n belangrike bydrae tot sy verantwoordelikeheid as voorsitter van die voorlopige ondersoekekomitee, kan lewer. "Ek glo dat ek in staat sal wees om vroegtydig professionele slaggate aan praktisyns uit te wys en dit te bestuur. Uit die aard van my akademiese loopbaan sal ek ook 'n belangrike bydrae vir die professie binne die onderrigkomitee van die raad, kan maak."

Volgens prof Wilders is die professie ook tans by 'n kruispad. "Die professie moet in die volgende paar jaar 'n belangrike staanplek, nasionaal en internasionaal, binne gesondheid en die multidissiplinêre benadering inneem. Ons kan nie hierdie plek vestig sonder direkte inspraak en professionele verhoudings nie."


Cor en Antoinette: Wafferse mikro-sjirurge

Mnr Cor Bester, Hoof van die Proefdiersentrum

Mnr Cor Bester, Hoof van die Proefdiersentrum, en mev Antoinette Fick, senior veterinêre proefdiertegnoloog, het vanaf 19 tot 22 Julie die Basic Microsurgigal Skills kursus, by die Division of Plastic Surgery Microsurgery Laboratory University of Stellenbosch, Kaapstad, bygewoon.

"Ek kan nie eintlik onthou hoe dit was nie, want ons het te veel wyn gedrink. . . (grappie). Dit was absoluut wonderlik en fantasties gewees om so 'n klein aartjie onder 'n mikroskoop af te sny, weer te heg en toe te kyk hoe die dier dan weer wakker raak en normaal kan funksioneer," vertel mnr Bester.

Volgens mnr Bester, is lewendige proefdiere (rotte) tydens die kursus onder narkose gesit, waarna die aortas van die diere, met minimale weefselbeskadiging, oopgedissekteer is. Arterie klampe is aan die slagaar aangebring om bloedtoevloei vir 'n wyle te staak. Die slagaar (1 mm in deursnee) is daarna deurgeknip. Met behulp van 'n opleidingsjirurgiese stereo-mikroskoop en gespesialiseerde sjirurgiese instrumente is die slagaar weer met 'n nommer 10 hegtingsmateriaal, wat net mikroskopies sigbaar is, geheg. Na voltooiing van dié prosedure, is die arterie klamper verwyder en is normale bloedvloei weer moontlik gemaak. "Die hele prosedure het ons beginners tot drie ure geduur," vertel mnr Bester.

Nadat daar seker gemaak is dat daar geen lekkasies van bloed plaasvind nie, is die dier weer toegewerk om normaal te kan funksioneer. Dieselfde prosedure is op die femorale arterie en vene gedoen wat 0.8 mm in deursnee is. "Indien die dier gedooi het, kon ons nie ons sertifikate kry nie. Dit was dus wonderlik toe ons rotte weer na tien minute begin water drink en eet," vertel 'n opgewonde mnr. Bester.

Volgens mnr Bester kan moontlike opvolgkursusse ook gedoen word, wat die Proefdiersentrum nog verder sal baat. Die kennis wat by hierdie kursusse opgedoen word, gaan ingespan word om toekomstige navorsingswerk in mikrochirurgie te doen en ook om buite-projekte vir die Proefdiersentrum in te win. "Ek en Antoinette voel nou soos wafferse sjirurge. Hantekeninge is op aanvraag beskikbaar," vertel 'n grappige mnr Bester.



Tweet-tweet: Volg die fakulteit op Twitter

Volg Fakulteit Gesondheidswetenskappe nou op Twitter!

Fakulteit Gesondheidswetenskappe spog met 'n nuwe "Twitter" webwerf. Kort aankondigings en prestasies kan nou in 'n oogwink op hierdie elektroniese bulletinbord gepubliseer word.

Personeel, studente en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi om toekomstig die doen en late van die Fakulteit te "volg". Die webwerf kan aanlyn besigtig word deur na die direkte webwerf adres te gaan of deur op die Twitter-knoppie op die Fakulteit se nuwe tuisblad te kliek:

• Direk: http://twitter.com/FacultyofHealth
• Via Fakulteit tuisblad: http://www.puk.ac.za/fakulteite/gesond/index.html

Twitter-fanatikusse is welkom om 'n "follow" of "friend" versoek aan die Fakulteit te stuur, sodat die Fakulteit se "tweets" ook op hul eie persoonlike Twitter blad sigbaar is.

Tweet-tweet . . . die storie is uit.


Clarina Manley-King makes a "royal" impression in Beijing

Clarina Manley-King

"Science is not a just a man's world. The possibilities for woman in science are endless," says Clarina Manley-King, a Pharmaceutical Chemistry PhD student. "This is the most important thing that I will treasure from my experience in Beijing."

Clarina recently attended the Fourth General Assembly and International Conference of TWOWS (Third World Organization for Women in Science) in Beijing - China, where she delivered a podium presentation titled, The synthesis and evaluation of N-substituted phthalimide analogues as inhibitors of monoamine oxidase-B. Her work made such an impression that she was subsequently invited to present her research at the 2010 International Life Sciences Students Conference in Niymegen, The Netherlands - November 2010.

"I was overwhelmed by the people's response to my presentation. I was certainly not expecting it and was very appreciative of their complements," says Clarina.

Clarina is currently in her second year of her Phd and is studying under the supervision of Prof Jacques Petzer.


Kosmetiese effektiwiteitstoetse brei uit

V.L.N.R. Prof. Jeanetta du Plessis, Mev. Sterna van Zyl, Diana Khazaka en Prof. Banie Boneschans.

Die Eenheid vir Kosmetiese Effektiwiteitstoetse, en deel van Farmaseutiese en Biomediese Dienste binne die Skool vir Farmasie, se toetsvermoë is aansienlik uitgebrei, nadat die eenheid 'n addisionele toetsapparaat,wat 'n wye verskeidenheid veranderinge in die vel kan meet, aangeskaf het.

Talle vervaardigers van kosmetiese produkte maak daarop aanspraak dat hul produkte veleienskappe verander. "Ons is nou in staat om die meeste van die aansprake wat kosmetiese vervaardigers ten opsigte van hulle produkte maak, te verifieer", het prof Banie Boneschans, hoof van Farmaseutiese en Biomediese Dienste gesê.

Volgens prof Boneschans kan eienskappe soos velkleur, melanieninhoud, rooiheid, rimpeldiepte, pH van die vel, elastisiteit en verskeie ander parameters van die vel, met die instrumente, sonder dat die vel beskadig of benadeel word, gemeet word.

Volgens Prof. Jeanetta du Plessis, direkteur van die Fokus Area Geneesmiddelnavorsing en -Ontwikkeling, is die apparaat ook baie geskik vir gebruik by transdermale navorsing.

Diana Khazaka van die Duitse firma Courage + Khazaka, het die instrumente in die Kosmetiese Eenheid kom installeer. Khazaka het ook ? lesing aan personeel en nagraadse studente van die Skool vir Farmasie oor die vermoë en toepassing van die instrumente in die kosmetiek en dermatologie, gegee.

Die Kosmetiese Eenheid word deur mev Sterna van Zyl bestuur en die eenheid sal binnekort begin om kosmetiese produkte op vrywillige proefpersone vir firmas te evalueer.


Prof Greeff dra by tot die ontwikkeling van ons studente as verantwoordelike landsburgers in die MIV pandemie

Prof Minrie Greeff

"Ek glo dat ons nie Suid-Afrika se hoë insidensie van MIV effektief sal kan aanspreek, indien ons nie die stigma vraagstuk rondom MIV hanteer nie," sê prof Minrie Greeff, navorser in AUTHeR (Afrika-Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing).

Prof Minrie Greeff neem tans die voortou om studente op die Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus bewus te maak van hul rol as verantwoordelike lansburgers binne die MIV pandemie. MIV stigma word as een van die globale vraagstukke in die nuwe vlak ses modules "Ken die wêreld" en Fakulteit Gesondheidwetenskappe se "Ken en verstaan die gesondheidswêreld", wat alle studente aan die NWU moet deurloop, voorgehou.

Drie video-opnames is onlangs van interaktiewe sessie tussen prof Greeff, twee individue wat positief met hul positiewe MIV status leef en drie studente, opgeneem. Die video's is elk 'n halfuur lank en word op 'n interaktiewe wyse by die modules ingewerk.

Studente word in die video's gevra om hul sienings oor MIV en VIGS te deel. Na afloop van die realistiese prentjie wat deur die getuienisse van die MIV positiewe individue geskets word en nadat studente 'n kans gekry het om die lewe vanuit hierdie individue se raamwerk te beskou, word die studente gevra om te besin oor hoe hul lewensuitkyk 'n invloed het op hoe hulle met MIV stigma en mense wat met MIV gediagnoseer is, omgaan.

"Studente is moeg om na die gevare van MIV en VIGS en wat die virus behels te luister," vertel prof Minrie. "Studente bevind hulself in 'n baie hoë risiko groep. Dit is uiters belangrik dat studente wat deur die NWU afgelewer word, hul verantwoordelikheid, in 'n land met die hoogste MIV insidensie in die wêreld, nakom."


Nuwe baniere beskikbaar vir die Fakulteit

Sewe nuwe baniere pronk in die Dekaanskantoor se voorportaal.

Fakulteit Gesondheidswetenskappe het sewe nuwe baniere, vyf mini-baniere en twee groot pull-up baniere, aangeskaf om die Fakulteit by kongresbywonings, uitstallings, simposiums en ander bemarkingsgeleenthede te help verteenwoordig.

"Die twee groot pull-up baniere is so ontwerp dat die Fakulteit in die algemeen verteenwoordig word," vertel Leandi Olivier, skakelbeampte van die Fakulteit. "Daar is ook nou vyf mini-baniere, wat elke Skool in die Fakulteit verteenwoordig, beskikbaar. Die mini-baniere is nogal handig aangesien dit min weeg en kompak in 'n potloodsakkie kan opvou – ideaal vir wanneer 'n mens moet vlieg."

Baniere kan in die toekoms telefonies by die Dekaanskantoor vir enige geleentheid bespreek word.


WGO–samewerkingsentrum loots uitgebreide opleidingsinisiatief

v.l.n.r. Dr Marius Brits, Dr Moses Chisale, Prof MarleneViljoen en Prof Banie Boneschans

Die WGO-samewerkingsentrum vir kwaliteitsversekering van medisyne het in samewerking met die Afrika-streekskantoor van die WGO (World Health Organisation), 'n behoeftebepaling vir kortkursusopleiding in die kwaliteitsversekering van medisyne in vyf-en-veertig Afrikalande onderneem.

'n Vraelys vir dié doel is deur dr Marius Brits, tweede in bevel van die Samewerkingsentrum en, en in samewerking met dr Moses Chisale, van die WGO se Afrikastreekskantoor, ontwikkel. Daar is met die vraelys gepoog om gapings, in die kennis van en vaardigheid in kwaliteitsversekering van medisyne, in die onderskeie lande te identifiseer.

Die WGO-samewerkingsentrum word binne die Farmaseutiese en Biomediese Dienste struktuur van die Skool vir Farmasie bestuur en moet sekere WGO goedgekeurde inisiatiewe onderneem ten einde die WGO samewerkingstatus te behou.

Volgens prof Banie Boneschans, hoof van Farmaseutiese en Biomediese Dienste, is daar heelwat lande binne die Afrikastreek wat geen of swak ontwikkelde kwaliteitsversekeringstrukture vir medisyne het. "In baie gevalle het die lande nie die nodige kennis of vaardighede om kwaliteitsversekering van medisyne te kan doen nie. Ons wil graag hierdie kennis aan die lande oordra en hulle vaardighede help ontwikkel. Kortkursusse in kwaliteitsversekering van medisyne is nie net 'n ideale manier om nie kapasiteit binne die onderskeie lande te bou nie, maar dit is ook 'n besondere inisiatief van die samewerkingsentrum waaroor die WGO baie dankbaar is", vertel prof Boneschans.

Volgens dr Chisale, die WGO se adviseur vir farmaseutiese produkte in die Afrikastreek, is die samewerkingsentrum aan die NWU in die verlede baie suksesvol met kortkursusse gewees. "Ons wil graag op hierdie suksesse voortbou deur meer lande by die by die behoeftebepaling te betrek, aangesien die uitkomste van hierdie behoeftebepaling sal verseker dat kursusse die verskeie behoeftes van die onderskeie lande sal aanspreek."

Volgens dr Brits sal die saamgestelde kursusse eers deur die IKAS-proses moet gaan voordat dit aangebied sal word. Die materiaal vir die kursusse is reeds beskikbaar maar die verpakking van die kursusse sal van die kommentaar van die WGO afhang. Die uitkomste van die behoeftebepaling is in 'n verslag aan die WGO gestuur en bevat voorstelle, wat as deel van die aktiwiteite van Farmaseutiese en Biomediese Dienste binne die Skool vir Farmasie, uitgerol sal word.

Die WGO Afrika-streekskantoor is daartoe verbind om kursusdeelname vir soveel as moontlik lande beskikbaar te maak, wat hierdie inisiatiewe van die samewerkingsentrum die grootste tot dusver maak.


AUTHeR handhaaf hoë etiese standaarde in navorsing

Proff Minrie Greeff, Annamarie Kruger, dr Mada Watson en mev Poncho Molale word vir die hoë etiese standaard wat in hul navorsing gehandhaaf word, geloof.

"Ons het tydens die PURE studie weer persone getoets vir MIV. Elkeen wat positief getoets het se CD4 telling is ook bepaal." vertel prof Minrie Greeff, navorser in AUTHeR (Afrika-Eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing).

Huisbesoek word tans deur AUTHeR by elkeen van hierdie MIV positiewe deelnemers afgelê, sodat hul CD4 tellings persoonlik aan hulle meegedeel kan word en die nodige onderrig, ondersteuning en verdere verwysing gedoen kan word.

"Diegene met 'n CD4 telling laer as tweehonderd-en-vyftig, word as prioriteit beskou. Ons moedig hierdie individue aan om vir antiretrovirale behandeling te gaan of indien hul reeds op antiretrovirale behandeling is, word hul aangemoedig om so gou moontlikhul kliniek te besoek. Elke positiewe MIV persoon sal besoek word." vertel prof Greeff.


NIIF/CENQAM verwelkom die Spaanse sokkerspan.

Die Spanjaarde land in Potchefstroom! NIFF/CENQAM juig hul toe.

Die aankoms van die Spaanse sokkerspan in Potchefstroom, 11 Junie 2010, is deur die personeellede van NIFF / CENQAM as 'n geleentheid aangegryp om 'n bietjie spangees te bou.

"Die geleentheid het ons verenig en ons is nou gereed om vorentoe te gaan," vertel prof Banie Boneschans, hoof van Farmaseutiese en Biomediese Dienste.

Personeellede, getooi in Bafana-Bafana spankleure, het die verskyning van die Spanjaarde se vliegtuig langs die Ventersdorppad gaan inwag. Daar is worsbroodjies gebraai, vuvuzela's geblaas, Diski danse uitgevoer en Spaanse vlaggies gewaai. Opgewondenheid was groot toe die vliegtuig uiteindelik verskyn en ook later toe die bus met die Spanjaarde verby die juigende NIIF / CENQAM span, dorp toe beweeg.

Volgens prof Boneschans, is NIFF / CENQAM nie so gelukkig om weens die aard van kontraktuele verpligtinge teenoor kliënte, verlof tydens die ex-gratia periode te benut nie. "Ons het dus die spanbou geleentheid besonder geniet en waardeer."



FIFA-televisiespan voer onderhoud met Malan en Verster

Links na regs: Mnr Jean Verster en prof Dawie Malan

"Dit is nogal scary om te dink dat bykans een biljoen mense reg oor die wêreld aan die Noordwes-Universiteit en aan Potchefstroom blootgestel gaan word," vertel prof Dawie Malan, direkteur van die Instituut vir Sportwetenskap en -ontwikkeling aan die NWU Puk-kampus.

Die FIFA-televisiespan het Dinsdag, 8 Junie 2010, 'n onderhoud met prof Dawie en mnr Jean Verster (bestuurder van die Hoë Vlak Prestasie Instituut) gevoer. Prof Dawie is gevra om sy kennis oor die wetenskap agter hoogte bo seespieël (HBS) te deel en Verster moes 'n algemene agtergrond oor die fasiliteite van die Universiteit en Potchefstoom gee. "Die tipe vrae wat vir ons gevra is, het vir ons 'n baie goeie idee oor die Spaanse en ander oorsese spanne se denkwyse gegee," vertel Verster. "Die tv-span was baie geïnteresseerd om te hoor oor die fasiliteite van die Universiteit, geskiedenis oor die dorp en sy mense en die mediese en ander dienste wat beskikbaar is."

Volgens prof Malan het die tipe vrae wat aan hom gevra is, veral oor die effek wat HBS op die prestasievermoë van die sokkerspanne, wat aan die toernooi kom deelneem, gehandel. "Indien spelers se liggame nie vir die betrokke vlak bo seespieël gekondisioneer is nie, gaan hulle veral in die tweede helfte van die wedstryd sukkel om by die vinnige tempo van die spel by te bly. Die spelers se liggame sal nie voldoende suurstof aan hul spiere kan verskaf nie, weens 'n laer beskikbaarheid van suurstof op 'n hoër hoogte bo seespieël."

"Sokkerspanne, wat nie lank genoeg geoefen het om aan te pas by die veranderinge wat gepaard gaan met HBS nie, gaan die meeste daardeur geaffekteer word," vertel prof Malan. "Ons verneem dat die Spaanse sokkerspan al reeds vir 'n wyle besig was om in 'n Europese land vir die effek van HBS voor te berei. Die span kom sit hul kondisionering in Potchefstroom voort, sodat hul vir die duur van die maandlange toernooi, die effek van HBS sal kan hanteer."

Prof Hans de Ridder, direkteur van die Skool vir Biokinetika, Rekreasie en Sportwetenskap, is baie trots op dié twee personeellede. "Dit is voorwaar vir die Skool, Fakulteit en die Universiteit 'n groot eer en as hulle op die kassie verskyn, gaan ons verseker vir hulle kyk."

Volgens prof De Ridder, is daar 'n aanduiding dat die onderhoud net voor die wedstryd tussen Argentinië en Nigerië, op 12 Junie 2010, uitgesaai sal word.


 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings