Die skool PSGW is deel van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en bied akademiese en professionele opleiding in twee dissiplines, nl.
asook psigoterapeutiese dienste en psigososiale gesondheidsbevordering via die
Die navorsingsaktiwiteite van die Skool word in Fokusarea 9.1 “Voorkomende en Terapeutiese Intervensies” gedoen en fokus spesifiek op die aard, dinamiek en bevordering van psigososiale sterktes.
Die missie van die Skool vir Psigo-Sosiale Gedragswetenskappe is om ter verbetering van die psigososiale gesondheid, welsyn en lewenskwaliteit van die mense van Suid-Afrika en Noordwes in die besonder, Maatskaplike Werk en Psigologie as vakwetenskappe en professies uit te bou:
- deur die aanbied van uitkomsgebaseerde onderrigleergeleenthede van ‘n hoë gehalte,
- deur die doen van relevante en hoë kwaliteit basiese en toegepaste navorsing op die terrein van preventiewe en terapeutiese intervensies en
- deur die lewering van gemeenskapsdiens in die vorm van navorsingsuitsette en praktykopleidingsverwante intervensies op individuele, groeps- en gemeenskapsvlak.
Sien ook die organigram van skool.
|