NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Verpleegkunde

 

Welkom by die Skool vir Verpleegkunde (SONS).

ONS VISIE:

Die Skool poog om deurmiddel van kwaliteit navorsing, onderrig, opleiding, praktyk, innovasie en leierskap, die voorkeur keuse in verpleegkunde akademiese uitmuntendheid en vakgeleerdheid te wees, sodat gesondheidsuitkomste vir individue, families en gemeenskappe in Suid-Afrika verbeter kan word.

ONS MISSIE:

Die Skool vir Verpleegkunde is daaraan toegewyd om tot die optimale gesondheid van Suid-Afrikaners by te dra. Die Skool poog om hierdie missie deur uitmuntendheid in navorsing, onderrig, opleiding, praktyk, innovasie en leierskap , wat plaaslik gefokus is, nasionaal relevant is en internasionaal kompeterend is, te verwesenlik. Die Skool se missie word ook deur die Skool se leuse, Excellence beyond limits, ondersteun.

MEDEDINGENDE VOORDEEL:

Prominente nasionale en internasionale leierskapposisies wat deur personeellede gevul word, voorsien vir die kundigheid wat binne SONS voorkom, erkenning. Talle internasionale samewerkingsprojekte in navorsing en onderrig word binne die Skool onderneem. Die Skool was ook die dryfveer agter die2008 Nasionale Verpleegster Studie, wat die verwantskappe tussen verpleegster opleiding, werkstevredenheid, werknemer afdankings en pasiënt uitkomste, meet.

FASILITEITE EN TOERUSTING:


Die Skool beskik oor 'n goed toegeruste simulasie laboratorium, wat uit ses hospitaalbeddens en drie afskortings vir onderskeidelik verloskunde, gemeenskaps- en algemene verpleegkunde, bestaan. Die verloskunde afskorting bevat verskeie modelle, geboorte simulators en geboorte instrumente.

 
Join our Facebook Group


Voorgraadse grade

Magistergrade

Doktorsgrade

Diplomas

Kortkursusse


Voorgraadse brosjure

Voorgraadse Jaarboek

Nagraadse Jaarboek

Fakulteit brosjure

 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings