NWU gerekende leiers in die veld van kerningenieurswese

’n Doktorsgraadstudent in kerningenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is onlangs aangewys as die enigste Suid-Afrikaner wat die land op ’n internasionale konferensie oor energetika sal verteenwoordig. Werner van Antwerpen sal die land verteenwoordig by die European Nuclear Education Network Association (ENEN) se internasionale konferensie op 5 Junie in Boedapest, Hongarye. Die NWU is die eerste tersiêre instansie buite Europese grense wat as lid van ENEN aangewys is en Van Antwerpen is die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger wat deur ENEN-lede en beoordelaars gekies is om aan die konferensie deel te neem. Die NWU is ook die eerste Suid-Afrikaanse universiteit wat 'n leerstoel in kerningenieurswese by die departement van wetenskap en tegnologie, asook die PBMR (Pebble Bed Modular Reactor) ontvang het. Lees meer
Die Nagraadse Skool vir Kernwetenskap en -Ingenieurswese word finansieel ondersteun deur:
|
KWALIFIKASIES
Navrae
|