Ingenieurskole 2010
Word 'n NWU-PUK vir 'n ruk en kom kyk hoeveel pret ingenieurswese kan wees!
Twyfel jy of jy ingenieurswese moet studeer. Belê in jou toekoms en kom ervaar ons Ingenieurskool!
Waaroor gaan dit?
Die Ingenieurskool kan jou help om 'n ingeligte en deurdagte besluit te maak. Die Fakulteit bied drie Ingenieurskole per jaar aan, vir Graad 10 - 12 leerders wat belang stel in Ingenieurstudies. 'n Ingenieurskool word oor 4 dae aangebied, waartydens voornemende studente volledig ingelig word oor alle aspekte van ingenieurswese as beroep, wat ingenieurstudies behels en hoe dit voel om 'n student te wees. Die fokus is nie alleenlik op werk nie, en leerders het hope pret wanneer hulle met die minder ernstige kant van ingenieurswese kennis maak.
Wat kan ek verwag?
Die program sluit onder meer die volgende in:
- Besoeke aan die verskillende skole en laboratoriums binne die Fakulteit Ingenieurswese.
- Informele lesings en kontak met die lektore en studente.
- Besoek aan maatskappy/e om meer te leer van ingenieurswese in die praktyk.
- Pretprojekte wat huis toe geneem kan word.
Waar en wanneer?
Ingenieurskole word aangebied in die Maart- en Junie-vakansies, op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Die datums is: - 29 Maart - 1 April - 15 - 18 Junie
Kwalifiseer ek vir Ingenieurstudies?
Om te kwalifiseer vir ingenieurstudies, moet jy hê:
- Wiskunde en Natuur- en Skeikunde (C-simbool op HG) en 'n APS-telling van ten minste 31.
Wat gaan die koste wees?
'n Bedrag van R1050.00* (bedrag is onderhewig aan verandering) is al wat die Ingenieurskool jou gaan kos. Dit sluit alle maaltye en verblyf in (onder toesig) sowel as vervoerkoste vir die week. Vervoer na en van Potchefstroom is vir leerder se eie rekening.
Nog 'n hoogtepunt is die kans om Potchefstroom vanuit die lug te beskou tydens 'n sweeftuigrit. Beskikbaar teen 'n addisionele fooi van R150.00* per persoon. Aangebied deur Akavlieg Sweeftuigklub.
Hoe registreer ek?
Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom - die Ingenieurskool is baie gewild en slegs 'n beperkte aantal leerders kan geakkommodeer word. Klik hier vir die aansoekvorm.
Navrae Indien jy belangstel, kontak mev. Claudie Kroese by tel (018) 299-1530 of e-pos claudie.kroese@nwu.ac.za
*Onderhewig aan verandering.
|