Welkom by die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, die voorste skryfskool in die land!
Kuier gerus op ons webtuiste om te sien wat die ATKV-skryfskool alles bied.
Die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied `n verskeidenheid skryfkursusse aan vir enigiemand wat graag wil begin skryf of wat sy of haar kreatiewe skryfwerk wil verbeter.
Die jaarlikse Herfsskool vir skrywers word vanjaar weer deur die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit aangebied en bekendes uit die skryfwęreld sal as aanbieders optree.
DATUM: 30 Maart 2009 – 3 April 2009 PLEK: Nooitgedacht, Potchefstroom KURSUSSE: Hoe skryf ek ʼn rubriek, prosa, poësie, kinderliteratuur?
KOSTE: R2 250,00, verblyf vir 4 nagte in selfsorgeenhede en etes (behalwe ontbyt) ingesluit. Vir meer inligting en bankbesonderhede kan u met Kobie van Aswegen skakel: by (018) 299-1783 of e-pos: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za
Die ATKV-Skryfskool bied vanjaar ook verskeie naweek- en dagkursusse regoor die land aan.
|