
Welkom by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hierdie bladsy deel 'n paar belangwekkende brokkies oor werksaamhede/uitsette/geleenthede by CTexT.
Bekendstelling van African Wordnets
Afrikatale het nóg ʼn oorwinning behaal in hul strewe na verhoogde relevansie in die digitale era met die amptelike bekendstelling van woordnette vir Setswana, isiZulu, isiXhosa en Sesotho sa Leboa op UNISA se Muckleneuk-kampus.
Die welbekende en internasionale woordnet-spesialiste, professore Christiane Fellbaum (Princeton-Universiteit, VSA) en Karel Pala (Masaryk-Universiteit, Tsjeggiese Republiek), het lesings aangebied tydens die bekendstellingseminaar op 19 Januarie 2011. Hulle het ook hul kundigheid gedeel tydens ʼn twee dae lange werkswinkel wat die geleentheid voorafgegaan het, waartydens hulle die African Wordnet-span geadviseer het oor moontlikhede vir verdere ontwikkeling en navorsing.
ʼn Woordnet is ʼn leksikale databasis bestaande uit woorde wat in sinoniemstelle (“synsets”) gegroepeer is. Woordnette is waardevolle hulpbronne vir ʼn groot aantal outomatiese teksverwerkingstake en -toepassings, wat masjienvertaling, inligtingsontsluiting, teksklassifisering en teksopsomming insluit. Die ontwikkeling van die eerste woordnet het in die laat 1980’s by Princeton-Universiteit begin. Sedertdien is die Princeton WordNet uit Engels in verskeie ander tale regoor die wêreld vertaal en aan ander semantiese databasisse gekoppel.
Die African Wordnet-projek het in 2008 begin, en is ʼn medewerking tussen UNISA se Afrikatale-departement en die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®). Hierdie baanbrekersprojek word deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie via die Nasionale Mensetaaltegnologienetwerk befonds.
“Hierdie projek is ʼn opwindende verwikkeling wat nog tot die ontwikkeling van baie ander toepassings en hulpbronne vir Afrikatale gaan lei”, sê Handré Groenewald (CTexT®).
Volgens prof. Sonja Bosch (UNISA) het die vordering wat tot dusver met African Wordnets gemaak is aan Afrikataalkundiges die unieke geleentheid gebied om tot die tegnologiese ontwikkeling van hierdie tale by te dra, en behoort dit as inspirasie te dien om nóg Afrikatale in die volgende fase van die projek te betrek.
Die aantal sinoniemstelle wissel tussen 5 000 en 15 000 per taal en sal teen einde Januarie 2011 afgehandel wees.
Autshumato:

Oopbronvertaalhulpmiddels Befonds deur die Departement van Kuns en Kultuur en ontwikkel deur CTexT® in samewerking met die Universiteit van Pretoria. Lees meer
- ITE
Klik hier om weergawe 1.1.0 van die Autshumato ITE af te laai.
- Die CTexT® Alignment Interface en CTexT® Alignment Interface Pro is nou beskikbaar. Klik hier vir meer inligting.
- Persverklaring
CD-ROMs vir taalaanleer:
Klik ʼn sleutelbord, klik jou tong en kry ʼn nuwe kliek. Gebruik jou rekenaar om ʼn nuwe taal aan te leer en kliek met nuwe mense.
Ontwikkel deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) – 018 299 1541. Versprei deur BlueTek Rekenaars – 018 297 0164 en www.spel.co.za. Fotografie deur Topcolor Kodak Express – 018 297 0835. Lees meer
Speltoetsers vir Suid-Afrikaanse tale:
CTexT® het onlangs, in samewerking met hul vennote in die taalkunde, speltoetsers vir nege Suid-Afrikaanse tale ontwikkel vir gebruik saam met Microsoft® Office-programme soos Microsoft Word. Lees meer
Afrikaanse SkryfGoed 2008:

- CTexT bied met trots aan: Afrikaanse SkryfGoed 2008 - ʼn versameling skryfhulpmiddels wat die klikklank van Afrikaans op jou sleutelbord klinkklaar sal maak...
(Lees meer oor Afrikaanse SkryfGoed 2008)
- Afrikaanse SkryfGoed 2008 is beskikbaar vanaf www.spel.co.za, of skakel +27 18 297 0164 of 0800 203 048 vir bestellings.
Vind Afrikaanse SkryfGoed 2008 op Facebook!
Ander belangrinke inligting:
PSearch PSearch is gebaseer op Paramsearch, ʼn program wat deur Antal van den Bosch ontwikkel is vir die outomatiese optimalisering van die parameters van masjienleeralgoritmes... (Lees meer)
Turbo Annotate TurboAnnotate is ’n gebruikersvriendelike annotasieomgewing (d.i. hulpmiddel) waarmee linguistiese data vir masjienleerdoeleindes met behulp van skoenlussteekproefneming geannoteer kan word... (Lees meer)
Postdoktorale betrekking: CTexT is opsoek na kandidate om twee postdoktorale betrekkings in natuurliketaalprosessering te vul... (Lees meer)
|