NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
ISAM

 

NWU, Potchefstroomkampus: Konservatorium

 

 

PUK-Kanselierstrustprys vir Afrikaanse Komposisie 2010

Die Inligting Sentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek kondig die PUK-Kanselierstrustprys vir Afrikaanse Komposisie vir 2010 aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag, 30 September 2010.

 

Komponiste moet die inskrywingsvorm sowel as 'n portefeulje van komposisies in duplikaat voorlê. Die portefeulje moet uit drie onlangse werke bestaan. Die lengte van die werke, die instrumentasie daarvan en ander besluite oor die aard van twee van die komposisies is die komponis se keuse. Die derde werk moet 'n party vir solostem insluit, met 'n teks in enige taal. Komponiste is self verantwoordelik vir die keuse van die teks(te) en om die regte vir die gebruik daarvan te bekom. Die instrumentasie en tydsduur van die derde werk word ook deur die komponis self bepaal. Slegs komponiste wat gebore is ná 30 September 1970 en wat Suid-Afrikaanse burgers is, mag inskryf.

 

Na evaluering van die portefeuljes sal ISAM aan twee komponiste elk 'n opdrag gee om een werk van 6-12 minute te komponeer vir sopraan, altviool en klavier. Die komposisies moet 'n toonsetting wees van 'n Afrikaanse teks volgens die bepalings van Die PUK-Kanselierstrust van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die altvioolparty moet ook speelbaar wees op 'n klarinet, of dit moet vooraf deur die komponis aangepas word sodat dit deur 'n klarinet gespeel kan word.

 

Die name van die twee komponiste sal in November 2010 bekendgemaak word. Die werk moet voor of op Vrydag 11 Februarie 2011 aan ISAM besorg word. Die opdragfooi vir elke nuwe komposisie is R7,500 en dit word geborg deur die  PUK-Kanselierstrust. Die opdragwerke sal tydens 'n konsert van Suid-Afrikaanse musiek by die Skool vir Musiek van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in Mei 2011 uitgevoer word. Die konsert kan op ander plekke herhaal word.

 

Die administrasie van die prys word behartig deur die Inligtingsentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek (ISAM) aan die Noordwes-Universiteit.

 

Vir verdere besonderhede en inskrywingsvorms, kontak:

Hannes Taljaard: hannes.taljaard@nwu.ac.za

Ansie Vercueil: 11460245@nwu.ac.za

Tel: 018 299 1702 / 1692 / Faks: 018 299 1707

 

(Klik asb hier vir inskrywingsvorms)

Information Centre for Southern African Music (ISAM) - North-West University (Potchefstroom Campus)

  • Posadres:
    ISAM
    Skool vir Musiek
    Potchefstroomkampus
    Noordwes-Universiteit
    Privaatsak X6001
    Potchefstroom 2520
    Suid-Afrika
  • Tel.    +27 18 299 1692/5/9
  • Faks. +27 18 299 1707
  • isam@nwu.ac.za

 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings