NWU Home  

 

 

 
Contact us  |  Search
 
 
Research Focus Area 0.4

 

TAAL EN LITERATUUR IN DIE SUID-AFRIKAANSE KONTEKS

BESKRYWING
Die navorsingseenheid bestaan tans uit drie subprogramme:

Taal en Tegnologie
Die subprogram Taal en Tegnologie doen navorsing oor die verwerking van natuurlike taal met die oog op die ontwikkeling van tegnologiese toepassings, sowel as korpus-taalwetenskaplike navorsing en navorsing oor byskrifskrywing en rekenaargesteunde taalverwerwing. ‘n Groot deel van die navorsing is gemik op die ontwikkeling van taalwetenskaplike hulpbronne, soos taalkorpusse en grammatikas, wat uitgebrei is tot die ontwikkeling van kerntegnologieŽ vir taalverwerking, soos outomatiese morfologiese ontleders, woordsoortaanduiders en tesourusse. Die ontwikkeling van tegnologiese produkte vind plaas binne die Sentrum vir Tekstegnologie.

Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT)
Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) het op 1 Junie 2004 begin funksioneer as ‘n niewinsgewende, selfonderhoudende afdeling van die navorsingseenheidarea op die Potchefstroomkampus. Prof. Gerhard van Huyssteen is aan die hoof van CTexT.
Die vyf hoofaktiwiteite van die Sentrum vir Tekstegnologie is soos volg:

  • Navorsing (insluitend basiese, strategiese, toegepaste en marknavorsing)
  • Ontwikkeling (insluitend die ontwikkeling van bronne en van toepassings en produkte vir die eindverbruiker)
  • Kommersialisering van produkte en dienste
  • Onderhoud van produkte en ondersteuning aan eindverbruikers/kliŽnte
  • Opleiding (voorgraadse en nagraadse opleiding en professionele ontwikkeling)

Noue wisselwerking en kruisbestuiwing tussen verskillende aktiwiteite is van kernbelang in die operasionele filosofie van CTexT. Navorsing moet byvoorbeeld waar moontlik lei of bydra tot produkontwikkeling, terwyl alle produkte gewortel is in deeglike navorsing. In die opleiding van voorgraadse studente (in die program BA Taaltegnologie) word ‘n projekgebaseerde, probleemgerigte benadering gevolg, waarin opleidingshandelinge nou geÔntegreer word met navorsings-/ontwikkelingshandelinge. Die wisselwerking tussen opleiding, navorsing, ontwikkeling, kommersialisering, en ondersteuning en onderhoud kan deur middel van die volgende diagram verduidelik word:

  NFA04

Tale in Kontak
Navorsing in hierdie subprogram is daarop gemik om opvoedkundige sowel as sosio-ekonomiese uitdagings in die Suid-Afrikaanse taalwetenskaplike ekologie te identifiseer, te ontleed en te verduidelik, en ook om gepaste intervensies te ontwikkel om taalgebruikers te bemagtig. ‘n Sleutelfokus van die werk is op die aanleer en onderrig van taal, met besondere aandag aan tweedetaalverwerwing (in aansluiting by die CALL-program in Taaltegnologie), en die evaluering en ontwerp van taalonderrigprogramme. ‘n Tweede kernfokus is korpusnavorsing, met besondere klem op swart Suid-Afrikaanse Engels (SSAE), en die implikasies van hierdie verskeidenheid vir taalgesindhede en –diskriminasie, taalverwerwing en taalonderrig.

Nota:  ‘n Proses om hierdie twee taalwetenskaplike subprogramme te laat saamsmelt is tans aan die gang en sal afgehandel wees teen die einde van 2005.

Suid-Afrika: Literatuur, Ruimte en Identiteit in Plaaslike en Globale Kontekste
Die navorsingprojekte in hierdie subprogram fokus hoofsaaklik op die letterkundige uitbeelding en modellering van prosesse van persoonlike en kulturele identiteitvorming. Tans is die klem op liminaliteit, hibriditeit en grense in twintigste-eeuse en kontemporÍre tekste van Suid-Afrika en ander post-koloniale literatuur sowel as metropolitaanse sentrums. ‘n BreŽr historiese perspektief sal mettertyd ontwikkel word. Navorsing is van ‘n basiese aard, met ‘n element van toepassing, wat veral gerig is op die rol van kinder- en jeugliteratuur in die veeltalige Suid-Afrikaanse gemeenskap.

NAVORSINGSPROGRAM
Studente registreer vir MA- en PhD-verhandelinge in Afrikaans, Engels, Setswana of Taaltegnologie, en werk aan onderwerpe wat verband hou met die sentrale fokusse van die verskeie subprogramme.

KERNBEKWAAMHEID EN -NAVORSINGSKUNDIGHEID

Taalwetenskaplike bekwaamheid
Die subprogram Taal en Tegnologie beskik oor aansienlike kundigheid op die gebied van basiese grammatiese en fonologiese navorsing, sowel as instrumentele fonetiese ontleding van spraak en korpus-taalwetenskaplike ontleding van grammatiese en semantiese data. Gevolglik spesialiseer dit in beide teoretiese taalwetenskap en rekenaargebaseerde, empiriese taalontleding. Oor die afgelope paar jaar het die fokus uitgebrei na natuurlike taalverwerking en rekenaargesteunde taalverwerwing, wat gekulmineer het in die totstandkoming van CTexT. Op die Vaaldriehoekkampus word ‘n verwante tegnologie, naamlik byskrifskrywing, ondersoek as deel van die algehele fokus van Taalpraktyk by daardie kampus. Aktiewe samewerking vind plaas met navorsingsgroepe in BelgiŽ, Duitsland, Nederland en Swede, sowel as Suid-Afrikaanse wetenskaplikes aan UNISA, UP en US. 

Letterkundige bekwaanheid
Die span is sterk onderlÍ in teoretiese benaderings tot letterkundige studies en in modernistiese en post-koloniale literatuur, en in die besonder diť van Suid-Afrika. Die interdissiplinÍre benadering tot spesifieke probleme verstewig die bevoegdheid en lei tot samewerking. Die groep se kernbekwaamheid en –ervaring word aangevul deur samewerking met wetenskaplikes in Nederland, BelgiŽ, NoorweŽ, Duitsland, die VSA en AustraliŽ, en ook met jonger letterkundiges aan Suid-Afrikaanse universiteite, soos die Universiteit van Johannesburg, UK, Wits en Stellenbosch.


MEDEDINGENDE VOORDEEL

Taalwetenskap
Die subprogram Taal en Tegnologie is aan die spits van taaltegnologienavorsing, en is die groepering in die land wat navorsing doen oor die wydste reeks taaltegnologiese subterreine, met inbegrip van taalwetenskaplike hulpbronne, outomatiese morfologiese en sintaktiese ontleding, spraakleksikons, evaluasiemaatstawwe en die gebruik van taalverwerwingsprogrammatuur. Wat selfs belangriker is, is dat die navorsingseenheid navorsing en ontwikkelingsaktiwiteite doen deur CTexT, waar deeglike navorsing dien as inligting en invoer vir die ontwikkeling van eindverbruikerprodukte. Die subprogram gee voorts erkenning aan die belangrike rol van veeltaligheid in die land, en as sodanig streef dit voortdurend daarna om navorsing te doen en produkte te ontwikkel vir voorheen gemarginaliseerde tale as deel van sy kernaktiwiteite.

Literatuur
Die benadering om ‘n interdissiplinÍre span te gebruik vir die navorsing van die uitbeelding en modellering van ruimte en persoonlike en kulturele identiteit, sowel as ‘n sterk teoretiese fundering van die projekte maak hierdie groep uniek in Suid-Afrika.

FASILITEITE
CTexT en die subprogram Taal en Tegnologie deel twee unieke fasiliteite. Die Taaltegnologielaboratorium beskik oor elf uitstekende rekenaarwerkstasies met oudiofasiliteite vir digitale en analoogklankopnames en programmatuur vir analoog-tot-digitale klankomskakeling vir ontledings- en prosesseringdoeleindes. Afgesien van die laboratorium het CTexT ook ‘n toegewyde ontwikkelingslaboratorium, wat ‘n volle toetsstel insluit vir ‘n reeks berekeningsomgewings en ses toegewyde wekstasies vir ontwikkelaars. Hierdie fasiliteite word voortdurend opgegradeer om te verseker dat die jongste tegnologie altyd beskikbaar is.


HUIDIGE NAVORSINGSPROJEKTE

TAAL EN TEGNOLOGIE
Rekenaarleerder-korpusnavorsing word gedoen binne die subprogram Taal en Tegnologie, om die taalvaardigheidsbehoeftes te bepaal van tersiÍre studente wat studeer deur middel van hulle tweede taal, en is gemik op die ontwikkeling van geÔndividualiseerde programmatuur wat kursusse in taalvaardigheid en akademiese geletterdheid kan ondersteun. Werk wat in hierdie projek gedoen word vorm deel van die International Corpus of Learner English. As ‘n onderafdeling van die projek word die voltooiing van die Suid-Afrikaanse weergawe van die International Corpus of Learner English onderneem in samewerking met Prof. C.D. Jeffery van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

Outomatiese morfologiese en sintaktiese ontleding word nagevors deur navorsers wat werksaam is in CTexT en die vakgroep Afrikatale, met die fokus op die ontwikkeling van merkers, morfologiese ontleders en annoteerders en woordsoortaanduiders vir Afrikaans en Setswana.

Die Byskrifskryfprojek op die Vaaldriehoekkampus is daarop gemik om die gebruik en beskikbaarheid van byskrifskrywing in Suid-Afrika te bepaal, sowel as die mate waartoe dit nuttig en aanvaarbaar is op verskeie gebiede, veral met betrekking tot die openbare uitsaaier, die SABC. ‘n Verdere doel is om die optimale parameters te bepaal vir die skep van byskrifte vir verskeie Suid-Afrikaanse gehore, waaronder die dowe en hardhorende gemeenskap. Die opleidingsbehoeftes vir byskrifskrywers in Suid-Afrika word bepaal en navorsing word onderneem met die oog op die ontwikkeling van ‘n opleidingsprogram vir byskrifskrywers.
 
Die projek Leksikonontwikkeling vir Outomatiese Spraakherkenning van Moedertaal- en Niemoedertaalsprekers streef daarna om ‘n spraakleksikon te ontwikkel, met modelle van gesproke taal wat geÔnkorporeer sal word as ‘n komponent binne outomatiese spraakherkenningprogrammatuur vir Nederlands en Afrikaans. In die Leksikonontwikkelingsprojek is korpusse van gesproke Afrikaans en Nederlands versamel, getranskribeer en geannoteer in die taaltegnologielaboratorium op die Potchefstroomkampus, en dit word nou aangewend in die rig van spraakmodelle en die afhandeling van die spraakleksikon.

 

TALE IN KONTAK


Swart Suid-Afrikaanse Engels (SSAE)
‘n Verskeidenheid van spesifieke navorsingsprojekte is reeds onderneem om SSAE te bestudeer in die konteks van Suid-Afrikaanse Engelse variante oor die algemeen. Kwantitatiewe navorsing word tans gedoen oor die uitspraak en grammatika van SSAE, en dit word ondersteun deur taalwetenskaplike databasisse wat reeds in masjienleesbare formaat beskikbaar is. ‘n Aansienlike aantal publikasies het reeds uit hierdie werk voortgevloei. 

Baanbrekersnavorsing word ook gedoen oor die gesindhede teenoor verskillende vorms van Engels in Suid-Afrika en die prosesse van standaardisering in hierdie dinamiese konteks. Albei hierdie aspekte het belangrike implikasies vir taal in onderwys en vir bemagtiging in die werkplek. Hierdie navorsing is gekoppel aan parallelle werk oor ander Suid-Afrikaanse tale, en in die besonder Afrikaans en Setswana, om die effek van die dinamiese interaksie tussen tale in Suid-Afrika vas te stel.

Taalverwerwing en -onderrig
Die navorsingseenheid het ‘n trotse geskiedenis van belangrike bydraes tot die bestudering van tweedetaalverwerwing en –onderrig. Hierdie navorsing gaan voort in samewerking met verskeie ander projekte waarna daar reeds verwys is. Daar word op ‘n deurlopende basis kurrikulummateriaal en belangrike publikasies deur die navorsers gelewer, veral wat betref die verwerwing en onderrig van Engels in Suid-Afrika.

SUID-AFRIKA: LITERATUUR, RUIMTE EN IDENTITEIT IN PLAASLIKE EN GLOBALE KONTEKSTE


Kulturele identiteit


Die verskuns van hibriditeit, liminaliteit en grense
Daar is vandag min lande wat homogeen is ten opsigte van taal en kultuur. Nasionale soewereiniteit is daagliks onder druk van internasionale handel, globalisering, die magtige media en inligtingstegnologie wat min ontsag het vir nasionale grense of nasionale kulture. Die proses van globalisering en die krisis van die nasiestaat rig derhalwe die uitdaging aan Suid-Afrikaners om nuwe identiteite te skep wat nie meer gevorm word deur die skeidings van die verlede, soos byvoorbeeld ras, nie. Hoe identiteite gevorm word, watter insigte literatuur ons kan gee in die prosesse van identiteitvorming en wat die rol is wat ruimte en plek in hierdie verband speel, is sommige van die vrae waarop hierdie projek antwoorde probeer kry. Besondere aandag word gegee aan die rol van verskeie vorms van ruimtelikheid, soos grond en landskap in hierdie prosesse. Die hoofklem is tans op liminaliteit, hibriditeit en grense as nuttige konseptuele lense in die begryp van identiteitvorming soos dit uitgebeeld word in literatuur. Die projek streef daarna om ‘n bydra te maak tot ons begrip van prosesse van identiteitkonstruksie deur ‘n dialoog tussen plaaslike en globale tekste en kontekste.

Die interaksie tussen teks en konteks in post-koloniale romans
Navorsing in hierdie projek fokus op die identifisering van merkers in ‘n poging om die tematiese en tekstuele kartering van identiteit te beskryf. Hibriditeit, liminaliteit en grense word beskou as instrumente om die kartering van identiteit mee te beskryf en te ontleed. Hierdie projek maak gebruik van ‘n vergelykend-hermeneutiese benadering om die relevansie van Suid-Afrikaanse romans te beskryf en te evalueer binne die globale, en veral die post-koloniale, letterkundige kontekste.

Aspekte van kulturele identiteit
Kleiner projekte wat inskakel by hierdie tema is onder andere studies van Setswana kulturele identiteit soos gemodelleer in geselekteerde tekste, Setswana vroueliedere as instrumente van bemagtiging en ‘n studie van die bydrae van Sol T. Plaatje tot Setswana literatuur en kultuur.


LiterÍre prosesse


Dinamiese prosesse in Afrikaanse literatuur, met die fokus op die uitbeelding van identiteit en ruimte
Hierdie projek bestaan uit ‘n aantal kleiner vergelykende hermeneutiese studies oor die transformasionele aard van eietydse ervarings van identiteit, die verhoudings tussen identiteit en ruimte in die konteks van onlangse Afrikaanse romans en die herskrywing van geskiedenis, en die transformasies van genre en styl. Relevante eietydse teoretiese benaderings word gebruik om die teoretiese konseptualiserings van die verskeie kleiner projekte te ontwikkel.
 
Aktualiteit en onderrig
Suid-Afrikaanse literatuur vir kleuters, kinders en tieners: ‘n polisisteem
Navorsing in hierdie projek deur akademici van ‘n aantal plaaslike en internasionale universiteite en ander tersiÍre instellings sal kulmineer in die publikasie van ‘n boek wat gebruik kan word op tersiÍre vlak vir studente van ‘n wye spektrum dissiplines, byvoorbeeld literatuur, kommunikasie, opvoedkunde, inligtingswetenskap en joernalisme.

Kreatiewe skryfwerk


Om die wÍreld te ontsluit deur te skryf
Die mikpunt van hierdie projek is om kreatiewe skryf in Afrikaans en Setswana te bevorder deur gemeenskappe te help om hulle eie stories te vertel in samewerking met die Skool vir Maatskaplike Werk en die Skool vir Fisiologie, Voedingskunde en Verbruikerswetenskappe.

OPVOEDKUNDIGE PROGRAMME
Navorsing in hierdie navorsingseenheid word ondersteun deur die volgende voorgraadse en honneursprogramme:

  • BA Tale en Tegnologie – ‘n vierjaargraad gemik op die opleiding van studente vir die nasionale en internasionale mensliketaaltegnologiemark.
  • BA Tale en Literatuurstudie – ‘n formatiewe driejaargraad wat lei tot ‘n BA Honneursgraad en uiteindelik tot die MA-kursusse.

NAGRAADSE PROGRAMME

  • ‘n Gestruktureerde honneursprogram in samewerking met die vakgroep Afrikaans en Nederlands bied opleiding aan studente wat nie ‘n agtergrond het in menslike taaltegnologie nie.

KORTKURSUSSE

  • Individueel saamgestelde pakkette kortkursusse oor menslike taaltegnologie kan onderhandel word.
  •  Werkswinkels vir letterkundiges oor kulturele identiteit word op ‘n gereelde basis aangebied.

TOEPASSING

KERNMARKBEKWAAMHEID 

Taalwetenskaplike programme 
Die vlagskip- navorsings- en ontwikkelingsprojek by CTexT is ‘n projek wat fokus op die ontwikkeling van speltoetsers (en ander toetsinstrumente) vir die Suid-Afrikaanse tale. Aangesien CTexT die verskaffer is van vyf Suid-Afrikaanse tale vir Microsoftģ, is baie navorsing (in samewerking met individue by UNISA, UP en PanSALB) gedoen oor die ontwikkeling van toetsinstrumente vir Afrikaans, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, en Setswana. Hierdie speltoetsers, byvoorbeeld die Afrikaanse Speltoetser 3.0, Tesourus & Woordafbreker, sowel as toetsinstrumente vir die ander tale, word kommersieel beskikbaar gestel om verdere navorsings- en ontwikkelingsaktiwiteite te befonds.

Ander produkte wat by CTexT ontwikkel word is onder andere rekenaargesteunde taalverwerwingsprogrammatuur in die InStap!-reeks. Twee taalverwerwingsprogrammatuurpakette, Ngenani!isiZulu en Tsenang!Setswana, is byvoorbeeld ontwikkel in noue samewerking met die vakgroep Afrikatale aan die Noordwes-Universiteit en met die Universiteit van Leuven (BelgiŽ). Hierdie multimediaprogrammatuur stel die leerder in staat om die grondtrekke van ‘n nuwe taal binne ongeveer 45 uur aan te leer in die gerief van sy/haar eie huis of kantoor. Die programmatuur sluit woordeskat en luister-, praat-, skryf- en leesvaardighede in die teikentaal in, en selfs insig in die kultuur van die betrokke taal.

Literatuurprogram
Die groep beskik oor unieke interdissiplinÍre en teoretiese kundigheid, wat gelei het tot die vorming van ‘n unieke letterkundige navorsingsgroep in die Suid-Afrikaanse konteks.

Produkte en dienste
Indien die navorsers dit verkies kan hulle aan ‘n reeks taalwetenskaplike hulpbronne werk wat gekoppel is aan eindprodukte soos videomateriaal met byskrifte en taalverwerwingskursusse.

VAKKUNDIGE SPESIALISTE

  • Prof. Bertus van Rooy is tans die visepresident/verkose president van die International Association of World Englishes. Hy is ‘n voormalige redakteur van Southern African Linguistics and Applied Language Studies en het gedien op die adviespaneel vir Menslike Tale en Tegnologie vir die Minister van Kuns en Kultuur. Hy het in 2003 die jaarlikse navorsingslidmaatskap van die Kundigheidsentrum vir Suid-Afrika aan Utrecht Universiteit ontvang.
  • Prof. Gerhard van Huyssteen is tans die residentskrywer van die vaktydskrif Tydskrif vir Geesteswetenskappe, en tree op as resensieredakteur vir Southern African Linguistics and Applied Language Studies. Hy het in 2004 die Elizabeth Eybers Toekenning ontvang van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is ook die sameroeper van die STANSA Tegniese Komitee 37 Werkgroep 3 vir Rekenaartoepassings in Tegnologie, en ‘n lid van die PanSALB-standaardiseringskomitee vir Afrikaans (die Taalkommissie).
  • Prof. Daan Wissing dien op die NRF-graderingspaneel vir taalkunde en is die sameroeper van die STANSA Tegniese Komitee 37 Werkgroep 2 vir Spraaktegnologie.
  • Prof. Hein Viljoen is onderskeidelik redakteur en subredakteur vir twee geakkrediteerde vaktydskrifte.
  • Prof. Heilna du Plooy dien op die Letterkundige Kommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • Prof. Johann van der Walt dien as eksterne moderator vir Engels Tweede Taal Graad 12 vir Umalusi, die Suid-Afrikaanse Sertifiseringsraad.
  • ‘n Aantal spanlede dien die navorsings- en akademiese gemeenskap in verskeie adviserende en redaksionele hoedanighede.

VENNOOTSKAPPE EN SAMEWERKING

  • Die Inligtingstegnologiedepartement van die PUK werk saam met die navorsingseenheid ten opsigte van die verdere ontwikkeling van hulle Afrikaanse speltoetser. 
  • Die ontwikkeling van menslike taaltegnologie vind op ‘n deurlopende basis plaas in formele samewerking met die Afdeling vir Taal en Spraak aan die Katolieke Universiteit van Nijmegen in Nederland.
  • Daar word tans gewerk aan die ontwikkeling van ‘n Afrikaanse stemkomponent vir die MBROLA-projek oor spraaksintese.

GEMEENSKAPSBETROKKENHEID

  • CTexT is betrokke by Microsoft se Local Language Program. Deur hierdie inisiatief fasiliteer Microsoft die ontwikkeling van programmatuur wat vir die plaaslike mark geskep is, en van toetsinstrumente vir minderheidstale regoor die wÍreld. Microsoft Windows vir Afrikaans, en Microsoft Windows vir Setswana is vir die plaaslike mark ontwikkel onder die vaandel van CTexT. Die ontwikkeling van speltoetsers vorm ook deel van die breŽ Plaasliketaalprojek.
  • INSTAP: die verbetering van die Setswana taalvaardigheid van mediese en welsynspraktisyns wat in voorheen benadeelde gemeenskappe werk.
  • SSAE: die ekonomiese en opvoedkundige implikasies van taalgebruik en taalhoudings, waar daar direk in die gemeenskap gewerk word (byvoorbeeld skole en die werkplek

Subprogramme

Tale en Tegnologie: bronne en toepassings

Subprogramleier: prof AJ (Bertus) van Rooy

Tale in Kontak

Subprogramleier: prof JL (Johann) van der Walt

Suid-Afrika: Letterkunde, Ruimte en Identiteit in die Plaaslike en Globale Konteks

Subprogramleier: prof. HM (Hein) Viljoen

Rig alle korrespondensie aan die volgende adres:

Direkteur: Prof. Attie de Lange
Fokusarea-Tale & Literatuur in die SA Kontekste
Interne Bussie 371
Noordwes-Universiteit
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520

Belangrike telefoonnommers en e-posadresse:

Telefoon: +27 18 299 1555
Faks: +27 18 299 1562
E-pos:  ntlamdl@puk.ac.za

Op kampus: E9: Frans Du Toit Gebou, Kamer 209

 


© 2009 North-West University. All rights reserved.
Terms and Conditions