Die Sentrum vir Geloof en Wetenskap (SGW)
Personeel:
Direkteur: prof Pieter JJS Potgieter e-posadres: pieter.potgieter@nwu.ac.za tel (018) 299-1891 sel 082-451-0762

Sekretaresse: mev Linda Styger e-posadres: linda.styger@nwu.ac.za tel & faks: (018) 299-1786 sel 082-302-1279
1. Geskiedenis:
Die SGW het in Januarie 1996 tot stand gekom as ‘n voortsetting en uitbreiding van die Departement Wetenskapsleer, wat van 1980 tot 1995 verantwoordelik was vir die onderrig van die verpligte voorgraadse vak Wetenskapsleer, sowel as vir die opleiding van nuwe dosente in “Christelike wetenskapsbeoefening.” ’n Nuwe en hoofopdrag was dat die Sentrum navorsingsdienste moet verskaf aan dosente en nagraadse studente ter bevordering van ’n Christelike wetenskapsbeoefening. Toe die Instituut vir Reformatoriese Studies (IRS) aan die einde van 1999 gesluit is, is sommige van sy funksies ook oorgedra na die SGW. Prof PGW du Plessis was eerste direkteur van die SGW. Hy is op 1 Oktober 2000 opgevolg deur prof PJJS Potgieter.
Die SGW was sedert sy stigting ‘n interfakultêre en interdissiplinêre instelling wat onder toesig van die Senaat se Advieskomitee vir Reformatoriese Wetenskap (ARW) gefunksioneer het. Die Direkteur is in die uitvoering van sy taak bygestaan deur ‘n Uitvoerende Komitee wat jaarliks deur die ARW benoem is. Die Rektor was die voorsitter van die ARW en die Direkteur het sy taak in noue konsultasie met die Rektor en die Vise-Rektor (voorsitter van die Sentrum se dagbestuur) uitgevoer.
Met verloop van tyd het dit duidelik geword dat die Wetenskapsleer, soos dit binne die konteks van “Christelike wetenskapsbeoefening” aangebied is, nie ‘n voldoende basis skep vir onderrig en navorsing van hoë gehalte nie. Daar is naamlik besef dat die wysgerige vorming van studente meer omvattend en intensief gedoen moet word.
In 2001 het die Senaat, as deel van ‘n omvattende strategiese beplanning, die wysgerige vorming van studente as een van vier strategies prioriteite vir die volgende drie jaar aanvaar. Ter uitvoering van die besluit is die Skool vir Filosofie tot stand gebring en die SGW na die Skool te verskuif as ‘n afsonderlike maar integrale deel van die Skool.
Die Skool vir Filosofie se funksies lê op drie vlakke: 1) binne die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte is hy verantwoordelik vir die opleiding in Filosofie van studente in die programme van die Fakulteit; 2) interfakultêr is hy verantwoordelik vir (a) die vestiging van deskundigheid op die gebied van die wetenskapsfilosofie, met toespitsing op o.a. kwessies van wetenskap en geloof; en (b) die ondersteuning en bemagtiging van personeel in die identifisering en hantering van die filosofiese problematiek of grondslaekwessies in hulle vakgebiede; 3) op internasionale vlak is hy verantwoordelik vir die instandhouding en ontwikkeling van die Potchefstroom-kampus se historiese kontakte met geeesgenootlike instellings.
2. Doelstellings
• Stimulering van belangstelling in en ontwikkeling van kapasiteit op die gebied van die metateoretiese grondslae van die wetenskappe • Navorsing op die terrein van aktuele wetenskap en geloof-kwessies • Instandhouding en ontwikkeling van die Potchefstroomse kampus se historiese betrekkinge met “geesgenootlike” instellings
3. Kerntake
• Opleiding van nuutbenoemde personeel in hantering van grondslaekwessies in die vakwetenskappe • Ondersteuning van bestaande personeel i.v.m. hantering van grondslaekwessies in hulle vakgebiede • Gasdosente-programme • Seminare, collogiums en konferensies oor aktuele grondslaekwessies (ww.o. wetenskap en geloof kwessies) met die oog op navorsingsuitsette van personeel. • Om ‘n wetenskaplike infrastruktuur (soos bibliografie en finansiële ondersteuning ivm konferensies en artikels) in belang van grondslaestudies deur fakulteite, fokusareas en skole te ondersteun. • Monitering van die wetenskap en geloof/wetenskap en Teologie dialoog • Skakeling en samewerking met instellings wat op die terrein van wetenskap en geloof werk, bv CTNS, IUCN, ens. • Skakeling met die Potchefstroom-kampus se historiese geesgenote: VU, Calvin, Dort, Redeemer, Karoli Gaspar, Daystar, IAPCHE, ens.
4. Kursus vir nuutbenoemde dosente
Die Sentrum bied jaarliks ’n kursus oor die grondslae van die wetenskap en wetenskapsbeoefening aan nuut aangestelde akademiese personeel van die Universiteit. Die doel van die kursus is om hierdie nuwe dosente en navorsers gevoelig te maak vir die teoretiese en voor-teoretiese uitgangspunte van hulle wetenskaplike arbeid. Die kursus word tipies in twee fases aangebied, twee dae in elkeen van die twee semesters van die tweede jaar van ’n persoon se aanstelling aan die Universiteit. Formele aanbiedings word gedurende die oggende gedoen, waarna van kursusgangers verwag word om sekere oefeninge te doen, onder meer die hersiening van ’n gedeelte van ’n studiegids wat hulle met hulle eie studente aan die deurwerk is. Die kursus word in sowel Afrikaans as Engels aangebied in die velde van sowel die natuur- as die mens- / sosiale wetenskappe.
Belangrike literatuur
PGW du Plessis. 2000. Grondslaestudies: ‘n wesenlike deel van ons wetenskapsbedryf. SGW-seminaar. Potchefstroom. Bob Barrett [editted by Katie Roberts] 1997. Science and Theology: conflict or communion?
Skakels: webwerwe op die terrein van wetenskap en geloof
Center for Theology and the Natural Sciences: http://www.ctns.org Chicago Center for Religion and Science: http://www.ccrs.org Council for Christian Colleges and Universities: http://www.cccu.org International Association for the Promotion of Christian Higher Education: http://www.iapche.org Ian Ramsey Centre for Science and Religion (University of Oxford): http://www.users.ox.ac.za
|