Vakgroep Afrikaans en Nederlands
Akademiese kursusse kan van die eerstejaar- tot op doktorsgraadvlak gevolg word.
`n Verskeidenheid kursusse word aangebied en studente het die keuse om hulle beroepsgerig of vakgerig te laat oplei. Studente kan steeds `n grondige wetenskaplike studie van die Afrikaanse taalkunde en letterkunde maak, maar in ander kursusse val die klem op aspekte van taalgebruik in die werkplek en die beroepswêreld.
Afrikaanse Letterkunde: Die belangrikste letterkundige werke in Afrikaans word bestudeer asook heelwat Nederlandse literatuur. Die geskiedenis van die literatuur en literêre teorieë word aangewend vir nuwe relevante interpretasies van gedigte, romans en dramas.
Afrikaanse Taalkunde: Klankleer (Fonetiek en Fonologie), woordleer (Morfologie), sinsleer (Sintaksis), betekenisleer (Semantiek) asook die historiese band van Afrikaans met ander tale word bestudeer. Aandag word ook gegee aan Taalgebruikskunde wat in die praktyk van baie beroepe van groot waarde is.
In die Fakulteit Regte word `n kursus in Afrikaanse Kommunikasievaardighede aangebied.
Het jy geweet?
Afrikaans word gepraat deur die derde grootste groep moedertaalsprekers in Suid-Afrika en word verstaan en kan gebruik word deur ongeveer 16 miljoen mense in Suid-Afrika.
Afrikaans kan wêreldwyd deur ongeveer 38 miljoen mense verstaan word in lande soos Nederland, België, Suriname, Indonesië en selfs klein dele van Argentinië.
Beroepsmoontlikhede
Die studie van Afrikaans op universiteit is waardevol vir verskeie beroepe:
Onderwysers, dosente, skrywers, vertalers, tolke, taaltegnoloë.
Joernaliste, radio-oproepers, televisie-aankondigers, skakelbeamptes, kopiéskrywers, reklamemense.
Uitgewers, vertalers, woordeboekmakers, tydskrifredakteurs, redigeerders, gespesialiseerde sekretariële dienste.
Taalversorgers en redakteurs van korporatiewe tydskrifte.
Dit is ook nuttig vir mense in die biblioteekwese, die diplomatieke diens, die rekenaar- en inligtingsdienste en vir predikante, prokureurs en advokate.
Module-uitkomste
Modulekode: AFNP111 Semester 1 NKR-Vlak: 5 Titel: Taal sonder grense
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
die basiese beginsels en reëls onderliggend aan die Afrikaanse taalgebruikskunde te verstaan en in te oefen;
verskillende tekstipes in Afrikaans te onderskei en krities-evaluerend daarmee om te gaan;
sowel funksionele as estetiese Afrikaanse tekste te ontleed, te interpreteer en te evalueer;
kernbegrippe uit die narratologie te kan verduidelik.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 1X2 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNP121 Semester 2 NKR-Vlak: 5 Titel: Afrikaanse en Nederlandse taal- en literatuurstudie: die wetenskaplike proses
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
Afrikaanse en Nederlandse verhalende en poëtiese tekste te analiseer met behulp van 'n teoreties-gefundeerde leesstrategie;
die estetiese en ideologiese aspekte van Afrikaanse en Nederlandse verhale en gedigte te identifiseer en te beskryf;
die basisbegrippe van die semantiek te begryp; en
verteenwoordigende Afrikaanse voorbeelde semanties te analiseer.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 1X3 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNP211 Semester 1 NKR-Vlak: 6 Titel: Afrikaans en Nederlands: raamwerke vir taal- en literatuurstudie
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
verskillende teoretiese raamwerke te gebruik in die analise en interpretasie van Afrikaanse en Nederlandse literêre tekste;
die estetiese, kulturele en die sosiale waardes en tendense te identifiseer en te interpreteer in 'n diachroniese studie van die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde tot 1960;
die basisbegrippe van die morfologie te definieer en te kan begryp; en
verteenwoordigende Afrikaanse morfologiese konstruksies te analiseer.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 2X2 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNP221 Semester 2 NKR-Vlak: 6 Titel: Afrikaans en Nederlands: taal- en literêre handelinge
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
Afrikaanse en Nederlandse dramatekste literêr en toneelmatig te analiseer en te interpreteer;
gefundeerde menings te verskaf oor die toneelmatigheid van dramaproduksies;
verskillende teoretiese raamwerke te gebruik in die analise en interpretasie van Afrikaanse en Nederlandse literêre tekste;
die estetiese, kulturele en die sosiale waardes en tendense te identifiseer en te interpreteer in ‘n diachroniese studie van die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde tot 1960;
die diachroniese ontwikkelingslyn van Afrikaans te beskryf;
die huidige taalsituasie t.o.v. Afrikaans in terme van die historiese ontwikkeling te verklaar;
taalpolitieke standpunte te vergelyk en te evalueer.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 2X2 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNP311 Semester 1 NKR-Vlak: 7 Titel: Afrikaans en Nederlands: die veelheid van stemme (I)
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
selfstandige navorsing te doen en 'n navorsingsverslag te kan skryf;
die aard en omvang van taalverskeidenheid in Afrikaans kan begryp;
die basisbegrippe van die fonologie te definieer en te begryp
taalkundige paradigmas te vergelyk en te evalueer;
Afrikaanse en Nederlandse gedigte van ná 1960 te analiseer, te interpreteer en te vergelyk; en
poëtiese tekste en konvensies te evalueer aan die hand van verskillende kontemporêre literêre teorieë.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 2X3 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNP321 Semester 2 NKR-Vlak: 7 Titel: Afrikaans en Nederlands: die veelheid van stemme (II)
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees om
die kwaliteit van reeds bestaande tekste in Afrikaans te evalueer;
selfstandige navorsing te doen;
die belang van kennis van die Afrikaanse taalgebruikskunde te begryp;
die basisbegrippe van die sintaksis te definieer en te begryp;
die invloed van die pragmatiek op die begrip van taal te verklaar en te begryp;
taalkundige paradigmas te vergelyk en te evalueer;
Afrikaanse en Nederlandse prosatekste van ná 1960 te analiseer, te interpreteer en te evalueer aan die hand van verskillende poststrukturalistiese literêre teorieë;
Afrikaanse en Nederlandse romans te kan vergelyk na aanleiding van tema en styl;
literêre teorieë te kan toepas en te evalueer;
etiese, estetiese, kulturele en sosiale waardes en tendense te identifiseer en te interpreteer in ’n studie van die film as medium;
die waarde van rolprent-analise te verduidelik; en
die narratologiese beginsels wat ook vir die geskrewe teks geld te beheers.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 2X3 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNE211 Semester 1 NKR-Vlak: 6 Titel: “Van Amsterdam tot Potchdam”: fasette van die Nederlandse taal- en letterkunde
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees
om ‘n basiese kennis van Nederlands en die Nederlandse grammatika te kan demonstreer;
om kennis van belangrike tendense, skrywers en tekste uit die hedendaagse Nederlands te kan demonstreer;
om uitgesoekte Nederlandse tekste binne hulle literêre en kulturele konteks te kan lees;
om die beginsels van vergelykende literatuurstudie krities te kan toepas;
om Nederlandse tekste, veral postkoloniale tekste, met Suid-Afrikaanse tekste te kan vergelyk; en
om kennis selfstandig te kan verwerf, ontleed, toepas, integreer, evalueer en effektief te kan kommunikeer.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 1X2 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNE212 Semester 1 NKR-Vlak: 6 Titel: Teks, interteks en hiperteks: Literêr-teoretiese perspektiewe
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoort die student in staat te wees
om kennis van die literatuurwetenskap en insig in geselekteerde begrippe, paradigmas, modelle en teorieë daarbinne te kan demostreer;
om tekste (ook kulturele tekste) aan die hand van bepaalde kriteria as individu en ook in groepsverband vanuit verskillende literêr-teoretiese perspektiewe krities te kan lees en evalueer en ‘n eie mening verantwoordelik en effektief te kan kommunikeer met die hulp van toepaslike tegnologie.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 1X2 uur — gewig: 40%
Modulekode: AFNE213 Semester 1 NKR-Vlak: 6 Titel: Interdissiplinêre perspektiewe op kinder- en jeugliteratuur
Module-uitkomste: Ná suksesvolle voltooiing van die module behoortl die student in staat te wees
om met kennis en insig te kommunikeer oor die werking van kleuter-, kinder- en jeugliteratuur vanuit verskeie dissiplines (letterkunde, taalkunde, psigologie, sosiologie, kommunikasiekunde, tegnologie, inligtingkunde, opvoedkunde, kuns en kultuur);
om tekste te skep met die oog op 'n bydrae ter bevordering van kleuter-, kinder- en jeugliteratuur (resensies, artikels, vertalings, verhale, gedigte, liedere, dramas, draaiboeke vir radio, televisie en film, kinderboekillustrasies, manipuleerbare boeke, die skep van CD-ROM-speletjies, bydraes tot 'n webblad);
om probleemoplossend te dink t.o.v. die bevordering van kleuter-, kinder- en jeugliteratuur vir alle tale in Suid-Afrika en te fokus op 'n spesifieke taal
om vakspesifike waardes te begryp en daaroor te kan redeneer – mondeling en skriftelik.
Metode van aflewering: Voltyds Assesseringsmetodes: • Toetse en werkstukke — gewig: 60% • Semestereksamen 1X2 uur — gewig: 40%
|