NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Tale

 

Freiburg 
Augustus 2010

Inleiding
Ek is nie gewoonlik gespanne tydens ʼn vlug nie, maar hierdie keer was dit anders. Europa het sy koudste winter in 30 jaar ondervind en die hele Duitsland was bedek onder  ʼn wit sneeukombers, so ook die aanloopbaan van die Frankfurtse lughawe. Ek het die lughawegebou met groot opgewondenheid binnegestap te midde van ʼn deurmekaar warboel Duitse afkondigings. Kort daarna het ek die stad aangepak vanuit ʼn temperatuur gereguleerde Franfurt-lughawe om ʼn treinkaartjie na Freiburg te koop, maar ek is met ʼn skok teruggebring tot die werklikheid. Dit was ysig koud! Ek het al wat ʼn warmding is aangetrek en eers koffie by die naaste Backer (bakkery) gesoek. Die eerste geleentheid om my Duits 3 vaardighede op die proef te stel het aangebreek met: “Een SalamibrŲtchen mit Kaffee bitte!” “Gerne” was die antwoord. Toe ek daarna soos ʼn gepantserde soldaatjie die strate invaar, was dit of ʼn gordyn gelig is van hierdie land wat ek nog altyd heimlik bewonder het. Sedert my laaste besoek het my Duits soveel verbeter in vergelyking met vroeŽr, dat dit byna soos ʼn tuiskoms was.

Freiburg
Daniel geniet die sneeu 

Freiburg
Freiburg is ʼn klein studente-stadjie met ʼn bevolking van ongeveer 200 000 mense. Die stad lÍ in die middel van die sprokiesagtige Swartwoud en grens aan Frankryk en Switserland. Feitlik oral waar jy jou tussen die Middeleeuse geboutjies en  klipgeplaveide stegies bevind, kan jy opkyk na die boomryke heuwels. Dit was die hoofrede vir my keuse, alhoewel die Albert-Ludwigs Universitšt boonop ook onder die top universiteite van Europa tel.

Freiburg word ook as Duitsland se sonnigste stad beskou, maar was nogtans ysig. Feit is dat jy ʼn Europese winter met mening moet aandurf, so nie sal jy as sonkind Suid-Afrikaner in depressie verval! Die mooi dinge wat so ʼn winter bied, moet ook waardeer en belewe word. Ek het byvoorbeeld  in hierdie bergagtige omgewing baie kans gekry om te ,,snowboard” en te ski. Die opwinding en adrenaline van die ski-ervaring in die vars winterlug, gepaard met die gewyde stilte wat jy hoog bo die witgesneeude dennewoud in jou "ski-lift" ervaar, is iets eufories.

Die Kursusgangers
Ons was 40 kursusgangers uit nege lande, nl. AustraliŽ, Nieu-Seeland, NamibiŽ, Suid-Afrika, Peru, ColombiŽ, BrasiliŽ, ArgentiniŽ en Chili. Hierdie kombinasie het gesorg vir ʼn grootskaalse kulturele uitruil en wilde partytjies! Tydens die verloop van die kursus het ons ʼn hegte groep gevorm.  As daar nou ʼn groep mense is wat hou van partytjie, dan is dit die Suid-Amerikaners. Ek het buiten my Duitse kursus, ook geleer Tango, Salsa en Merengue! Selfs die stywe Duitsers het later ook die stryd gewonne gegee en lekker saamgedans.

Die interessante ding van die kursus was dat Duits die enigste gemeenskaplike faktor tussen ons was. So kon daar tussen die groep filosowe, regsgeleerdes, ekonome, ingenieurs, omgewingsbewaarders, historici, Germaniste, musikante, ens., vurige debatte oor politieke- en wÍreldsake ontstaan, maar op ʼn goeie dag en oor ʼn paar biere  kon ons ook vreeslik lekker onsin praat!  Ons uiteenlopende herkoms was ook ideaal aangesien Duits die lingua franca was en dat ons noodgedwonge met mekaar in die taal moes kommunikeer. Tussen die partytjies en werk was daar  geleentheid om hegte te vriendskappe te sluit. Ek het nou beloofde blyplek oor byna die hele Suid-Amerika.

Kontak met ander
Met ons aankoms is ons in verskillende “Wohngemeinschaften” (amper soos ons koshuise), ingedeel. Hierdie koshuise is baie kosmopolities met groot getalle internasionale studente wat daar inwoon. Ek het ʼn kombuis en badkamer met ʼn Turk, Duitser en Peruaan gedeel, maar het ook met die Swede goed oor die weg gekom. Ons het beurte gemaak om vir mekaar te kook en op ʼn goeie aand het tot ses nasionaliteite om een etenstafel gesit.

Dit wil vir my voorkom of die Europese mans tussen die boeke en boutiques so beskaafd is dat hulle iets van die essensie van mangels verloor het. Dis amusant om die sogenaamde geŽmansipeerde Europese vroue soos regte dames te behandel. Iets wat vir hulle ʼn onbekende verassing is, en hulle heeltemal onkant vang oor die akkuraatheid van hul vooropgestelde perspektiewe oor die geslagsrolle.

Die Kursus
Die kursus self was baie leersaam. Ek het 100 ure aan intensiewe taalonderrig (spraak, begrip en grammatika) spandeer; 16 ure aan “Landeskunde” en nog 16 ure aan Duitse literatuur. Die taalonderrig was uitdagend en bevredigend, veral die grammatika wat maar nog altyd ʼn grys area in my Duitse opleiding was. Die literatuur was uiters verrykend. Ek is blootgestel aan skrywers, digters en filosowe soos Rilke, Hoffmann, Kafka, Von Eichendorf, en SŁskind wat tot in my diepste menswees spreek.

Slot
Die ding van so ʼn kulturele uitruilskema is dat dit jou nuuskierig maak vir nuwe mense, plekke, tale en moontlikhede. Toe ek in my eerste jaar met Duits begin het, het ek nooit kon droom hoe baie deure dit vir my sou oopmaak nie. Vandag is ek oortuig dat daar nie ʼn meer effektiewe manier is om jou wÍreld en grense te verbreed as om ʼn vreemde taal aan te leer nie. Wat ʼn sleutel was  Duits nie! Selfs my kunssinnige sy, wat ek lank verwaarloos het, is opnuut geprikkel deur besoeke aan teaters, musiekkonserte en galerye. Ek het geleer om die fyn wÍreld van die kunste opnuut te waardeur, iets wat veral in Suid-Afrika verlore gaan te midde van die alledaagse stryd om oorlewing. Ek het geleer om myself en my mense bekend te stel en het die selfvertroue ontwikkel om te besef dat ek as  Suid-Afrikaner ʼn eie bydrae kan maak tot die globale gemeenskap.

Die land en mense het in hierdie relatiewe kort tydjie so onder my vel ingekruip dat dit vir my gevoel het asof ek met my terugkeer na Potchefstroom ʼn klein lewetjie agterlaat.

Wanneer ʼn mens die hele ervaring holisties benader, is dit duidelik dat dit nie net om ʼn Duitse kursus en Duitse kennis gaan nie, maar dat dit meer ʼn ontdekkingstog in die vreemde is.  ʼn Ervaring soos die dien as motivering en gee die selfvertroue wat jy benodig om te besef dat dit alles binne jou bereik is en hierdie skatte net maar wag om ontgin te word.

Tuebingen Suid-Afrika Program  2010
Maart 2010

Hoe begin mens iets vertel wat jou lewe so onherroeplik verander het, dat jy as mens so baie gegroei het in vier weke en dat daardie vier weke so erg deur jou gekoester word, dat dit te moeilik is om in woorde weer te gee?

Bostaande is letterlik die geval by my. Gedurende hierdie vier weke wat gestrek het van die 4de tot 30ste Januarie het ek so baie van die Duitse kultuur, hul lewenswyses en taal gesien en ervaar, dat my persoonlike perspektief oor die lewe ‘n heel nuwe omkeer beleef het.

Ons, ‘n groep van 23 studente afkomstig uit ‘n verskeidenheid van tersiÍre instellings van regoor Suid-Afrika, het gedurende ons verblyf in Duitsland klasse in Duits bygewoon, die burgemeester van Tuebingen ontmoet, ‘n besoek by die staatsgalery in Stuttgart afgelÍ, die Hohenzollern kasteel besigtig, die onvergeetlike  karnavalparade in Kiebingen bygewoon en nog vele ander besienswaardighede besoek.

Ek persoonlik het baie dinge gedurende hierdie program vir die eerste keer in my lewe beleef. Ek dink sekerlik een van die mooiste lewenslesse wat ek al ooit opgedoen het was beslis gedurende hierdie tyd. Ek het ook dikwels ondervind dat Duitsland ‘n land ryk is aan natuurlike hulpbronne.  Wat vir my baie interessant  was gedurende my besoek, was hoe goed Duitsland se openbare vervoerstelsel verloop. Om vir een keer in jou lewe nie drie keer om te kyk wie agter jou stap en te probeer bepaal wie jou dop hou, was ook altyd gerusstellend.

Alhoewel die dae van my besoek kort geknip is deur die spoed van tyd, sou hierdie geleentheid nooit vir my moontlik gewees het nie, sou dit nie vir die Noordwes-Universiteit Potchefstroom-kampus was nie. Daarom wil ek die Noordwes-Universiteit van harte bedank wat hierdie program vir  studente van die Potchefstroom Kampus moontlik  maak en ons die geleentheid bied om jou beste herinneringe te maak.

Met baie waardering en dank. Jo-Marie van Zyl

JoMarieSnow
Jo-Marie van Zyl geniet die sneeu 

Tik in die taal van jou keuse
15 Februarie 2010

CTexT™ by die Noordwes-Universiteit het weereens sagteware ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om tegnologie in die taal van hul keuse te laat werk.

CTexT (Sentrum vir Tekstegnologie) het onlangs, in samewerking met hul vennote in die taalkunde, speltoetsers vir nege Suid-Afrikaanse tale ontwikkel vir gebruik saam met Microsoftģ Office-programme soos Microsoft Word.  Hierdie speltoetsers, tesame met die Afrikaanse een wat deel uitmaak van CTexT se Afrikaanse SkryfGoed 2008, sal enigiemand wat dokumente in Afrikaans, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda of Xitsonga tik, help om hul skryfvaardighede te verbeter deur spelfoute te merk en alternatiewe moontlikhede voor te stel.  Behalwe vir die herkenning van spelfoute, sluit al hierdie produkte ook woordafbrekers in.  Woordafbrekers vergemaklik bladuitleg deur lang woorde aan die einde van ʼn reŽl op die korrekte plek af te breek.  Die Afrikaanse pakket (Afrikaanse SkryfGoed 2008) sluit ook ʼn Grammatikatoetser en Tesourus in.

“Ons het, deur noue samewerking met taalkundiges by Suid-Afrikaanse universiteite en nasionale taalliggame, speltoetsers ontwikkel wat woorde op grond van elke taal se amptelike ortografie evalueer.  Daarby kan gebruikers woorde tot die pasmaakwoordeboek toevoeg, wat weer help om die speltoetsers se herkenningsvermoŽ te verbreed terwyl dit die voortdurende ontwikkeling van ons tale, asook die gespesialiseerde aard van sekere domeine, in ag neem”, sÍ Mnr. Martin Puttkammer, projekleier van hierdie enorme taak.

Hierdie is die enigste reeks speltoetsers in Suid-Afrika, gebaseer op uitgebreide navorsing deur ʼn plaaslike universiteit, wat ʼn diens aan tien amptelike landstale bied.

Die Speltoetsers kan teen ’n minimale tarief van R195, van www.spel.co.za afgelaai word.  LisensiŽringsopsies vir meervoudige gebruikers is ook beskikbaar.       

Duitse besoeke vir dosent en student aan die Skool vir Tale
29 Oktober 2009

Professor Franci Greyling vertrek op 2 November na MŁnchen, Duitsland, waar sy tot die einde van Januarie as internasionale navorsingsgenoot by die Internationale Jugendbibliothek gaan werk. Die IJB wat is die grootste biblioteek vir internasionale kinder- en jeugboeke in wÍreld is, is vanjaar 60 jaar oud en word in die historiese Blutenburgkasteel gehuisves.

Duitsland se Departement van Buitelandse Sake befonds jaarliks beurse vir 15 internasionale navorsingsgenote wat hulle in staat stel om vir 'n tydperk van drie maande in die IJB navorsing te doen. Navorsers werk aan eie projekte maar moet ook behulpsaam wees met die ontwikkeling van die boekversameling en dokumentasiemateriaal. Franci beplan om in aansluiting by Oor die einders van die bladsy-projek navorsing te doen oor temas soos intermedialiteit, materialiteit en kreatiewe samewerking.
Schloss Blutenburg
Die Blutenburgkasteel, tuiste van die Internationale Jugendbibliothek.

Die vakgroep Duits kondig met trots aan dat mej Jo-Marie van Zyl, ‘n eerstejaarstudent in Duits aan die Noordwes-Universiteit, gekies is om as een van ‘n klein groepie Suid-Afrikaanse studente deel te neem aan die TŁbingen – Suid-Afrika-program. Dit is ‘n kultuur- en taalprogram wat ten doel het om Suid-Afrikaanse studente aan die Duitse kultuur bloot te stel, en om nouer bande en ‘n goeie verstandhouding tussen die twee lande te bewerkstellig.

Die besoek aan TŁbingen sal ongeveer ‘n maand duur en in Januarie 2010 plaasvind, waartydens die studente sal deelneem aan kursusse wat ontwerp is om kennis oor ‘n wye spektrum en in ‘n verskeidenheid vakke, van Duits tot Geskiedenis tot Ekonomie, te bied.

Hulle sal ook verskeie interessante plekke in Duitsland besoek en die geleentheid kry om die Duitse kultuur eerstehands te ervaar. Dit behoort ‘n wonderlike geleentheid vir die students te wees om meer van die Duitse taal te leer, aan die Duitse kultuur blootgestel te wees en om meer van die land self te ondervind.

Mej Van Zyl se onkoste sal gedeel word deur die regering van Baden-WŁrtemberg, die TŁbingen- Universiteit, die Universiteit van Stellenbosch, mnr Weinand van Fa. Laepple en die Noordwes-Universiteit. Ons as Vakgroep Duits wil ‘n hartlike woord van dank rig aan alle instansies en persone wat bydra tot die besoek, en in die besonder aan die Noordwes-Universiteit, wat sulke geleenthede vir ons studente moontlik maak. Dit bevorder beslis ons doelstelling om ‘n holistiese opleiding aan ons studente te bied.

Bekende skrywer besoek die Skool vir Tale
September 2009

Die bekende skrywer, Fanie Viljoen, van ondermeer treffers soos Breinbliksem en OnderwÍreld, het die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit onlangs besoek.

Viljoen was ’n gasdosent vir studente in skryfkuns en het ook ’n lesing vir studente in vertaal- en tolkstudies gegee. Die studente het die besoek baie geniet. Prof. Franci Greyling van die vakgroep skryfkuns sÍ hulle is beÔndruk met die moeite wat Viljoen gedoen het met die voorbereiding en aanbieding van die lesings en werkswinkels, asook met die persoonlike gesprekke wat hy met studente oor hulle eie skryfwerk gevoer het. Fanie Viljoen SKRS121
 Fanie Viljoen en 'n groepie eerstejaarstudente in Skryfkuns.

Kreatiewe skrywers werk in die Skool vir Tale
18 Maart 2009

Verskeie bekende Afrikaanse skrywers is deel van die personeel van die Skool vir Tale.

 In die landskap ingelyf     Holtrom en groot kabaal     Verbrande paradys

Formule dri,e twee, een     Die erflating     Norme vir Afrikaans

Prof. Heilna du Plooy is 'n digteres en haar nuutste digbundel In die landskap ingelyf het in 2003 verskyn. Sy het ook verskeie vertalings van poŽsie tussen Afrikaans, Engels en Nederlands gedoen. Sy is professor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde en is tans ook die voorsitter van die vakgroep Afrikaans en Nederlands. Sy het ook wyd as akademikus gepubliseer (artikels en boekhoofstukke) en het ook 'n akademiese boek, Verhaalteorie in die twintigste eeu (1986), op haar kerfstok.

Prof. Hein Viljoen is ook digter en sy jongste digbundel Holtrom en groot kabaal is in 2003 gepubliseer.  Hy is die huidige direkteur van die navorsingseenheid Tale en literatuur in die SA konteks. Hy is ook professor in die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde. Naas talle tydskrifartikels oor die eietydse literÍre teorie en oor die Afrikaanse letterkunde het hy ook (saam met Chris N. van der Merwe) 'n inleiding tot die literatuurwetenskap geskryf met die titel Alkant olifant (1998) en drie boeke geredigeer, nl. Metodologie en representasie en Storyscapes: South African perspectives on literature, space and identity (2004) en Beyond the threshold: Explorations of liminality in literature (2007).

Prof. Hans du Plessis is die direkteur van die  ATKV-Skryfskool van die NWU, en sy jongste boek (sy sesde roman) Verbrande Paradys het pas by LAPA-uitgewers verskyn . Hy is 'n kreatiewe skrywer wat in verskillende literÍre genres gepubliseer het, soos in die poŽsie (Kleinwild, Gewete van glas, Innie skylte vannie Jirre, Boegoe vannie liefde en Hie neffens my), prosa (Grensgeval, Skuiwelinge, en Verbrande paradys), jeugromans (Disse flippen stukkende wÍreld diť, my ou, Bakgat en wat dan van my? en Ditsem Dawid), die drama Broerse en die musiekdrama, Liefde en oorlog. Hy is ook rubriekskrywer vir verskeie koerante en tydskrifte en `n keur hieruit verskyn onder die titel Splinters. Hy is ook skrywer van verskeie taalkundeboeke (o.a. Variasietaalkunde, Sintaksis vir eerstejaars, En nou Afrikaans?) en meer as 150 artikels in nasionale en internasionale tydskrifte. Sy jeugromans is al drie reeds verby hul tiende druk en van sy digbundel Innie skylte vannie Jirre, wat in 2001 verskyn het, is reeds meer as 60 000 eksemplare verkoop, 'n rekord vir 'n Afrikaanse fiksiepublikasie.

Prof. Franci Greyling spesialiseer in Skryfkuns, Kinder- en jeugliteratuur,  toepassingsmoontlikhede van die internet en interdissiplinÍre kreatiewe navorsingsprojekte. Agt jeugboeke uit haar pen sluit titels in soos Die meisie van Melrosehuis en Vleuels soos die arende. ʼn Prenteboek, Formule drie, twee, een! wat deur Vian Oeloefsen geÔllustreer is, het in 2007 verskyn. Van haar kindergediggies is opgeneem in die nuwe Kinderverseboek wat so pas verskyn het. Sy is ook die stigter van Storiewerf, ʼn webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent, wat sy reeds vir nege jaar onderhou.

Mev. Sophia Kapp is met ingang 1 Januarie 2009 die nuwe dosent in Vertaal- en Tolkstudie in die Skool.  Sy is die skryfster van 4 gewilde Afrikaanse liefdesromans (Die erflating, 'n Nuwe lente, Waar die hart is, Die tuiskoms en Die ooreenkoms).

Afgesien hiervan is die dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, prof. Jan Swanepoel, self ook 'n gepubliseerde digter met 'n paar digbundels (My Rome brand so mooi,  Wat ver is en naby en By wyse van skrywe) op sy naam.

Die direkteur van die Skool vir Tale, prof. Wannie Carstens is weer skrywer van akademiese handboeke en hy is tans besig met 'n derde een, te wete Teksredaksie wat hy saam met 'n kollega van die Universiteit van Antwerpen in BelgiŽ skryf.  Sy vorige boeke is Norme vir Afrikaans (wat reeds vier keer hersien is en weer in 2010 hersien word) en ook Afrikaanse tekslinguistiek. 'n Inleiding (1997).

Prof. WAM Carstens
18/03/2009

Prof. WAM Carstens
24/02/2010

Die Skool vir Tale

Die Skool vir Tale, wat gehuisves word in die Frans du Toitgeou (E9), bied primÍr opleiding in taal- en letterkunde aan, veral die taal- en letterkundes van die volgende tale: Afrikaans en Nederlands, Duits, Engels, Frans en Setswana (as moedertaal en as vreemde taal).  Afgesien hiervan word daar ook kursusse aangebied in Skryfkuns (die eerste universiteit wat dit op voorgraadse vlak in SA aangebied het), Taaltegnologie (die enigste universiteit in die land wat omvattende opleiding en kwalifikasies in taaltegnologie op voor- en nagraadse vlak aanbied) asook Vertaal- en Tolkstudie (waarby ook tolking en teksredigering betrek word).  Die aanbod is dus veelsydig en uitgebreid:  Veeltaligheid is ’n belangrike fokuspunt – die Skool se leuse is nie verniet” ‘My taal, jou taal, ons tale’ nie!  Afgesien hiervan is die Skool ook die tuiste vir die aanbied van modules in Akademiese Geletterdheid (AGLA/AGLE)– hierdie modules het naamlik ten doel om studente voor te berei om op akademiese vlak by die universiteit in te skakel.  Groot sukses word hiermee behaal.

Die Skool vir Tale se personeel is toegewyd tot hulle taak – as dosente (uit die 36 akademiese personeel het 'n hele aantal die afgelope vyf jaar onderrigtoekennings ontvang, sommige selfs meer as een keer; uit die 30 permanente personeellede het 13 ook reeds ’n doktorsgraad verwerf) en as navorsers (vyf personeellede is NRF-gegradeerde navorsers).  Die Skool en die Navorsingseenheid Tale en literatuur in die SA konteks werk nou saam en die meeste navorsing word dan ook gedoen binne die raamwerk van die navorsingseenheid.  Die personeel publiseer gereeld in vaktydskrifte en in boeke, skryf boeke en neem deel aan konferensies en organiseer ook konferensies, nasionaal en internasionaal.  Verder is hulle ook op ’n wye vlak buite die universiteit betrokke op vakverenigingvlak (as lede, maar ook as bestuurslede), by tydskrifte (as redakteurs en as lede van redaksiepanele), as kundiges (as lede van komitees, as deelnemers aan radioprogramme), dien die gemeenskap op ’n breŽ vlak (as sprekers en kundiges oor ’n verskeidenheid onderwerpe), ens. ens. VanweŽ die internasionale betrokkenheid van dosente en navorsers ontstaan baie geleenthede ook vir studente om aansoek te doen vir buitelandse beurse en besoeke.   Die Skool maak werklik deure oop vir sy studente en bemagtig hulle om effektief in nasionale en internasionale konteks te studeer en te werk.

Die Skool vir Tale word ook gekoppel aan prestige-instansies – die ATKV-Skryfskool word so byvoorbeeld in die Frans du Toitgebou gehuisves.  Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) wat ’n groot verskeidenheid taaltegnologieprodukte oplewer, soos 'n grammatikatoetser in Afrikaans, en speltoetsers vir 'n aantal SA Tale (waaronder Afrikaans, Setswana, Zoeloe, Xhosa), het uit die Skool ontstaan.  Die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk bied ook gereeld kort kursusse aan oor ’n verskeidenheid onderwerpe en tale.

Die Skool vir Tale word derhalwe gekenmerk deur dit waarvoor ’n mens graag erkenning in die akademiese omgewing wil ontvang: kwaliteit onderrig deur ervare en goed opgeleide dosente, goeie navorsing wat ’n verskil maak asook diensbaar aan die vak- en breŽ gemeenskap.

Prof. WAM Carstens

  • Direkteur: Prof Wannie Carstens
  • Sekretaresse: Mev Marinda Moodie
  • Telefoon: +27 18 299 1551
  • Faks: +27 18 299 1562
  • Bussie 493, Noordwes-Universiteit, Privaatsak X6001, Potchefstroom, 2520.
  • Waar is ons? E9 - Frans du Toitgebou, K209.
 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings