NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Sosiale en Owerheidstudies

 

Die Skool

Die Skool vir Sosiale en Owerheidstudies op die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit bestaan uit ’n aantal opwindende en komplimentêre dissiplines (vakke) naamlik Geskiedenis, Politieke Studies, Openbare Bestuur en Regering, Sosiale Antropologie en Sosiologie. Hierdie dissiplines word aangebied in gestruktureerde-  asook meer oop programme in die Lettere en Wysbegeerte Fakulteit aan die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit.

As student kan u by die Skool registreer in beide voorgraadse- en nagraadse kwalifikasies.

Hoekom behoort u by Sosiale en Owerheidstudies te studeer?

Die dissiplines soos hierbo vermeld, word na verwys as Sosiale Wetenskappe, met as uitsondering Openbare Bestuur en Regering, wat ’n bestuurswetenskap is. Die Sosiale Wetenskappe sowel as Openbare Bestuur en Regering voorsien aan u en ons vaardighede wat toenemend gesog raak in beide die openbare- en privaatsektor van die ontwikkelende Suid-Afrika.

Hierdie wetenskappe rus u en ons ook toe om die sosiale werklikheid en die aard van sosiale verhoudings te ontleed en te begryp in ’n wêreld wat voortdurend verander.  Dié dissiplines, en veral Openbare Bestuur en Regering sowel as Politieke Studies, bied aan u en ons ‘n diepgaande begrip vir die wyses waarop ’n regering beleid maak en dit op die nasionale, provinsiale en plaaslike owerheidsfere deur middel van effektiewe openbare dienslewering implementeer.

In ‘n ontwikkelende Suid-Afrika wat nou weer deel van die internasionale samelewing (global village) is, is hierdie perspektiewe baie belangrik want dit bied aan u en ons ’n analitiese, kritiese en kontekstuele benadering tot Suid-Afrikaanse vraagstukke, en die vaardigheid om te verstaan hoe die plaaslike konteks inpas by die breër globale opset. In die lig daarvan dat Suid-Afrika se demokrasie nog jonk is en daar nog vele uitdagings bestaan, bied die bestudering van die Sosiale Wetenskappe en ook Openbare Bestuur en Regering aan u en ons die vermoë om ’n gesofistikeerde begrip te ontwikkel vir die kompleksiteit van die uitdagings voor ons.

Studente met ‘n sosiale- en owerheidstudieagtergrond is gewoonlik toegerus met kritiese, kreatiewe en laterale denkvaardighede en is hulle in groot aanvraag in die beleidmaking-, beplanning-, ontwikkeling-, openbare dienslewering- en navorsingsomgewings van die land.  Hulle bekom dan ook gewoonlik werk in owerheidsinstellings op die nasionale, provinsiale en plaaslike (munisipaliteite) owerheidsfere, akademiese departemente van tersiêre instellings, NGOs (non-governmental organisations), navorsingsinstansies soos die NRF (National Research Council), HSRC (Human Sciences Research Council) ens.  en as konsultante.

Belangrike telefoonnommers en e-pos adresse:

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings