NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling

 
top
Dr. Retha van der Walt

Retha

E-pos:  retha.vanderwalt@nwu.ac.za
Foon: +27 18 299 2319


VERKORTE CV - Dr. Retha van der Walt

Dr. Retha van der Walt is in 1996 as lektor in Mikrobiologie aangestel. Sy gee hoofsaaklik onderrig in Mikrobiese Ekologie en Immunologie. In die navorsing vir haar M.Sc. graad, evalueer sy die doeltreffendheid van ‘n kunsmatige rietbeddingstelsel as ‘n finale afrondingsfase in die behandeling van ‘n gemengde huishoudelike en industriële uitvloeisel. In 2008 ken die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) die PhD graad toe vir haar tesis: Fusarium in subsistence agro-environments, African dark-green leafy vegetables and consumer health – an ecological approach. Dr. van der Walt inisieer in 2004 die Morogo Navorsingsprogram (MNP), ‘n netwerk vir transdissiplinêre navorsing om mikologiese risiko’s in bestaansboerdery praktyk te ondersoek, die voedingswaarde van tradisionele Afrika blaargroentes (morogo) te bepaal en die mate van gesondheidsbeskerming vir die verbruiker te evalueer. Die MNP is gesetel in die Mikrobiologie vakgroep van die Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling van die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) vanwaar dit deur dr. Van der Walt gekoördineer word.  In September 2005 reël dr. Van der Walt die Cape to Cairo Safari Conference (‘n satelliet konferensie van die 18de Internasionale Kongres van Voedingskunde, Durban, Suid Afrika) waartydens sy navorsingsamewerking verder in Afrika uitbrei met die tot standkoming van die Initiative for the Development of Indigenous Food-plants of Africa (IDIFA). Die betrokkenheid van die Suid-Afrika groep in die IDRC projek: Managing agricultural biodiversity for better nutrition and health, improved livelihoods and more sustainable production systems in sub-Saharan Africa: the case of Kenya, South Africa and Benin (2008-2011), is voortspruitend uit IDIFA. As ‘n belangrike uitkoms van navorsing in die MNP, bedryf dr. Van der Walt in samewerking met ARC-VOPI en die Vakgroep Maatskaplike Werk van die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) verskeie morogo huistuin projekte in ekonomies-gemarginaliseerde gemeenskappe en plaasskole in die Noordwes provinsie. Onder haar leiding streef die MNP met hierdie projekte daarna om huishoudings wat slegs beperkte toegang tot kommersiële voedselmarkte het, selfvoorsienend te maak wat groente verbruik aanbetref, die mikologiese risiko’s waar morogo verbou word, te verminder en inligting met betrekking tot mikrobiologiese risiko’s, die voedingskundige voordele en gesondheidsbeskermende waarde van morogo groente nasionaal en internasionaal effektief te kommunikeer. 

 Terug na bo 


NAVORSINGSBELANGSTELLINGS - Dr. Retha van der Walt

MOROGO NAVORSINGSPROGRAM (MRP)
IDIFA

Terug na bo 


CONTACT DETAILS - Dr. Retha van der Walt

Dr. Retha van der Walt
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling
Potchefstroom Kampus
Noordwes Universiteit
Privaatsak X6001
Potchefstroom 2520 
Suid Afrika 

Terug na bo


Terug na Personeel

Curriculum Vitae

Navorsingsbelangstellings

Kontakbesonderhede

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings