top Prof. Carlos Bezuidenhout Email: carlos.bezuidenhout@nwu.ac.za Foon: +27 18 299 2315

VERKORTE CV - Prof. Carlos Bezuidenhout
Carlos is gebore in Uitenhage. Na hy gematrikuleer het by Uitenhage Hoërskool, het hy 'n B.Sc, B.Sc Honneurs (Mikrobiologie met onderskeiding en volle akademiese kleure) en Ph.D (Biotegnologie) van Rhodes Universiteit, Grahamstad, verwerf. Hy het ook 'n Onderwys Diploma van die Universiteit van die Wes Kaap verwerf.
Carlos het gewerk in die chemiese ingenieursbedryf en het breedvoerige onderwys ondervinding at sekondêre skool vlak. In 1999 is hy as navorser by die Universiteit van Zululand, Departement van Biotegnologie en Mikrobiologie, aangestel. Hy was instrumenteel in die vestiging van 'n molekulêre biologie laboratorium by die Universiteit van Zululand. Gedurende 2001 is Carlos as lektor by die Universiteit van Zululand aangestel, en was verantwoordelik vir die aanbieding van Biochemie en Mikrobiologie modules. In 2002 is hy as Senior Lektor in die Skool vir Omgewingswetenskappe en -Ontwikkeling aangestel by die PU vir CHO (Tans Noordwes-Universiteit) by die vakgroep Mikrobiologie. Sy verantwoordelikhede sluit in die onderrig van voorgraadse en nagraadse studente in modules rakende mikrobiese en molekulêre genetika, genoom analises en biotegnologie.
Terug na bo
NAVORSINGSBELANGSTELLINGS- Prof. Carlos Bezuidenhout
Navorsingsprojekte:
- NRF: Reuse of Industrial Process Waters
- NRF: Biofilm Microbial Analysis
- NRF: Analysis of Microbial Diversity
- WRC: Dual-Stage Membrane Bioreactor
- NRF: Integrated Research in Urban areas
Project Leader Prof S.S. Cilliers
- NRF: Mycotoxins in Staple Foods
Project Leader: Ms A.M. van der Walt
Alhoewel hy 'n verskeidenheid navorsingsbelangstellings het, fokus hy tans op mikrobiese diversiteit studies waar molekulêre tegnieke toegepas word om die dinamika van mikrobiese interaksies onder natuurlike en stres toestande te bestudeer. Die relevansie van die kennis vanuit sulke studies het verskeidenheid toepassings. Dit kan toegepas word om (i) besoedelingsgebeure te voorspel, (ii) aanbevelings te verskaf vir natuurlike rehabilitasie, (iii) natuurlike en kunsmatige strome en vleilande vir rehabilitasie, (iv) membraan tegnologie stelsels vir die behandeling van vloeibare en gas afval te ontwikkel, (v) voorspelling en beheer van mikrobies geïnduseerde korrosie, bevuiling en "scaling" in koeltorings moontlik te maak, (vi) nuwe gene en genome met besondere toepassings te ontdek.
Verder is hy ook 'n aktiewe lid van die Marogo Navorsing Program en tree in 'n toesighoudende hoedanigheid by projekte wat betrekking het met die molekulêre genotipering van mikotoksien produserende fungus spesies as ook die uitdrukking en regulering van gene betrokke in die biosintese van hierdie gene. 'n Verdere belangstelling is die populasie-dinamika van antibiotikum weerstandbiedende gene in natuurlike populasies.
Ander navorsingsbelangstellings sluit in:
(a) Molekulêre genotipiese karakterisering van Zulu skape (b) Molekulêre Epidemiologie van Veelvoudige Antibiotikum weerstand (c) Molekulêre Populasie Genetika van Volstruise (d) Die gebruik van molekulêre populasie genetika data om akwatiese spesies as limnologiese parameters te gebruik om besoedeling aan te toon
Terug na bo
KONTAKBESONDERHEDE - Prof. Carlos Bezuidenhout
Prof. Carlos Bezuidenhout Skool vir Omgewingswetenskappe en -Ontwikkeling Potchefstroom Kampus Noordwes-Universiteit Privaatsak X6001 Potchefstroom 2520 Suid Afrika
Terug na bo
|
|
|