top Dr. Andre Esterhuizen Email: andre.esterhuizen@nwu .ac.za Phone: +27 18 299 2313
VERKORTE CV - Andre Esterhuizen
Hendrik Andries Esterhuysen is gebore in 1951 in Wolmaranstad. Na matrikulasie aan die Schoonspruit Hoërskool, Klerksdorp, het hy sy B.Sc (1977), B.Sc. Hons. (1978), M.Sc. (1982) en D.Sc. (1987) verwerf by die PU vir CHO.
Hy spandeer sy hele akademiese loopbaan sedert 1978 by die PU vir CHO waar hy 'n senior lektor is sedert 1987. Hy is aktief betrokke by die aanbied van modules aan voorgraadse studente in Mikrobiologie en is ook betrokke by die opleiding van nagraadse studente in verskeie komponente van die M.Env.Sci. graad. Sy navorsingbelangstellings is die karakterisering van mikrobiese biodiversiteit betrokke by afvalwater behandeling prosesse, asook die mikrobiese evaleuring van akwatiese toksiteit.
Dr. Esterhuysen is getroud en die vader van twee seuns en 'n dogter.
Terug na bo
NAVORSINGSBELANGSTELLINGS - Andre Esterhuizen
Die voorkoms van antibiotikumweerstandbiedende bakterieë in verskillende water stelsels.
Terug na bo
KONTAKBESONDERHEDE - Andre Esterhuizen
Dr. Andre Esterhuizen Skool vir Omgewingswetenskappe en -Ontwikkeling Potchefstroom Kampus Noordwes- Universiteit Privaatsak X6001 Potchefstroom 2520 Suid Afrika
Terug na bo
|