
MIKROBIOLOGIE
Sê Hallo Vir Mikrobiologie
Daar is ‘n verstommende wêreld van organismes rondom jou, hulle is net te klein om waar te neem met die blote oog. Die studieveld van mikrobiologie bestudeer hierdie ontsettende klein lewensvorme wat bakterieë, fungi, virusse, alge en protosoë insluit
Mikrobes van letterlik enige plek lewe: in en op die menslike liggaam, warmbronne, die dieptes van die oseane, selfs binne kern reaktors. Deur hul basies alomteenwoordige verspreiding affekteer mikrobes letterlik elke aspek van lewe op aarde.
Ongelukkig is die meeste mense net bewus van die nadelige of ongewenste aspekte van mikrobes – oorsaak van siektes en ongemak – maar soos enige iets in die lewe is daar twee kant aan elke storie. Dink so ‘n bietjie hieraan:
- Alhoewel dit waar is dat sekere mikrobes jou siek kan maak, kan hulle ook die bron van antibiotika wees wat jou genees.
- Terwyl sommige organismes voedselbederf veroorsaak, speel ander ‘n uiters belangrike rol in voedselproduksie.
- Alhoewel mikrobiese uitbrake in rivier en strome die water ongeskik vir gebruik kan maak, speel mikrobes ‘n belangrike rol in water behandeling.
Samevattend kan ons baie voordeel trek uit die fantastiese vermoëns van mikrobes.
Mikrobes speel ook ‘n belangrike rol ‘n planetêre skaal. Fotosinterende mikrobes vorm die basis van baie voedselketting deur die fiksering van koolstofdioksied, en sonder dit is lewe soos ons dit ken op hierdie planeet nie moontlik nie. Mikrobes fikseer ook atmosferiese stikstof, wat ook ‘n belangrike skakel is in baie voedselkettings. Aan die ander kant speel mikrobes ‘n rol by die afbreek en sirkulering van voedingstowwe, en stel so die komponente vir hergebruik in ekostelsels vry.
Terug na bo
Die Bestek Van Mikrobiologie
Mikrobiologie is ‘n vak met ‘n wye reeks areas van spesialisering. ‘n Groot deel van mikrobiologie is gebaseer op die studie van suiwer kulture, maar hou in gedagte dat heelwat van die tegnieke wat in die velde van molekulêre en sellulêre biologie van hoër organismes toegepas word, deur mikrobioloë ontwikkel is.
Buiten fundamentele mikrobiologie, molekulêre en sellulêre mikrobiologie, is daar velde soos bakteriologie, virologie, mikologie, fikologie en protosoölogie. Hierdie velde kan weer in toepassingsvelde onderverdeel soos industrieel, landbou, medies en omgewing.
Dus is die werksmoontlikhede in mikrobiologie so breed soos die dissipline self. Nou, meer as ooit tevore, is dit belangrik om mikrobes beter te verstaan.
Terug na bo
Mikrobiologie by die Noordwes-Universiteit
Die vakgroep van Mikrobiologie is deel van die Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling, wat die vakgroepe Dierkunde, Plantkunde, Geologie, Geografie en Stads- en Streeksbeplanning insluit.
Mikrobiologie as vak word vanaf die tweede en derde jaar vlak af aangebied, en onderwerpe wat in die vak behandel word, word deur lektore aangebied wat aktief navorsing doen en publiseer in hul spesifieke velde. Studente wat die kursus bevredigend afhandel mag 'n plek aangebied word in die M.Env.Sci program.
Daar is 6 navorsingslaboratoriums en ongeveer 20 nagraadse studente in die Departement. Dit is dus groot genoeg om 'n stimulerende navorsingsomgewing te verskaf, maar klein genoeg om hegte interaksie tussen die nagraadse studente moontlik te maak.
Terug na bo
Kontak Besonderhede
Vakvoorsitter: Prof. C.C. Bezuidenhout Sektretaresse: Mev. Alba Terblanche
Mikrobiologie Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling Potchefstroom Kampus Noordwes Universiteit Privaatsak X6001 Potchefstroom 2520
Suid Afrika
Terug na bo

|