top Mnr. Jaco Bezuidenhout Email: jaco.bezuidenhout@nwu.ac.za Phone: +27 18 299 2311

VERKORTE CV - Mnr. Jaco Bezuidenhout
Jaco Bezuidenhout is gebore in Suid Afrika op 5 Julie 1977. Hy matrikuleer te Wesvalia Hoërskool in 1995 en begin met tersiêre opvoeding aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir CHO (tans Noordwes-Universiteit: Potchefstroom Kampus). Hy voltooi sy B.Sc. in 1998, met Mikrobiologie Biochemie en Dierkunde as hoofvakke, B.Sc. Honn (Mikrobiologie) in 1999 en the B.Sc. Honn. (Microbiology) in 1999 and M.Sc. Microbiology in 2001. In 2005 begin hy met ‘n Ph.D. aan die Noordwes-Universiteit.
Jaco is aangestel as Lektor in Mikrobiologie aan die Noordwes-Universiteit: Potchefstroom Kampus in 2006. Hy is mede-outeur van 5 eweknie-geëvalueerde artikels, het bygedra tot verskeie tegniese verslae aan die industrie, en het bydraes gelewer by 1 internasionale konferensies en 10 nasionale konferensies. Hy het ook opgetree as mede-studieleier vir 3 nagraadse studente. Sy pligte sluit die aanbied van voorgraadse en nagraadse modules in mikrobiologie en omgewingswetenskappe in
Terug na bo
NAVORSINGBELANGSTELLINGS - Mnr. Jaco Bezuidenhout
Alhoewel hy ‘n wye reeks navorsingsbelangstellings het, focus hy op water behandeling, multiveranderlike data analise en modellering van geselekteerde mikrobiologiese en omgewings verskynsels.
Terug na bo
KONTAKBESONDERHEDE - Mnr. Jaco Bezuidenhout
Mnr. Jaco Bezuidenhout Skool vir Omgewingswetenskappe en -Ontwikkeling Potchefstroom Kampus Noordwes-Universiteit Privaatsak X6001 Potchefstroom 2520 Suid Afrika
Terug na bo
|