NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling

 

Ribbon2

MIKROBIOLOGIE

Mikrobiologie in praktyk: Mediese Mikrobiologie

In siekte en gesondheid

Op die mediese gebied het mikrobiologie 'n groot toepassingsveld.  Mikrobioloë is belangrike rol spelers in die ontwikkeling van nuwe tegnieke om infektiewe siektes te identifiseer, voorkom en te behandel.  Voorbeelde van siektes sluit in MIV/VIGS, tuberkulose (TB), virale griep, seksueel oordraagbare siektes (SOS'e), sproei, voetskimmels, ens.  Met die toename in immonu-verswakte individue speels opportunistiese siektes 'n groter rol en verbreed die navorsingsveld vir mediese mikrobiologie.

Tegnologieë wat deur mikrobioloë ontwikkel is help ook met die ontwikkeling van geen-terapie.  Met geen-terapie word viruses ingespan om korrektiewe gene in die genoom van 'n pasïent te plaas.  Geen tegnologie speel ook 'n rol in die ontwikkeling van medisyne en diagnostiese metodes.

Hospitale

In hospitaal laboratoriums is mikrobioloë betrokke by die analise van monsters van pasïente deur die patogene te isoleer, te identifiseer en te adviseer oor 'n gepaste behandeling.  Die mediese mikrobioloë streef ook om hospitaal vervorwe infeksies te voorkom en na te spoor, asook om enige infeksie wat voorkom te elimineer.

Mikrobiese genomika

Sommige mikrobioloë stel ondersoek in na die struktuur en funksie van die mikrobiese genoom.  Uit hierdie kennis kan dit moontlik wees om meer effektiewe terapeutiese metodes te ontwikkel om patogeniese mikrobes te beveg.  Hierdie kennis help ook om ons begrip van die voordelige mikrobes teenwoordig in ons spysverteringstelsel beter te verstaan.

Mediese navorsing

Mediese mikrobioloë is ook werksaam by navorsingsinstellings en universiteite.  Hier doen hulle navorsing oor enige iets van epidemiologie tot genomika om ons kennispoel te vergroot. 

Verder kan mikrobioloë in die industrie navorsing doen vir die ontwikkeling van nuwe medisynes en vaksienes.

Neem Kennis

Alhoewel mediese mikrobiologie is 'n baie wye en interessante veld is, word dit slegs op 'n bekendstellingsvlak aan die Noordwes-Universiteit aangebied.  Verder fokus die nagraadse navorsing van die universiteit op die omgewing.  Indien jou belangstelling mediese mikrobiologie is, veral op nagraadse vlak, beveel ons ten sterkste aan dat daar eerder aansoek gedoen word by 'n universiteit met 'n gevestigde Mediese Fakulteit.

 Terug na bo 

Ribbon2


 

                

Kursusse aangebied

Mikrobiologie Tuis
Skool Tuis
Mikrobiologie personeel

Morogo Navorsings Program
IDIFA





caduseus

DNA3

Legionella

plates


















 

 

 

 

 

 

 

 
















 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings