NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling

 

Ribbon2

MIKROBIOLOGIE

Mikrobiologie in praktyk: Buite Die Laboratorium

Buite Die Laboratorium

Om 'n mikrobioloog te wees impliseer nie noodwendig dat jy jou hele loopbaan deur 'n mikroskoop gaan staar of vasgeperk in 'n laboratorium gaan wees nie.  Daar is geleënthede in plaaslike owerhede, siviele diens, industrie en handel.  Met 'n bietjie laboratorium ondervinding agter jou is daar baie moontlikhede in die verkoop en bemarking van laboratorium-gereedskap en -verbruiksitems omdat jy goed toegerus sal wees om die behoeftes van jou mikrobiologie gefokusde kliënte te verstaan.

Nog 'n moontlikheid is inligtingsdienste.  As a mikrobioloog kan jy werksaam wees as 'n tegniese of wetenskaplike skrywer vir wetenskaplike publikasies, joernale of boeke.

Die veld van regte en rekenkunde is ook beskikbaar en in sekere gevalle in wetenskaplikes baie gewild vir werwers.  Die ontploffing in biotegnologie verwante bedrywe benodig tegnologie oordrag spesialiste, ontwikkelingsbestuurders en patent prokureurs.  Vir al hierdie tipe loopbane is 'n goeie begrip van die onderliggende wetenskap van uiterste belang.

Laastens is die veld van opvoeding ook beskikbaar.  Met onderwys opleideing is daar geleënthede in skole en verdere opvoeding kolleges.  By sommige universiteite is daar ook lektorskappe beskikbaar, maar die suksesvolle kandidaat moet verkieslik nagraadse kwalifikasies hê, verkieslik PhD, en vir 'n aantal jare as navorser gewerk het.

 Terug na bo 

Ribbon2


 

                

Kursusse aangebied

Mikrobiologie Tuis
Skool Tuis
Mikrobiologie personeel

Morogo Navorsings Program
IDIFA





jgam50

pipette






















 

 

 

 

 

 

 

 
















 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings