NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling

 

Ribbon2

MIKROBIOLOGIE

Mikrobiologie in praktyk: Die Groot Buitewêreld

Daar ver op die plaas

Tesame met die boer, speel mikrobes 'n belangrike rol om voedsel op jou tafel te kry.  Die mikrobes fikseer atmosferiese stikstof in 'n vorm wat deur plante as bemestingstof gebruik kan word.  Mikrobiologiese navorsing in hierdie en verwante onderwerpe word deur industrie en institute verwant aan die landbou uitgevoer. 

Buiten grond vrugbaarheid, kan die veld van mikrobiologie ook op landboukundige gewasse en diere toegepas word.  Veeartsenykundige mikrobioloë en plantpatoloë speel 'n belangrike rol in die landbou en kan deur hul navorsing boere adviseer oor die probleme wat hulle ondervind.

Mikrobes kan ook toegepas word vir biologiese beheer.  Biologiese beheer behels die toepassing van 'n biologiese agent om siektes, peste en onkruide van gewasse aan te val sonder, sonder om chemiese plant- en pesdoders te gebruik wat neig om nie-teiken-organismes ook te affekteer.  Die veld van biologiese beheer is veral aantreklik in ontwikkelende lande waar volhoubare metodes van gewas beskerming voorkeur geniet.

En die wye wêreld in

Die mikrobiologie van verskillende ekosisteme in varswater, mariene, grond en ander omgewings is 'n navorsingsveld wat deur verskeie navorsingsinstitute en universiteite ondersoek word.

Die metaboliese diversiteit van mikrobes in verskeie omgewings verskaf 'n potensieel wye veld van tegnologieë wat ontwikkel kan word en toepassing kan vind om omgewingsbesoedeling te verhoed of te minimaliseer.  Deur mikrobiese konsortia of ensiem verkry nanaf mikrobes te gebruik kan industriële afval behandel word en produksie prosesse ontwikkel word.  In sommige gevalle kan mikrobes sukselvol toegepas word om skadelike chemikalieë in sekere behandelingsprosesse te vervang.

'n Ander toepassingsveld is bioremediasie waar ernstig beskadigde omgewings herstel of restoureer kan word deur mikrobiese prosesse

 Terug na bo 

Ribbon2


 

                

Kursusse aangebied

Mikrobiologie Tuis
Skool Tuis
Mikrobiologie personeel

Morogo Navorsings Program
IDIFA





livestock

corn






















 

 

 

 

 

 

 

 
















 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings