NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling

 

Ribbon2

MIKROBIOLOGIE IN DIE NUUS

NWU neem aan die SAB Mikrobrouery Intervarsity deel

Group_cr

Voor van links na regs: Andia van Niekerk, Abraham Mahlatsi en Simone Ferreira en agter van links na regs: Jerry Lourens en Danie Brink

Durban, Pietermaritzburg: Vyf honneurs studente van Mikrobiologie, Skool van Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling het die voorreg gehad om die Noordwes Universiteit (NWU) by die eerste Nasionale Inter-universitêre Mikrobrouery Kompetisie (2008) te verteenwoordig. Die hoofdoel van kompetisie was om universiteite te betrek by Suid Afrika se trotse bierbrou kultuur en blootstelling aan beursgeleenthede te gee. Die kompetisie is deur SAB in samewerking met Food Bev SETA en IBD (International Brewery & Distillery, Afrika Afdeling) aangebied as ‘n geleentheid om talent onder entoesiastiese studente te ontwikkel en ‘n brouersloopbaan by by hulle aan te moedig. Die span van NWU het teen die Universiteite van Pretoria (Tuks), Witwatersrand (Wits), Kaapstad (UCT), Stellenbosch (Maties) and UKZN (Pietermaritzburg Kampus & Westville) gekompeteer wat betref die gehalte van die bier, botteletikette en voordrag. Lager, Ale en ‘n spesialiteitsbier is deur gesertifiseerde bierproeërs beoordeel, terwyl botteletikette en voordragte deur verteenwoordigers van SAB and FoodBev SETA – IBD Afrika geëvalueer is. 

Die Universiteit van Pretoria is met die Ben Lamaletie – IBD Legend wisseltrofee beloon vir hulle ‘American Pale Ale’.  Tukkie studente het beursgeld ter waarde van R125 000 van FoodBev SETA – IBD Afrika ontvang toegepaste studies in brou- en distillasie-verwante onderwerpe, asook ‘n verdere R10 000 om tussen lede van die wenspan te verdeel en ‘n R10 000 toekenning aan die Departement Chemiese Ingenieurswese. Die span van die Noordwes Universiteit het ‘n prysgeld ter waarde van R5 000 ontvang in die ‘Best Label’ kategorie vir hul ‘Wernicken – liquid enlightnement’. Die NWU span was die enigste deelnemers wat bier gebrou het sonder ‘n mikrobouery. Hul deelname was daarop gemik gewees om SAB en FoodBev SETA-IBD Afrika se aandag te trek vir finansiële ondersteuning ten einde ‘n mikrobrouery op die Potch kampus geïnstalleer te kry. Dit sou NWU in staat stel om in die toekoms op ‘n gelyke voet met ander universiteit mee te ding. Met ‘n mikrobrouery op die kampus, is NWU van voorneme om met hul Wernicken bier die Ben Lamaletie – IBD Legend wisseltrofee in 2009 Potch toe te bring!

WERNICKEN (‘Liquid Enlightenment’) Real Ale
Gerbou deur Mikrobiologie studente van die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus)

.

Beer_cr

 Terug na bo 

Ribbon2


 

                

Kursusse aangebied

Mikrobiologie Tuis
Skool Tuis
Mikrobiologie personeel

Morogo Navorsings Program
IDIFA





yoghurt-granola1
cheese2
wine_btl
pickles-01





















 

 

 

 

 

 

 

 
















 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings