NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Fakulteit Teologie

 

Fika van Rensburg

Fika J van Rensburg MA, ThD, professor in Nuwe Testament, Dekaan   Fakulteit Teologie.


Spesialiseringsterreine: Nuwe Testament Hermeneutiek; Sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament; 1 Petrus; Soteriologie in 1 Petrus; Etiek en etos in 1 Petrus; Die Vroeë Christendom en die antieke ekonomie: Implikasies vir huidige samelewings, gefokus op Suid-Afrika en sy ontwikkeling; Die ontwikkeling van hulpmiddels vir die interpretasie en vertaling van die Bybel; Teks-analise; Interpretasie van die Nuwe Testament vir hedendaagse prediking.
 
Gee onderrig op voor- en nagraadse vlak, gefokus op Eksegese, Hermeneutiek, Sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament, Epistolografie gefokus op die Nuwe Testament.
 
E pos: Fika.JanseVanRensburg@nwu.ac.za
Faks: 086 517 5211
Tel: 27 18 299 1849 (w)
Tel: 27 18 285 1066 (h)
 
Outeur van 52 wetenskaplike artikels, 21 boeke en 39 hoofstukke in boeke.
 
Promotor (voltooid) vir 12 PhD-kandidate, met 6 kandidate wat met hulle proefskrifte besig is; studieleier (voltooid) vir 20 Meestersgraad-kandidate, met 3 wat met hulle verhandelings besig is.
 
Lopende navorsing
• Navorsing op 1 Petrus: ‘n Homiletiese kommentaar; Vreemdelingskap; Soteriologie
• PhD by Radboud Universiteit (Nijmegen, Nederland): Soteriology in 1 Peter
• Teksanalise (Griekse NT)
• Boek-manuskripte: 'n Handleiding vir eksegese met die oog prediking en pastoraat; Interliniêre Grieks/Afrikaanse Nuwe Testament; NLV Tematiese Studiebybel
• Die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament
• Early Christianity and the Economy in Antiquity: Implications for present day societies, focusing on South Africa and its Development (Internasionale navorsingsprojek)

Funksies in vakverenigings (tans en in verlede): 

  • Voorsitter: Nuwe-Testamentiese Werkgemeenskap van SA (NTWSA) (1995-2000)
  • Sekretaris: Finansies en Lede, NTWSA (1990 1995)
  • Voorsitter, Algemene Taalwetenskap subgroep van die NTWSA (1990 1995)
  • Mede-stigter en sekretaris-koördineerder, Werkgroep vir Griekse Onderrig (1986-2005)
  • Redakteur van In die Skriflig (Tydskrif van die Gereformeerde Teologiese Vereniging)  (2000 2003)
  • Mede-Redakteur (Nuwe Testament), 1983-Afrikaanse Vertaling Verwysingsbybel (Bybelgenootskap van SA), gepubliseer 1998
  • Lid van die Philodemus projek van die Hellenistic Moral Philosophy and Early Christianity Group van die Society of Biblical Literature
  • Lid, Redaksieraad, Neotestamentica (1990   2000)
  • Lid van die drie persone weeklikse SAUK-program Wat sê die Bybel? (1987 1994)
  • Lid van die Society of Biblical Literature
  • Lid van die European Association of Biblical Studies
  • Aanbieder en paneellid van die RSG-program "Die Bybel in ons lewe", uitgesaai Sondagaande om 18:30   19:00 (2004-2006)
  • Aanbieder van die TWR Radio 155 program "Bybel Aktueel", uitgesaai Sondae om 17:00   17:30 (2010-)
  • Mede-leier (saam met John T Fitzgerald) van die SBL-program: "The Early Church and the Ancient Economy. (2007-)
  • Redaksieraad van Acta Patristica et Byzantina (2009-)
  • Voorsitter van FUTE (Forum for University Theological Education in SA) (2009-)
     


Konferensies

Het 18 referate by internasionale en 14 by nasionale konferensies gelewer.
 
Kerklike aktiwiteite
•          Voorsitter, Sinodale deputate vir Bybelvertaling (Nuwe Testament) (1989 1994)
•          Redakteur van Die Kerkblad (1986 1987)
•          Lid, Sinodale deputate vir die nuwe vertaling van die belydenisskrifte in Afrikaans (1979 1985)
•          Lid, Sinodale deputate vir die plek van die vrou in die kerk (1982 1989; 1998 2000; 2006-2009)
•          Lid, Sinodale deputate vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans (1982 tot hede)
•          Lid van die Adviesraad van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (1988 tot hede).
 

Volledige CV

Complete CV

 

Opgedateer Mei 2010 MJB

 

 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings