Tydskrif vir besondere en vergelykende taal- en literatuurstudie
Agtergrond en Toegang
Literator is 'n tydskrif vir besondere en vergelykende taal- en literatuurstudie. Dit publiseer dus navorsingsartikels oor spesifieke tale en spesifieke letterkundes (soos Afrikaans, Engels of Tswana), maar ook artikels wat verskillende tale en letterkundes en ander kultuurverskynsels oor taal- en kultuurgrense heen met mekaar vergelyk (verskillende verskyningsvorms van die Postmodernisme, die wisselwerking tussen skilderkuns en romankuns, die neerslag van die Anglo-Boereoorlog in die letterkunde, byname onder studente, taalhoudings en taalpolitiek, byvoorbeeld). Die inhoudsopgawes gee 'n indruk van die ryk verskeidenheid onderwerpe wat binne Literator gehuisves word. Die tydskrif word geïndekseer in die MLA-bibliografie en in die Suid-Afrikaanse Repertorium van Tydskrifte (RSAT).
Literator wil in die besonder 'n bydrae lewer tot die studie van tale en letterkunde en strewe daarna om debat en navorsing van hoë gehalte op hierdie unieke terrein te stimuleer.
Met die rubriek Litera bied Literator aan kreatiewe skrywers een van die weinige publikasie-kanale in Suid-Afrika. Daardeur dit die kreatiewe skryfkuns en die letterkunde in die algemeen. Vanaf 1998 word twee kontantpryse, die Litera-pryse, toegeken vir die beste bydraes deur ‘n gepubliseerde en ‘n debuterende skrywer. Literator is sedert 1988 geakkrediteer as navorsingstydskrif en word uitgegee deur die Literator-vereniging van Suid-Afrika. Die administrasie en redaksionele versorging word gedoen deur die Buro vir Wetenskaplike Tydskrifte. Die Redaksie streef 'n onafhanklike redaksionele beleid na.
Artikels en kreatiewe bydraes is welkom en moet asb. voldoen aan die vereistes gestel in die stylblad of aan die voorskrifte vir Litera. Rig alle bydraes en korrespondensie aan Literator Buro vir Wetenskaplike Tydskrifte (251) Privaatsak X6001 Potchefstroom 2520
Ingetekende lede: Vir gratis toegang tot die elektroniese publikasies, skakel die kantoor vir 'n wagwoord
018 299-4082 of e-pos erika.otto@nwu.ac.za
Nou beskikbaar oor liminaliteit en literatuur:
BEYOND THE THRESHOLD - Redakteurs: Hein Viljoen en Chris N. van der Merwe

|