Tydskrif vir besondere en vergelykende taal- en literatuurstudie
Wat is Litera?
Litera is ’n rubriek vir die publikasie van skeppende werk in al die tale wat gewoonlik in Literator gebruik word. Die Redaksie wil daarmee ’n geďntegreerde beeld skep van die verskeidenheid nuwe skryfwerk wat Suid-Afrikaanse skrywers kan bied.
Die Redaksie kan met vreugde aankondig dat ’n kontantprys toegeken gaan word aan die beste bydraes in die loop van ’n jaar. Een prys sal toegeken word vir die beste bydrae deur ’n debutant en ’n tweede vir die beste bydrae deur ’n meer gevestigde skrywer.
Skrywers word daarom uitgenooi om korter skeppende werk voor te lę vir plasing in hierdie rubriek. Dit kan gedigte of kortverhale wees, maar drama- of romanfragmente en eksperimentele tekste is ook welkom. Bydraes word deur die redaksie gekeur, maar geen korrespondensie kan daaroor gevoer word nie. Vier kopieë van elke bydrae, in dubbelspasiëring getik, moet voorgelę word. Die naam en adres van die insender moet regs bo-aan die eerste blad van gekramde tekste en op elke los vel vermeld word. Verstrek ook ’n telefoonnommer, faksnommer en e-posadres waar u bereik kan word.
Stuur alle bydraes aan Literator, Buro vir Wetenskaplike Tydskrifte, Privaatsak X6001, Potchefstroom 2520. Telefoon: 018 299 4081, E-pos: susan.lourens@nwu.ac.za
|