|
Nuwe rektor vir NWU-Pukkampus aangestel ’n Bekende in landboukringe en die eerste nie-oud-Puk is pas as die nuwe rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangestel. Prof. Herman van Schalkwyk sal dié leisels in Januarie 2010 oorneem. Hy is tans die dekaan van die fakulteit natuur- en landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. Voordat hy as dekaan aangestel is, was hy voorsitter van die departement landbou-ekonomie aan die UV. Van Schalkwyk is ook op die dagbestuur van die UV se uitvoerende bestuur en is die voorsitter van die dekanekomitee. Lees meer |
 |
|
|
Prof. Amanda Lourens nuwe viserektor: navorsing en beplanning ’n Gesoute navorsingspesialis is pas as die nuwe viserektor van navorsing en beplanning van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit aangestel. Prof. Amanda Lourens sal met ingang 1 Januarie 2010 die pos as die viserektor: navorsing en beplanning beklee. Die vorige viserektor, prof. Daan van Wyk, tree vanjaar af. Lourens is sedert Februarie 2006 verbonde aan die NWU as die institusionele direkteur van navorsingsondersteuning. Sy het haar hoërskoolloopbaan in Tzaneen voltooi en die grade BSc, BSc honneurs en MSc (albei met lof) in wiskundige statistiek aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy het haar doktorsgraad in toegepaste statistiek in 1999 ook aan die UP behaal. Lees meer
|
 |
|
|
Spaanse afvaardiging besoek Potchefstroom ’n Afvaardiging van ’n Spaanse sokkergroep het Potchefstroom vroeër vandeesweek besoek om ondersoek na fasiliteite vir die moontlike huisvesting van die Spaanse Wêreldbeker sokkerspan te doen. Die drie Spanjaarde, Evaristo Cobos, Antonio Limones en Filipe Freese, het onder meer die FNB hoë-prestasie instituut vir sport en die NWU-Puk Sports Village (wat nog in aanbou is) op die NWU-Pukkampus besoek. Lees meer
|
 |
|
|
AngloGold Ashanti ondersteun NWU se fakulteit ingenieurswese
"In ons sektor maak ons staat op werkers met goed ontwikkelde wiskunde- en wetenskapvaardighede; dus ondersteun ons die Noordwes-Universiteit se inisiatief om studente in hierdie opsig te onderrig,” sê mnr. Johan Viljoen, vise-president van AngloGold Ashanti. Die mynreus, AngloGold Ashanti, het 'n toekenning van R1 miljoen aan die fakulteit ingenieurswese van die NWU se Potchefstroomkampus gemaak vir 'n tegnologie navorsingaktiwiteitsentrum (bekend as TRAC). Lees meer
|
 |
|
|
Dekaan woon kernkragwerkswinkel in Suid-Korea by 'n Afvaardiging uit Suid-Afrika het onlangs aan 'n samewerkingswerkswinkel by die kernkrag opleidingsentrum van die Koreaanse Atoomenergie Navorsingsinstituut deelgeneem. Die werkswinkel was die eerste van 'n reeks wat gereël gaan word onder die bilaterale navorsingsooreenkoms wat tussen die Republiek van Suid-Afrika en die Republiek van Suid-Korea bestaan. Lees meer
|
 |
|
|
Skoolhoofde maak geskiedenis by NWU-Puk Meer as tagtig skoolhoofde van Noordwes en die Noordkaap het geskiedenis gemaak met die ontvangs van ’n unieke skoolleierskap-kwalifikasie wat hulle van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ontvang het. Die Skool vir Voortgesette Onderwysersopleiding (SVO) aan dié kampus het die gevorderde onderwyssertifikaat aan hoofde toegeken wat dié nasionale loodsprogram vir skoolleiers voltooi het. Die geselekteerde groep, sestig hoofde uit Noordwes en 25 uit die Noordkaap, het hulle sertifikate ná twee jaar se intensiewe studie tydens ’n spesiale gradeplegtigheid op die kampus ontvang. Lees meer
|
 |
|
|
NWU nommer een ontwerpinstelling in Suid-Afrika Die Suid-Afrikaanse Kommunikasie Ontwerp Raad het die Noordwes-Universiteit as die top Grafiese Ontwerp Onderwysinstelling vir 2009 aangewys. Die aankondiging is by die jaarlikse Thinkahead Toekennings wat op 25 November by die Melrose Arch in Johannesburg gehou is, gedoen. Die NWU se Departement Grafiese Ontwerp rangeer sedert 2006 in die Top 5. Lees meer |
 |
|
|
NWU-studente onder bestes in begrotingskompetisie Twee studente van die Noordwes-Universiteit is onder die tien bestes in die land in die Ou Mutual begrotingstoespraak-kompetisie en sal die minister van finansies se banket na afloop van die begrotingstoespraak in 2010 bywoon. Studente in ekonomie by tersiêre instellings regoor Suid-Afrika neem jaarliks aan die kompetisie van Ou Mutual deel. Erich Wilgenbus van die Potchefstroomkampus het die top tien-posisie in die voorgraadse kategorie behaal, terwyl Martha Sithole van die Mafikengkampus onder die top tien in die nagraadse kategorie is. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Puk atleet (Patience Ntshingila) lewer skittervertoning ’n Atleet van die NWU-Puk atletiekklub het Saterdag (14 November) ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel. Patience Ntshingila het dié rekord in die o.23-driesprong opgestel tydens 'n byeenkoms in Germiston. Sy het die vorige rekord met 56cm verbeter toe sy op 13.31 meter geland het. Die afstand is ook net 15cm duskant die Suid-Afrikaanse seniorrekord van 13.46. Patience is ook ’n uitstekende verspringer en is een van die bestes in die land. Lees meer |
 |
|
|
CTexT-bestuurder verkies tot die Afrikaanse Taalkommissie Een van die bestuurders van die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) is onlangs tot die Afrikaanse Taalkommissie verkies. Suléne Pilon is die jongste lid van dié kommissie en sit die tradisie voort dat daar nog altyd ’n personeellid van die NWU-Puk op die kommisie gedien het. Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die amptelike liggaam vir die standaardisering van Afrikaans. Die doel word nagestreef deur die bywerking en hersiening van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS). Lees meer
|
 |
|
|
NWU wen silwer by 2009 Loerie-toekennings Studente van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het by vanjaar se Loeries een silwer en drie brons toekennings verower. Marli Heunis het silwer in die ontwerpkategorie van logo’s en identiteitsprogramme, asook 'n brons in die kategorie: tipografievaardigheid gewen. Gert Schoeman het 'n brons voël in die illustrasiekategorie gewen en Emarie Gouws 'n brons vir haar inskrywing in die kategorie: publikasieontwerp. Lees meer
|
 |
|
|
NWU en USAID teken befondsingsooreenkoms Die vierde Pat Reid Jaarlikse lesing oor ramprisiko-vermindering is onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gehou. 'n Besoekende professor van die Lund Universiteit in Swede, mnr. Per Becker, het 'n lesing oor “Klimaatsveranderingsaanpassing: ou wyn in nuwe sakke?” (Climate Change Adaptation: old wine in new bottles)gelewer. Die doel van die jaarlikse gebeurtenis is om 'n platform te voorsien van waar internasionaal erkende kundiges 'n aktuele ramprisiko-verminderingsvraagstuk kan aanpak wat ook 'n mate van debat sal uitlok. Lees meer |
 |
|
|
Twee NWU-studente blink uit by internasionale toekennings Twee derdejaarstudente van Grafiese Ontwerp op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, Marina Herbst en Claudette Maskell, het by die 2009 Student World Star Packaging Awards uitgegblink. Marina Herbst was algeheel vierde in die kompetisie geplaas en het 'n eervolle vermelding-sertifikaat ontvang. Maskell is elfde op die ranglys geplaas en het 'n erkenningsertifikaat ontvang. Lees meer
|
 |
|
|
Kreatiwiteitsentrum deel hul kreatiwiteit Kunsvlyters van die Noordwes Provinsie het onlangs ’n goeie dosis ekstra kreatiwiteit bygekry ná hulle deur ’n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar onder hande geneem is. Die Kreatiwiteitsentrum op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het ’n Kreatiewe Intelligensie-werkswinkel aangebied, onder leiding van mnr. Ian Marley, by die Noordwes Instituut vir Kunsvlyt en Ontwerp se (NWCDI) kantore in die Klein Marico Poort-natuurreservaat. Marley is ’n grafiese ontwerpdosent by die Pukkampus en ’n bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar. Lees meer
|
 |
|
|
Prof. Fika J van Rensburg: nuwe dekaan van die fakulteit teologie ’n Nuwe dekaan van die fakulteit teologie aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is onlangs aangewys. Prof. Fika Janse van Rensburg is vir die volgende termyn van ses jaar as dekaan aangestel. Hy volg prof. Dries du Plooy op wat die pos die afgelope veertien jaar beklee het. Die kampussenaat van Potchefstroom het Janse van Rensburg ook onlangs as lid van die raad van die Noordwes-Universiteit aangewys. Van Rensburg is ’n gebore Frankforter, wat op ’n plaas in die Standerton-distrik groot geword het. Lees meer |
 |
|
|
Absa verbind hom tot nóg vyf jaar se steun, Sentrum vir BWI verwelkom ooreenkoms Absa en die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n ooreenkoms onderteken waarvolgens Absa hom daartoe verbind om verhoudings met die sentrum se programme te verstewig en verder uit te bou. Absa sal vir ’n verdere vyf jaar die bestaande BWI-beursooreenkoms ondersteun, asook om die BWI se risiko-opleidings- en navorsingsprogramme te ondersteun. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puk neem amptelik afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het vandeesweek (Dinsdag 10 November) amptelik afskeid geneem van die rektor en viserektor: kwaliteit en beplanning. Proff. Annette Combrink en Daan van Wyk het albei aftree-ouderdom bereik en lê nou die tuig as bestuurslede van die NWU-Puk neer. Combrink het 37 jaar diens by die universiteit en Van Wyk 42 jaar diens. Verskeie groeteboodskappe vanuit verskillende geledere van die universiteit is tydens die geleentheid aan hulle gebring. Luister en lees meer
|
 |
|
|
Absa erken uitnemendheid van BWI se programme Absa het tydens ’n prestige toekenningseremonie erkenning gegee aan die waarde wat die risiko-opleidings- en navorsingsprogramme van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (Sentrum vir BWI) van die Noordwes-Universiteit tot die bank toevoeg, asook die uitnemendheid van dié programme. Die vorige direkteur van die Sentrum en tans hoof van groeprisiko-ondersteuning by Absa, dr. Neels Erasmus, het die toptoekenning in die werknemerskategorie van die bank ontvang. Hy was een van ses kategorie-wenners uit bykans 8 500 genomineerdes vir Absa se prestige toekennings. Lees meer
|
 |
|
|
Autshumato: transformasie in vertaling Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die Universiteit van Pretoria, is ná twee jaar van ontwikkelingswerk gereed om 'n eerste weergawe van 'n innoverende, staatsbefondsde toepassing bekend te stel wat meertaligheid in Suid-Afrika sal bevorder. Hierdie toepassing, genaamd Autshumato Integrated Translation Environment (ITE), kombineer verskeie vertaalhulpmiddels, insluitende masjienvertaling (vir drie taalpare), vertaalgeheue en 'n glossarium in 'n enkele omgewing. Lees meer
|
 |
|
|
Internasionale sukses vir NWU grafiese ontwerp-studente Finalejaarstudente in grafiese ontwerp aan die NWU het die afgelope drie jaar se sukses herhaal met ses studente wat lidmaatskap van die International Society of Typographic Designers (ISTD) ontvang het. Die NWU was ook die enigste inrigting in Suid-Afrika om eervolle vermelding (80% en hoër) en onderskeidings ('n punt bo 70%) te behaal. Liani Herbst, Tilana Hoffman en Ilze Vermaak het geslaag, terwyl Sophia Strydom en Jaco Burger beide onderskeiding behaal het. Emarie Gouws het eervolle vermelding ontvang. Lees meer
|
 |
|
|
Nagraadse studente en personeel blink uit by internasionale kongres Verskeie personeel en nagraadse studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het uitstekend gevaar tydens die onlangse internasionale kongres oor farmaseutiese- en farmakologiese wetenskappe wat die Skool vir Farmasie op die kampus aangebied het. Die sameroepers van die kongres was proff. Sandra van Dyk en Brian Harvey. Vier publikasies wat in 2008 deur NWU-navorsers gepubliseer is, het toekennings ontvang en verskeie nagraadse NWU-Pukstudente het toekennings as jong wetenskaplikes ingepalm. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-studente skitter by Gold Pack-toekennings Grafiese Ontwerp-studente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het weer eens by die 2009 IPSA Student Gold Pack Awards uitgeblink. Die NWU het twee van die drie ontwerp studentekategorieë gewen, asook die algehele goud in die ontwerp studenteafdeling. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat NWU-Pukstudente weggestap het met die Gold Award in die ontwerpafdeling van hierdie kompetisie. Lees meer |
 |
|
|
Mikrobiologie wen by bierkompetisie se "intervarsity" ’n Span van die vakgroep mikrobiologie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar weer met ’n paar duisend rand in die sak teruggekeer van die "intervarsity” van ’n bierkompetisie. Die NWU-Pukspan het saam met vyf ander universiteite aan dié kompetisie by die Universiteit van Pretoria deelgeneem. Hulle kreatiwiteit het hulle die prys vir die beste bier-etiket besorg en elke student het R1 000 gewen. Die vakgroep het ook ’n prysgeld van R1 000 ontvang. Twee biere is vanjaar ingeskryf, ’n Porter- bier met die naam Beer(t)er en 'n Brock-bier met die naam Jum(p)Bock. Lees meer
|
 |
|
|
Noordwes premier besoek Skool vir Verpleegkunde Die Premier van Noordwes het die Skool vir Verpleegkunde van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus onlangs besoek. Die direkteur van die skool, prof. Hester Klopper, het ’n insiggewende voorlegging oor die missie, visie en prestasies van die Skool op internasionale en nasionale vlak gelewer. Sy het personeel motiveer klem gelê op die lojaliteit van verpleging as ’n roeping en nie net as ’n beroep nie. Modiselle het ook ’n brokkie humor uit haar eie ervaring as verpleegkundige met personeel gedeel. Lees meer |
 |
|
|
MBA-studente van Besigheidskool wen bemarkingspel Die wenners van die Potchefstroom Besigheidskool se besigheid-simulasiespeletjie, The Marketing Game, is pas gekroon. Die Sparta-span van die Vaaldriehoekkampus met Johann Haasbroek as leier, het met die prysgeld weggestap en in die proses sommer bonuspunte ook verdien. Sy ander spanlede is Juan Claase, André van Wyk, Johann Koekemoer en Pieter Conradie. Dié speletjie word jaarliks gespeel deur die tweede-jaar MBA-studente in die module bemarkingsbestuur. Die studente moet in hul MBA-studiegroepe oor ’n termyn van ses maande ’n totaal van sewe rondtes teen mekaar speel. Die groep met die grootste kumulatiewe wins vir die periode tree as wenner uit die stryd. Lees meer
|
 |
|
|
Skool vir Verpleegkunde ontvang skenkings Die Skool vir Verpleegkunde aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs verskeie skenkings van maatskappye in die bedryf ontvang. ARJO Huntleigh Suid-Afrika het ’n Contura 390 elektriese bed wat in ’n intensiewe sorgeenheid gebruik word, aan dié skool geskenk. Die bed is onlangs deur mnr. Mark Bates, nasionale opleidingsbeampte van ARJO Huntleigh Suid Afrika, oorhandig. Lees meer
|
 |
|
|
Du Pisani oorhandig boek aan Braklaagte-gemeenskap Prof. Kobus du Pisani van die vakgroep geskiedenis in die Skool vir Sosiale en Owerheidstudie aan die Noordwes-Universiteit se Pukkampus het onlangs sy nuwe boek aan die mense van die Bafurutsi-gemeenskap op Braklaagte oorhandig. Die boek, The last frontier war: Braklaagte and the struggle for land before, during and after apartheid, handel oor hulle verset teen die apartheidsregering se grondbeleid en ook oor hoe hulle ondanks verbete pogings deur die regering om hulle te verskuif, besit oor hul grond behou het. Lees meer
|
 |
|
|
Skool vir Verpleegkunde ontvang skenking Die Skool vir Verpleegkunde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs ’n spesiale termometer van Covidien ontvang. Dié maatskappy spesialiseer in die vervaardiging van spesialis mediese produkte soos enterale voedingtoedieningsisteme. Me. Erica Debil het dié skenking van ’n Genius 2 Timpaniese elektroniese termometer aan dié Skool gereël. Debil het ’n opleidingsessie aan studente gegee oor die korrekte gebruik van die apparaat, wat van die jongste tegnologie is en meer akkuraat is as ’n gewone termometer in dié opsig dat dit die kerntemperatuur van die liggaam meet. Lees meer
|
 |
|
|
Liebenberg maak naam oorsee Die atletiekbestuurder op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, Terseus Liebenberg, is pas terug van die Europese Atletiekafrigterskonferensie wat in Glasgow in Skotland plaasgevind het. Die konferensie, die "Internasionale Fees van Atletiekafrigting" is die grootste van sy soort in die wêreld en is benewens die Europese afrigters ook bygewoon deur afrigters uit Kanada en die VSA. Lees meer |
 |
|
|
Nuwe nasionale hokkiespeler vir die NWU-Pukke Vincent Prior van die NWU-Puk hokkieklub maak binnekort sy debuut in die nasionale manshokkiespan in 'n toernooi in Argentinië wat van 6-13 Desember duur. Hy sluit hom by sy klubmaat, Justin Reid-Ross (foto regs) aan. Reid-Ross speel nog vir die klub, maar studeer nie meer nie. Die deelnemers aan die toernooi in Argentinië is: Suid-Afrika, Argentinië, België, Kanada, China, Indië, Nieu-Seeland en Pakistan. |
 |
|
|
Rektor bedank personeel en studente in emosionele oomblik Akademici, ondersteuningspersoneel, lede van die studenteraad en studente van die NWU-Potchefstroomkampus het Vrydag 30 Oktober die amptelike afsluiting van die akademiese jaar in die Sanlam-Ouditorium bygewoon. Die afsluiting is waargeneem deur proff. Annette Combrink, kampusrektor en Dries du Plooy, dekaan van die fakulteit teologie. Dit was die laaste keer wat proff. Combrink en Du Plooy die afsluiting waargeneem het. Albei tree aan die einde van die jaar uit. Prof. Combrink het in ’n terugblik op haar termyn as kampusrektor ’n bestekopname van haar doelwitte geneem en in ’n emosionele oomblik personeel bedank vir hul werk en hul voorspoed vir die toekoms toegewens. Lees prof. Combrink se volledige toespraak verder. Klik hier.
|
 |
|
|
NWU-Puksport 2009 - só lyk kampioene! NWU-Puksport het weer ’n goeie jaar op die sportvelde van die land gehad. Dit was veral vanjaar op Inter-universitêre vlak waar die NWU-Pukke uitgeblink het en titels in die Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) se toernooie verower het. Die heel grootste prestasie op dié vlak was beslis Johan van Tonder se karate-span wat vir ’n ongeëwenaarde tiende agtereenvolgende keer die USSA-toernooi gewen het. Twee NWU-Pukke is in die USSA-span ingesluit: Kobie Ross en Zilla Bruwer. Die NWU-Puk Rugbyinstituut het die USSA-titel verower en netbal het ook so gemaak. Atletiek het die titel met enkele punte misgeloop, maar die finale uitslag van die byeenkoms in Stellenbosch het erg verdag voorgekom. Die Pukke se mans het wel gewen. Ander tweede plekke is behaal deur muurbal, judo en rotsklim. Lees meer
|
 |
|
|
Oud-Puk, De la Rey Venter maak groot naam in sakewêreld De la Rey Venter is onlangs as wêreldwye hoof van LNG (Liquefied Natural Gas) van die Shell-groep aangestel. Hy is in Den Haag in Nederland gesetel. Die pos behels leierskap van die vloeibare aardgas-besigheid van Shell. “LNG is die vinnigste groeiende komponent van die energie-industrie, en Shell is beide pionier en industieleier in hierdie segment. Dit is ’n ongelooflike uitdagende en fassinerende wêreld van multi-miljard-dollarprojekte regoor die wêreld, geo-politiek, energiepolitiek, onderhandelinge op die hoogste vlak en intense kompetisie. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Puk krieketspanne presteer Die NWU-Puk se twee spanne het die naweek weer uitstekend presteer in die plaaslike 45 boulbeurt liga. NWU-PUK 1 het Merafong City beperk tot 176 lopies voor almal uit was en die Pukke het die teiken gehaal binne 23 boulbeurte sonder om 'n paaltjie te verloor. Morné Steyn (106*) en Nicky van der Bergh (63*) het flink gekolf. Kreesan Naicker (4/28) en Stefan Gericke (3/33) was die Pukke se beste boulers. Die NWU-Pukke het met 10 paaltjies gewen. Lees meer |
 |
|
|
Kunstebestuurkursus verryk leerders se lewens "Die universiteit neem die rol wat hy in die gemeenskap speel baie ernstig op. Die feit dat ons instrumenteel kon wees om julle Godgegewe talente te kan ontwikkel is vir ons ’n baie groot voorreg." Dit was die boodskap wat die kampusrektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, prof. Annette Combrink, aan die ontvangers van ’n sertifikaat in kunste-administrasie gegee het. Lees meer |
 |
|
|
TT Cloete-erelesing aangebied Die TT Cloete-erelesing, word op 5 November in die senaatsaal van die Joon van Rooygebou (F1) aangebied word. Dié lesing word deur die vakgroep Afrikaans en Nederlands van die skool vir tale op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gereël. Die spreker is prof. Heilna du Plooy en sy gaan praat oor "Die deurskynende kelk. Oor vorm en inhoud in die poësie." RSVP teen 30 Oktober 2009 by Jo-Adri Richardson, tel 018 299-1503. |
 |
|
|
Grafiese student wen banknoot-kompetisie ’n Grafiese ontwerpstudent van die NWU-Puk is die algehele wenner van die Suid-Afrikaanse banknoot vereniging se jaarlikse kompetisie om ’n geldnoot te ontwerp. Helene Botha is deur ’n paneel spesialis beoordelaars as die wenner van die kompetisie aangewys. Lees meer
|
 |
|
|
VLU besoek NWU-Pukkampus Die Vrouelandbou-unie se Bailliepark-tak het die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit onlangs besoek. Hulle is met tee op die daktuin van die Joon van Rooygebou ontvang en later op ’n toer deur die kampus geneem. Lees meer |
 |
|
|
Selfs kinders sal dit verstaan Die storie van die Vredefort Koepel... so eenvoudig dat selfs kinders dit sal verstaan. Dit is ’n nuwe boek van prof. Attie Gerber oor dié wêrelderfenisgebied nie ver van Potchefstroom, Parys en Vredefort nie. Vredefort Dome – A Stone from Heaven verbeeld die impak van ;n meteoriet 2 000 miljoen jaar gelede met bykans 200 volkleurfoto’s. Die foto’s is sorgvuldig gekies om die nalatenskap van die impak te illustreer. Dit sluit die geologie, flora, fauna, kultuur en toerisme in. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puksport vereer beste sportmanne- en vroue Atletiek het weer koning gekraai in die aanwys van die sportmanne en –vroue van die NWU-Puk. Die jaarlikse sportdinee het verlede Woensdagaand (21 Oktober) op luisterryke wyse in Potchefstroom se Madiba Banketsale plaasgevind. Die gasspreker was die rektor van die Potchefstroomkampus, prof. Annette Combrink, wat vanjaar die tuig neerlê. Atletiek het drie uit die vier toekennings ingepalm. Lees meer
|
 |
|
|
Rugbyinstituut vereer spelers Hulde is gebring aan die spelers en spanne tydens die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid van die NWU-Pukrugbyinstituut. Verskeie spelers en spanne is daarvoor beloon dat hulle die NWU-Puk die afgelope seisoen met onderskeiding verteenwoordig het. Die uittredende rektor van die Potchefstroomkampus, prof. Annette Combrink, is ook vereer vir haar positiewe bydrae en betrokkenheid die afgelope vyf jaar. Foto: Jaco Koch, dpeler van die jaar, klubman van die jaar en ontvanger van die Visekanselierstoekenning, op pad doellyn toe. Lees meer |
 |
|
|
Sportsterre van NWU-Puk blink Atletiek - Ulrich Damon, junior spiesgooier van die NWU-Puk het verlede Dinsdagaand (20 Oktober) sy persoonlike beste afstand na 78.58 opgeskuif tydens 'n ligabyeenkoms op die NWU-Puk/McArthur-stadion. Dit is die tweede beste afstand vanjaar deur 'n junior in die wêreld en hy is ook nou derde op die juniorprestasielys van alle tye in Suid-Afrika. Lees meer |
 |
NWU-Puk blaas kersies dood op 140-jaar koek Die kersies op die koek is Vrydag (16 Oktober) figuurlik doodgeblaas met die amptelike vieringe van die NWU-Puk se 140-jaar feesvieringe. Verskeie gaste, waaronder die eerstejaars van vyftig jaar gelede, die studenteraad van 1969 (tydens die honderdjarige bestaan van die Puk), die beeldhouer, Jo Roos, en nasate van Totius, het die geleentheid bygewoon. Die hoogtepunt van die middag was die onthulling van die beeld van Totius, wat onlangs na die kampus verskuif is, asook die onthulling van die gedenksuile met die name van meer as 1 200 studenteleiers sedert 1894. Tydens ’n skemerkelkie-geleentheid het die verteenwoordiger van die Tlokwe Stadsraad, me. Ina Stoltz, ’n oorkonde namens die stadsraad aan die rektor, prof. Annette Combrink, oorhandig om die NWU-Pukkampus geluk te wens met sy 140-jarige bestaan. Lees meer
|
 |
Kreatiewe kreature in Literator verewig Wat drie jaar gelede as ’n klein kiem ontstaan het, het die kreatiewe kreature gegroei tot ’n hele akademiese publikasie wat aan dié projek gewy is. Die jongste spesiale uitgawe van die ernstige akademiese publikasie, Literator, is aan die tema “Op die spoor van Kreatiewe Kreature” gewy onder redaksie van die gasredakteurs, Ian Marley en prof. Franci Greyling, van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit. Greyling het gesê die idee het kort ná Aardklop 2006 ontstaan uit die hibriede figure wat Marley, ’n dosent in grafiese ontwerp, geteken het van sy seuntjie, Josh, se verbeeldingspel. “Dié idee het toe in ’n verskriklike groot projek ontaard.” Lees meer |
 |
Vol program vir Puk se 140-jaar feesvieringe Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se vere is reg geskud om sy 140-jarige bestaan vandeesweek te vier. Dié feesvieringe bereik Vrydag (16 Oktober) ’n hoogtepunt met verskeie gebeure, uitstallings, oudstudente en gaste wat die kampus besoek. ’n Spesiale konsert word Vrydagaand in die Sanlam-Ouditorium opgevoer met ’n stemmingsprogram met die tema, In U Lig. Die skrywer, Leo van Schaik, sê dit word uit ’n Bybelse oogpunt beskou met klassieke musiek, Psalms en ander gewyde liedere. Gedigte van die oud-Puk-dosente, Totius en TT Cloete, word ook voorgedra en gesing. Fanie Jooste is die dirigent, terwyl die Puk-koor die gehoor sal bekoor. Die konsert eindig met ’n blik op die Hiernamaals. Die konsert begin om 19:00 en toegang is gratis. Lees meer
|
 |
NWU-Pukrektor is beskermheer van SJGD Die rektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Annette Combrink, is as die beskermheer van die Studente Jool-gemeenskapsdiens (SJGD) aangewys. Dié posisie beteken nou dat sy die “gesig” van SJGD is. Die voorsitter van SJGD, Jean-Marc Stidworthy, sê prof. Annette het SJGD die afgelope dertig jaar gehelp om beter te funksioneer en uit te bou. SJGD is nie net die grootste en beste studente gedrewe welsynorganisasie in die land nie, maar hulle poog steeds om nog meer organisasies en individue te kan bereik. Stidworthy sê prof. Annette was al vir ’n paar jaar indirek SJGD se beskermheer en dat hulle dit vanjaar met haar aftrede goed gedink het om dit amptelik te maak. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke is kaalvoet vir goeie doel Die Studente Joolgemeenskapdiens (SJGD) het onlangs hulle jaarlikse Kaalvoetdag gevier. Die studenteraadslid van SJGD, Jean Stidworthy, sê koshuise op kampus samel almal klere vir hulle onderskeie SJGD-projekte in. Dié klere word vir elke koshuis se eie projek aangewend en die klere wat oorbly sal deur die SJGD-komitee versprei word. Koshuise het dié klere op kreatiewe maniere in Loverslane op die kampus uitgestal en verskeie onderlinge kompetisies is gehou om gees te skep. Die beste uitstalling het aan die sleep, Wilde Trix (Bellatrix en De Wilgers), behoort. Lees meer
|
 |
Grobler wen groot met sakeplan van navorsingstegnologie Haar liefde vir navorsing en die natuur het vir ’n navorser van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ’n stewige prysgeld in die sak besorg tydens ’n kompetisie van die Innovasiefonds en die Emory Universiteit van Atlanta in die VSA. Me. Anne Grobler van die eenheid vir geneesmiddelnavorsing en –ontwikkeling is as die naaswenner aangewys vir haar sakeplan oor die kommersialisering van Pheroid™ vir die gebruik in plante. Lees meer
|
 |
NWU-Puk-krieket skop goed af Die NWU-Puk krieketklub het die plaaslike liga met twee uitstekende oorwinnings ingelui. Lees meer |
 |
Landlopers hardloop goud los Die landloopspanne van die NWU-Puk het einde September uitstekend gevaar by die USSA landloopkampioenskap wat by UJ aangebied is. Die Pukke het verskeie goue medaljes gewen. Lees meer |
 |
Kellner neem leiding in internasionale komitee ’n Kenner van landdegradasie en verwoestyning van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is pas tot die voorsitter van ’n internasionale komitee vir wetenskap en tegnologie van die Verenigde Nasies se Konvensie vir die bekamping van verwoestyning (UNCCD - United Nations Convention to Combat Desertification) verkies. Lees meer
|
 |
Argief en museum skud sy vere reg vir feesvieringe Die argief en musuem op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het sy vere reg geskud vir die 140-jaar vieringe wat vandeesweek op die kampus plaasvind. In die uitstalling word die geskiedenis kronologies van die stigting van die Teologiese Skool in 1869 in Burgersdorp tot voor die samesmelting met die Universiteit van Noordwes (Mafikeng) in 2003 met behulp van teks, foto’s en museumitems uitgebeeld. Lees meer
|
 |
Aldred Genade nou nadoktorale genoot by fakulteit teologie Dr. Aldred Genade is onlangs as nadoktorale navorsingsgenoot in die skool vir bybelwetenskappe en antieke tale in die fakulteit teologie van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit benoem. Hy werk op die oorvleuelingsgebied tussen die Nuwe Testament en die klassieke tale, Grieks en Latyn. Sy navorsing fokus op die retoriese analise van antieke tekste en die belang daarvan vir die verstaan van die Nuwe Testament. Lees meer
|
 |
Serenaders na nasionale kompetisie Die Serenaders-koor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gaan in Desember aan die Old Mutual nasionale koorfees in Pretoria deelneem. Dié koor het pas stof geskop in ander deelnemers se oë tydens die provinsiale kompetisie. Agt kore het op provinsiale vlak in Noordwes meegeding. Lees meer
|
 |
Rothmann wéér topnavorser Prof. Ian Rothmann van die vakgroep bedryfsosiologie in die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe op die Potchefstroomkampus is vir die tweede agtereenvolgende jaar die Noordwes-Universiteit se topnavorser. Rothmann is vanjaar as die Mees Produktiewe Senior Navorser van die Jaar vir 2008 aangewys. Hy het in 2007 die toekenning vir Senior Navorser van die Jaar ontvang. Lees meer |
 |
Hulle is meesters op hul gebied Vanjaar se algehele wenners van die Absa- en die S2A3-bonsmedalje vir die beste meestersgraadstudente is aan studente van die Potchefstroomkampus toegeken. Mnr. Johan du P Steytler van die skool vir psigososiale gedragswetenskappe in die fakulteit gesondheidswetenskappe het die Absa-bronsmedalje ontvang. Me. Charlotte Senosi van die vakgroep wiskunde en toegepaste wiskunde in die fakulteit natuurwetenskappe het die S2A3-boronsmedalje ontvang. Lees meer |
 |
NWU-Pukke is algehele Pendoringwenners Die grafiese ontwerpstudente van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het weer eens gewys wat in hulle steek met hulle prestasies tydens vanjaar se Pendoringtoekennings. Dié studente spog vanjaar met ’n goue en twee silwer Pendoringtrofeë, asook ’n spesiale toekenning as algehele studentewenner. Lees meer
|
 |
NWU-Puk en Aardklop soos boude Die Noordwes-Universiteit se Pukkampus was vanjaar weer een van die senior borge van Aardklop en die Pukkampus het weer eens as gasheerborg opgetree. Sewe lokale op die kampus is as venues gebruik wat meer as 13 000 sitplekke vir produksies gebied het. Die Sanlam-ouditorium bied 1 050 sitplekke, die Fanie Du Toit-sportterrein (5 000), Joolplaas (3 000), amfiteater (2 000), Weet-en-sweet-saal (1 000), Totius-saal (600) en die Groot-oor (400). Die Heimat-saal is vir repetisies ingespan. Lees meer
|
 |
Dertien van sentrum na internasionale kongres ’n Groep van dertien dosente en studente van die fakulteit gesondheidswetenskappe se Sentrum van uitnemendheid vir voeding gaan aanstaande maand 'n internasionale voedingskongres in Bangkok bywoon. Prof. Annamarie Kruger van AUTHeR (Africa Unit for Transdisciplinary Health Research) gaan ook saam met die groep. Lees meer |
 |
FW de Klerk praat op Puk oor toekomsperspektief Die voormalige staatspresident en kanselier van die Puk, mnr. FW de Klerk, sal eersdaags in die agtste van die FW de Klerk-lesingreeks ’n voordrag op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit lewer. De Klerk se titel van die voordrag op 12 Oktober is "'n Toekomsperspektief op grondwetlike stabiliteit geprojekteer vanuit my vertolking van die relevante gebeure van die afgelope twintig jaar”. Lees meer
|
 |
NWU eerste met mobi-site Die Noordwes-Universiteit het in September vanjaar die eerste universiteit in die land geword om 'n mobi-site op die been te bring. Die hoofdoel van dié mobi-site is om die universiteit onder voornemende studente te bemark en hul sodoende te werf. Die mobi-site is 'n webtuiste wat vir 'n selfoon ontwerp is sodat die inhoud op die skerm inpas. Lees meer
|
 |
Rapport Onderwysfonds help 48 studente Die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is die universiteit wat vanjaar die meeste leningsbeurshouers van die Rapport Onderwysfonds (ROF) het. Dié fonds is daarop gemik om Afrikaanssprekende studente toegang tot studiebeurse en –lenings te gee. Die ROF het vanjaar 48 beurse van R558 000 bewillig vir beurse wat sowat R12 000 per student beloop. Lees meer |
 |
NWU-Puk kom nie mas op in eindstryd Die NWU-Puk het Saterdag (26 September) met twee punte teen Hamiltons, die WP-kampioen, in die eindstryd van die nasionale klubkampioenskap verloor. Net soos in 2005 en 2007 kon die NWU-Pukke nie die mas opkom nie. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke deur na halfeind van klubkampioenskap Die eerstespan van die NWU-Puk Rugbyinstituut speel Donderdag (24 September) teen Springs (Valke) in die een halfeindstryd van die nasionale klubtoernooi wat in Pretoria plaasvind. In die ander halfeindstryd speel Hamiltons (WP) teen College Rovers (KZN). Lees meer |
 |
NWU-Pukke is enigste universiteitspan oor in kampioenskapsafdeling Die NWU-Puk Rugbyinstituut het Sondag (20 September) verspot maklik met Noordelikes, die Limpopo Blou Bulle se kampioenspan, afgereken op die eerste dag van die 2009 klubkampioenskap op die LC de Villiersstadion in Pretoria. Lees meer |
 |
Bafokeng-koning as nuwe kanselier ingehuldig Kgosi Leruo Tshekedi Molotlegi, Koning van die Bafokeng-stam, is op 17 September 2009 in Potchefstroom ingehuldig as die tweede Kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU). Tydens dieselfde byeenkoms is dr Theuns Eloff ook amptelik vir ʼn tweede termyn as Visekanselier van die NWU aangestel. Lees meer
|
 |
Vertaaldag-viering bou nuwe brûe Die Noordwes-Universiteit se taaldirektoraat het vandeesweek Internasionale Vertaaldag uiters suksesvol op die Potchefstroomkampus gevier en opnuut nuwe brûe gebou tussen mense wat verskillende tale praat. Lees meer
|
 |
Klubhuis opgedra aan rektor Die personeelklubhuis is een van die plekke wat die kampusrektor na aan die hart lê en inpas by haar wens dat mense ’n vervullende werksomgewing op die Pukkampus moet ervaar. Prof. Annette Combrink was oorbluf toe sy die naamplaatjie voor die personeelklubhuis onthul het. Lees meer
|
 |
PUKfm-omroeper eersdaags op OFM Een van die omroepers van die studenteradiostasie, PUKfm, het onlangs OFM se On-air 2009-kompetisie gewen. Yolanda Maartens, ’n groot gunsteling DJ van PUKfm, het vandeesweek haar laaste oggendprogram aangebied. Lees meer
|
 |
NWU-Puk/Absa Prestige Gholfdag weer eens 'n groot sukses Die NWU-Puk/Absa prestige gholfdag is onlangs by die Potchefstroomse buiteklub aangebied. Die wenners van die dag was Henry Pretorius en Trevor Masson van Telkom. Die gholfdag word gereël om vir baie van die NWU-Puk se donateurs dankie te sê. Lees meer |
 |
Aptekerstudente van 50 jaar gelede kuier saam Aptekerstudente van vyftig jaar gelede is onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit onthaal. Dié groep van 1959 het bestaan uit sewentien studente. Vier van hulle is reeds oorlede, maar elf van die oorblywende dertien het die kuiertjie aan hulle alma mater meegemaak. Lees meer
|
 |
Henning en Hermann nuwe NWU-raadslede Twee nuwe raadslede uit konvokasiegeledere is pas tot die raad van die Noordwes-Universiteit verkies. Adv. Jan Henning en dr. Dirk Hermann, albei oudstudente van die Potchefstroomkampus, sal vir die volgende termyn op die raad dien. Dié poste op die NWU-raad het onlangs vakant geraak en ná verskeie nominasies van al drie kampusse ontvang is, is konvokasielede gevra om vir die genomineerdes te stem. Lees meer |
 |
Twee Puk-wetenskaplikes ontvang erkenning van NASA Twee dosente van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het erkenning vir hulle bydraes tot die sukses van die Ulysses-ruimtetuigsending van NASA ontvang. Proff. Marius Potgieter en Stefan Ferreira het saam ’n Duitse span wetenskaplikes van die Europese Ruintevereniging (ESA) gewerk en NASA het ’n Group Achievement Award aan die hele span van Amerika en Europa gemaak. Lees meer
|
 |
Unieke laboratorium vir navorsing op paddas geopen ’n Spesiale laboratorium om navorsing op bedreigde paddaspesies van onder meer Madagaskar te doen, is pas op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus geopen. Dr. Ché Weldon, senior lektor by die NWU-Puk en lid van die Afrika Amfibieër Bewaringsnavorsingsgroep (AACRG), sê die biosekure nat-laboratorium is gebou om te fokus op verskeie bedreigde spesies wat in Mei verlede jaar tydens ’n spesie-prioriteitswerkswinkel geïdentifiseer is. Lees meer
|
 |
Akademici skitter met doktorsgrade Die Potchefstroomkampus het nóg 'n slag geslaan tydens die onlangse lentegradeplegtighede toe verskeie akademici hul doktorsgrade ontvang het. Die nuwe toekennings bring mee dat minstens 340 permanente akademiese personeellede op die kampus doktorsgrade agter hul naam kan skryf. Dit beteken dat meer as die helfte (53%) van akademiese personeellede tans met die prestasie kan spog. Lees meer |
 |
Koshuisslepe aangekondig Die ernstige verhoudings van die afgelope jaar moes tot ’n einde kom en ná sowat twee weke se vlerksleep met nuwe maats is die sleepkoshuise die aflope naweek aangewys. Die slepe vir die volgende jaar is... Lees meer |
 |
Hombré-HK verras die visekanselier, dr. Theuns Eloff Die manne van Hombré-manskoshuis op die Potchefstroomkampus aan die Noordwes-Universiteit het onlangs gesellig saam met die visekanselier, dr. Theuns Eloff, met ’n “Visekanseliersbier” op sy balkon gekuier. Dié manne het dr. Theuns Eloff met ’n biertjie en ’n worsie op die kole onthaal. Lees meer |
 |
Nuwe lede van die institusionele SR aangestel Die nuwe president van die institusionele studenteraad (ISR) van die Noordwes-Universiteit is Eugene Khokhong van die Mafikengkampus. Nkosinathi Mashinini van die Vaaldriehoekkampus se studenteraad, is die adjunkpresident, terwyl Adèle Croucamp van die Potchefstroomkampus se studenteraad, as sekretaresse sal optree. Lees meer |
 |
Studente en personeel pak mekaar op gholfbaan Dié naweek gaan ’n eerste vir NWU-Puk-gholf wees wanneer die NWU-Pukkampus se studentegholfspan ’n personeelspan pak. Die toernooi word by die Potchefstroomse Buiteklub aangebied. Die toernooi, wat bekend staan as die NWU Cup, word op ’n soortgelyke formaat as die beroemde Ryder Cup-gholftoernooi aangebied, maar sal net oor twee rondtes gespeel word. Lees meer
|
 |
NWU-Puk dra goue kroon Die NWU-Puk Rugbyinstituut dra weer die Goue Leeus se Pirates Groot Uitdaagkroon na hulle UJ Saterdag in die eindstryd met 44-26 kafgedraf het. Die rustydtelling was 20 elk, maar die NWU-Pukke het in die tweede helfte beheer oorgeneem en met drie drieë die wind uit die UJ se seile geneem. Die NWU-Pukke het ses drieë gedruk teenoor UJ se twee. Lees meer |
 |
Verjaarsdagkonsert vir kampusrektor Personeel en studente van die skool vir musiek het op Maandag 14 September 2009 om 13:15 'n etensuurkonsert in die Konservatoriumsaal aangebied aan ter viering van die kampusrektor, prof. Annette Combrink, se verjaarsdag dieselfde dag. |
 |
Prof lei 80 M- en D-studente binne 12 jaar Tagtig meesters- en doktorsgrade binne twaalf jaar is die prestasie van prof. George Lotter van die fakulteit teologie onder wie se leiding dié studente studeer het. Die laaste vier doktorale grade, om dit op die ronde getal van tagtig te staan te bring, is tydens die pas afgelope plegtigheid toegeken. Lotter, voorsitter van die vakgroep praktiese teologie, se eerste M- en D-studente het in 1997 onder hom begin studeer. Hy sê die getal verteenwoordig 43 M- en 37 D-studente. Van die studente woon in tien verskillende lande in die wêreld en verteenwoordig ten minste sewe verskillende kerke. Lees meer
|
 |
NWU wen toekenning by internasionale konferensie Die 2009 Golden Key internasionale konferensie het gedurende Augustus in Orlando, Florida, VSA plaasgevind. Meer as 500 Golden Key-lede van regoor die wêreld het dié konferensie bygewoon. Lees meer
|
 |
Top universiteitskore sing in Potchefstroom Die openbare Gala-konsert van die Kuesta Universiteite Koorfees vind op Saterdag 26 September 2009, om 19:00 in die Sanlam-Ouditorium van die NWU-Pukkampus plaas. Kenners reken dat universiteitskore van die uitnemendste kore in Suid-Afrika is. Die Kuesta Universiteite Koorfees trek tweejaarliks ’n paar van die top universiteitskore bymekaar om vir mekaar te sing en ook ’n openbare uitvoering vir die publiek te lewer. Die NWU-Puk is vanjaar die gasheer van die fees en Potchefstromers het die voorreg om dié besonderse koorsang te kan geniet. Lees meer
|
 |
Studenteleiers op suile verewig Gedenksuile met die name van studenteleiers sedert die ontstaan van die Puk sal tydens dié universiteit se feesvieringe in Oktober onthul word. Die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit se 140 jaar vieringe bereik ’n hoogtepunt op 16 Oktober wanneer onder meer die Totius-standbeeld op die kampus onthul word. Die gedenksuile met die leiers se name sal rondom die oudstudente-monument, beter bekend as die wasgoedpennetjie, opgerig word. Studenteleiers sedert 1894 se name sal op dié suile verewig word. Oud-SR-lede wat graag die geleentheid wil bywoon word versoek om so gou as moontlik met Vincent Eastes in verbinding te tree. Tel: (018) 299-2562 of stuur 'n e-pos aan vincent.eastes@nwu.ac.za Lees meer
|
 |
Koning besoek NWU Sy Majesteit, kgosi Leruo Tshekedi Molotlegi, koning van die Koninklike Bafokeng-nasie, het vandeesweek ’n eerste besoek as nuwe kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) afgelê. Kgosi Molotlegi het saam met dr. Theuns Eloff, visekanselier, proff. Themba Mosia, institusionele registrateur, en Annette Combrink, rektor van die Potchefstroomkampus, vergader. Die kgosi het die institusionele kantoor en die Potchefstroomkampus besoek. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke deur na eindstryd Die eerstespan van die NWU-Puk Rugbyinstituut speel die naweek in die eindstryd van die Goue Leeus se Pirates Groot Uitdaagliga. Hulle draf Saterdagmiddag om 16:00 teen die Universiteit van Johannesburg op die veld op Alberton. Lees meer |
 |
Baanbrekersboek oor paddas bekendgestel ’n Omvattende boek oor paddas, A Complete Guide to the Frogs of Southern Africa, is pas op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit bekendgestel. Prof. Louis du Preez, hoof van die Afrika Amfibiese Bewarings- en Navorsingsgroep, het vier jaar se harde werk en sy passie vir sy vakgebied in dié nuwe boek vasgevang. Lees meer |
 |
PUKfm – "meer as net radio" PUKfm het pas weer bewys dat hulle nes hulle leuse, "meer as net radio" is. Dié studente-radiostasie het twee reuse fondsinsamelingsgeleenthede gereël om geld vir hulle gemeenskapsprojek, Katlego Early Learning Centre, in Ikageng in te samel. Lees meer
|
 |
Bandura Express sê dankie vir finansiële hulp Musiekstudente van die skool vir musiek het personeel van finansiële steundienste op Loslitdag (Vrydag 4 September) met ’n konsert voor die kantoor verras. Die Bandura Express het verskeie liedjies met ’n aansteeklike ritme op verskeie marimbas gemaak. Mnr. Danie Hefer, hoof van die afdeling, sê die groep het finansiële steundienste kom bedank vir die hulp met beurse wat hulle aan meeste lede van die groep verleen het. Lees meer |
 |
Sport eerste tydens Loslitdag 2009 Die Blou Bulle, Luiperds, Cheetahs, Sharks, NWU-Pukke en Ferrari was goed verteenwoordig op die NWU-Pukkampus tydens Loslitdag op Vrydag 4 September 2009. Verskeie afdelings het deelgeneem in dié inisiatief om geld in te samel vir mense met gestremdhede. Die kampusrektor, prof. Annette Combrink, ondersteun Rotaraskool al vir etlike jare en het vanjaar weer plakkers by hulle gekoop. Die tema vanjaar was Join the Team. Lees meer |
 |
Interkampus sosiale dag bevorder eenheid Die Vaaldriehoekkampus was onlangs (Vrydag 28 Augustus) die gasheer van vanjaar se tweede interkampus sosiale dag. Personeellede van die Noordwes-Universiteit se drie kampusse en die institusionele kantoor het in hulle hordes opgedaag om aan die pretdag deel te neem en verskeie nuwe vriendskappe oor kampusgrense heen is weer eens gesmee. Lees meer |
 |
Totius verhuis na die NWU-Pukkampus Die Totius-beeld wat sedert 1977 sy staanplek in die Totius-gedenktuin by die Wasgoedspruit het, gaan herstel word tot sy volle koperglorie en na die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit verskuif word. Dit kom nadat die Tlokwe-stadsraad verlede week finaal goedkeuring gegee het dat die bekende skrywer se beeld 'n staanplek op die kampus kry. Die verskuiwing is deel van die NWU-Pukkampus se inisiatief om die groot skrywers en digters van Noordwes op 'n baie spesiale manier te vereer. Lees meer |
 |
Hoë rugbypos vir Taylor Die bestuurder van die NWU-Puk Rugbyinstituut is pas tot die uitvoerende bestuur van die Varsity Cup verkies. Mervyn Taylor dien tans ook op die rugbybestuur van Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) en is visepresident van Luiperdrugby. Lees meer
|
 |
Ingenieurstudente plant boom tydens nasionale boomplantweek Die perfekte lentedag het bygedra tot sonnige atmosfeer toe ’n groep ingenieurstudente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit hul stempel op kampus afgedruk het deur ’n boom te plant op 1 September, lentedag en tydens nasionale boomplantweek. Hulle het die inheemse Mundulea Sericea, oftewel die kurkbos of silver-bush gekies vanweë sy taaiheid en pragtige pers blomme wat vanaf Oktober tot Januarie bot. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke blink wéér by nasionale sêr Veritas manskoshuis van die NW-Puk het vir die vierde agtereenvolgende jaar stof in die oë van ander universiteite geskop ná hulle die nasionale serenade kompetisie gewen het. Vergeet-My-Nie dameskoshuis het die algehele derde plek in die damesafdeling verdien. Hulle het ook die pryse vir die beste eie komposisie en die beste verwerking van ’n voorgeskrewe komposisie gewen. Lees meer
|
 |
Draak onder vyf bestes Die Drakenstein-restaurant op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is pas deur SA Brouerye as een van die vyf beste eetplekke in sentraal Suid-Afrika aangewys. Die gewilde studente kuierplek op die kampus het met sowat een duisend ander eetplekke meegeding in die SAB Outlet of the Year-kompetisie. Lees meer
|
 |
Vier Pukke in nasionale opkomende hokkiegroep Vier NWU-Pukke is pas in die nasionale opkomende hokkiegroep (emerging squad) ingesluit. Die NWU-Pukke is Fay Irvine, Chantelle Bekker, Sulette Damons en Celia Evans. Daar is onlangs berig dat Loreen Irvine, Fay se suster, in SA hokkie se nasionale oefengroep ingesluit is. Lees meer
|
 |
PBS woon bestuurskool-ekspo in Sandton by Personeel van die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het die onlangse bestuurskool-ekspo by die Sandton Convention Centre bygewoon. Altesame 3 000 voornemende studente, maatskappy-konsultante en alumni het vir die ekspo geregistreer. Lees meer |
 |
De Ridder genooi na internasionale kongres Die direkteur van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, prof. Hans de Ridder, is een van slegs twee sportwetenskaplikes in die land wat genooi is om ’n internasionale kongres in die VSA by te woon. Die eer het De Ridder te beurt geval ná sy voordrag tydens die tweejaarlikse Asiatiese Sportmedisyne en Sportwetenskapkongres wat in Khota Bharu, Maleisië, aangebied is. Lees meer
|
 |
Bekende skrywer besoek NWU-Puk Die bekende skrywer, Fanie Viljoen, van ondermeer treffers soos Breinbliksem en Onderwêreld, het die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit onlangs besoek. Viljoen was ’n gasdosent vir studente in skryfkuns en het ook ’n lesing vir studente in vertaal- en tolkstudies gegee. Lees meer
|
 |
Pianis besoek kindertyd-tuiste ná 25 jaar Die Koreaanse pianis, Grace Eun Hae Kim, het die eerste paar jaar van haar lewe (1981-1984) in Potchefstroom deurgebring terwyl haar vader besig was met sy doktorale studie in teologie aan die destydse PU vir CHO. Hoewel sy eers met klavieronderrig begin het nadat hulle gesin teruggekeer het na Korea, was sy in Potchefstroom heeltyd omring met musiek. Haar moeder was 'n klavierleerling van prof. Pieter de Villiers by die Konservatorium en haar ouer broer het ook klawerbordlesse ontvang. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke blink steeds in netbal, hokkie, rugby Verskeie NWU-Puk-spanne en –spelers het die afgelope tyd weer uitgeblink. Met netbal het Ilzeri Brits, senter van die NWU-Puk en Noordwes-Suid, is ingesluit in die Suid-Afrikaanse A-span wat aan die einde van September aan die Cusana Spele (Afrika kampioenskap) gaan deelneem. Lees meer |
 |
NWU-Puk het talle verrassings om 140 kersies dood te blaas Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is in die pylvak om sy 140-jarige bestaan binnekort behoorlik te vier met 'n verskeidenheid unieke verwikkelings en nuwighede op die kampus. Die feit dat die Totius-beeld nou amptelik sy nuwe adres gekry het, is waarskynlik die opwindendste. Die standbeeld word binnekort verskuif en Totius sal sy plek inneem skuins voor die ou Hoofgebou en 'n hanetree vanaf die Totius-gedenksaal. Lees meer
|
 |
Potch-onderwysstudente beplan groot reünie Die fakulteit opvoedingswetenskappe van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is vanjaar 90 jaar oud en hou 'n reünie vir oudstudente om die geleentheid te vier. Dit sluit alle voormalige studente van die destydse Potchefstroom Onderwyskollege (POK) in. Die reünie word vir 17 Oktober beplan. Alle oudstudente wat sedert 1919 aan die kollege sowel as die fakulteit in Potchefstroom gestudeer het, moet asseblief van hulle laat hoor. Voltooi asb. so gou as moontlik die vorm (vir adresveranderings) op die web by www.puk.ac.za/oud_pukke/verander_pok.html.
|
 |
NWU-Puk se rugbymanne verseker eerste plek Die eerstespan van die NWU-Puk Rugbyinstituut het Woensdagaand (26 Augustus) seker gemaak dat hy die ligafase van die Goue Leeus se Pirates Groot Uitdaagliga in die eerste posisie sal afsluit. Die wedstryd wat Vrydagaand (28 Augustus) teen Union gespeel word, sal geen invloed op die punteleer hê nie. Dit wil voorkom asof die NWU-Puk Saterdag (5 September) teen Impala sal speel in die een halfeind terwyl UJ en Pirates mekaar in die ander halfeind sal pak. Die bepalings kan eers finaal bevestig word na die wedstryde tussen UJ en Impala en Pirates en Randfontein wat Saterdag plaasvind. Lees meer
|
 |
NWU Puk kry sy eie sport village Die Fanie du Toit-sportterrein op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit sal vroeg aanstaande jaar met nog 'n eiesoortige nuwe ontwikkeling kan spog wanneer die bouwerk aan die behuising vir veral buitelandse atlete (sport village) voltooi word. Die opwindende nuwe projek het verlede week afgeskop toe grondverskuiwingstoerusting gebring is om die voorbereiding vir die bouwerk te doen. Lees meer
|
 |
Dosent se verhandeling nou in boekvorm gepubliseer 'n Groot eer het 'n voedseldosent by verbruikerswetenskappe, Annchen Mielmann, te beurt geval toe 'n Duitse uitgewer haar genader het om haar MSc-verhandeling in boekvorm te publiseer. Die titel van die boek van me. Annchen Mielmann is Food Spoilage Characteristics of Chryseobacterium species. Lees meer |
 |
NWU-Pukke skitter weer as Pendoring-finaliste Die grafiese ontwerp-studente van die Potchefstroomkampus het weer stof geskop in die oë van al die ander tersiêre instellings landwyd wat ook grafiese ontwerp aanbied. Die NWU-Pukke het sewe finaliste opgelewer in die gesogte Pendoring-reklamewedstryd vir voortreflike Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse reklame. Verlede jaar het die NWU-Pukke vir ses finaliste gesorg. Lees meer |
 |
Noordwes-hokkiespanlede almal NWU-Pukke Die Noordwes vroue-hokkiespan wat tans aan die interprovinsiale toernooi in Pretoria deelneem, word oorheers deur die verteenwoordiging van NWU-Puk-hokkiespelers. Al die spelers in die provinsiale span is NWU-Pukke. Die span het die interprovinsiale toernooi wat tans in Pretoria plaasvind uitstekend afgeskop met 'n 6-0 oorwinning oor Skiereiland. Lees meer
|
 |
NWU-Pukprofessor publiseer baanbrekerboek oor paddas Prof. Louis du Preez, hoof van die Afrika Amfibiese Bewarings- en Navorsingsgroep aan die NWU-Puk, se passie vir sy vakgebied word in 'n nuwe boek, A Complete Guide to the Frogs of Southern Africa, vasgevang. Die boek word Donderdag 3 September op die Potchefstroomkampus bekend gestel. Lees meer |
 |
Noordwes-Universiteit weer eens die universiteit wat die beste bestuur word Vir die derde agtereenvolgende jaar is die Noordwes-Universiteit (NWU) se verbintenis om die beste praktyk in doeltreffende en korporatiewe bestuur te handhaaf, op 25 Augustus erken toe die Universiteit weer die 2009 PriceWaterhouseCoopers Hoëronderwys Uitnemendheidstoekenning vir Korporatiewe Bestuur tydens hulle jaarlikse Konferensie oor Hoër Onderwys in Port Elizabeth ontvang het. Lees meer |
 |
PUKfm presteer uitstekend! Navorsing wat gedurende Julie en Augustus gedoen is onder studente en skoliere, het gewys dat PUKfm die tweede gunsteling-radiostasie onder sy teikenmark is! PUKfm het in Februarie 2006 weer permanent begin uitsaai en het sedertdien net van krag tot krag gegaan. Navorsing wat in 2007 gedoen is, het getoon dat hierdie gemeenskapsradiostasie sowat 10 500 luisteraars het. Navorsing wat in Augustus dié jaar voltooi is deur die Departement Bemarking en Kommunikasie, het gewys dat sowat 71.6% van die NWU-Puk se kontakstudente op PUKfm 93.6 inskakel. Dit is sowat 12 500 luisteraars, sê Amoré Truter, assistent-stasiebestuurder van PUKfm. Lees meer |
 |
Ingenieurstudentevereniging weer tops Die Ingenieurstudentevereniging (ISV) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het vir die tweede agtereenvolgende jaar geskitter toe hulle as die beste fakulteit akademiese studentevereniging aangewys is. Die ISV is by die akademiese raad van die studenteraaad se prestige geleentheid in die Madiba Banketsale bekroon en het ook die algehele derde plek verower tesame met die toekenning vir die beste webblad. Lees meer
|
 |
Nuwe studenteraad vir 2010 aangekondig Adèle Croucamp is vir die tweede termyn as voorsitter van die studenteraad van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit verkies. Al die ander portefeuljes op die SR is nuwe kandidate. Lees meer |
 |
Internasionaal bekroonde grafiese ontwerpers besoek NWU-Pukkampus Twee internasionaal bekroonde grafiese ontwerpers, Peet Pienaar en Garth Walker, het die grafiese ontwerp-vakgroep van die Noordwes-Universiteit vandeesmaand besoek vir gaslesings en werkswinkels. Lees meer |
 |
Grafiese Ontwerpstudente slaan 11 finalis Loerie-nominasies los In opvolging van verlede jaar se Loerie-suksesse, het Grafiese Ontwerp-studente op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit weer eens 11 finalis-nominasies in die 2009 Loerie-toekennings losgeslaan. Die Loerie-toekennings word internasionaal erken. Lees meer |
 |
Krokodilvrektes opgelos - NWU-Puk-navorser help ’n Navorser van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit was deel van ’n span navorsers wat vasgestel het dat gifstowwe wat in ’n sekere gebied in die sediment van die Olifantsrivier gaan lê het, die oorsaak was van sowat 200 krokodilvrektes die laaste twee winters. Prof. Henk Bouwman van die skool vir omgewingswetenskappe en ontwikkeling het gesê hulle het op ’n betreklik klein area in die Olifantsrivierkloof op die grens tussen Suid-Afika en Mosambiek afgekom waar hoë toksiese opgaring plaasvind. Lees meer |
 |
Gebaretaaltolkkursus nog 'n eerste vir NWU In 'n wedersyds voordelige vennootskap het die Noordwes-Universiteit (NWU) se Taaldirektoraat en die Dowe Federasie van Suid-Afrika ("DeafSA") onlangs saamgewerk om twee kursusse vir Gebaretaaltolke aan te bied. Dit was 'n eerste vir die NWU. Lees meer
|
 |
Curriebekerspanne wemel van oud-Pukke Die land se Curriebekerspanne wemel weer van oud-Pukke. In onlangse wedstryde was daar 27 oud-Pukke in aksie in die Curriebeker. Net die Sharks het nie tans 'n oud-Puk in hulle geledere nie. Die huidige ligavoorlopers, Griekwas, spog met Naas Olivier, Barry Geel, Jaco Bekker en Bees Roux. Die hele WP-voorry kom van die NWU-Puk af, hulle is Baba Blaauw, Tiaan Liebenberg en Broc Harris. WP se losskakel Willem de Waal het ook vir die NWU-Puk gespeel. Lees meer
|
 |
Twee projekte by NWU ontvang gesogte toekennings Twee projekte van die Noordwes-Universiteit se Pukkampus het gesogte toekennings van SANEA (South African National Energy Association) ontvang. Die NWU is die enigste universiteit in die land wat dié energie-toekennings van SANEA ontvang het. SANEA het vanjaar 43 aansoeke ontvang waaruit twaalf finaliste in vier kategorieë aangewys is. Lees meer |
 |
Vorster ontvang internasionale prys Die direkteur van die skool vir kerkwetenskappe by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n prys van die JSRI (Journal for the Study of Religions and Ideologies) ontvang. Prof. Koos Vorster het die internasionale prys ontvang vir sy bydrae tot die vierde uitgawe van die joernaal. Lees meer
|
 |
Loopbaanuitstalling lok groot belangstelling Die loopbaansentrum van die NWU het die afgelope week ’n uitstalling van 25 uitstallers op die Potchefstroomkampus gehou. Meer as 2 000 studente het die uitstalling bygewoon. Die kampusskakelbeampte, me. Anell van Pletzen, sê dit is die tweede jaar wat die uitstalling gehou word. Lees meer |
 |
PUKfm was Oppikoppi PUKfm, die Potchefstroomkampus se eie radiostasie, is vanjaar die groot voorreg gegun om vir die eerste keer as mediavennoot by Oppikoppi op te tree. Tydens hierdie musiekfees wat verlede naweek buite Northam gehou is, was twee van PUKfm se DJ’s, Tertius Coetzer en Kimmee Lategan, seremoniemeesters by die Most Amazing Myn-verhoog asook die Levi’s Bushveld Original-verhoog. Lees meer
|
 |
Chinese filmfees op kampus aangebied ’n Chinese filmfees word aanstaande week op die Pukkampus aangebied. Die fees word deur prof. John Botha, dosent in kunsgeskiedenis, gereël. Nege films sal saans vanaf 17 tot 21 Augustus om 17:30 en 20:00 in die kunstegebou (F2) agter die Joon van Rooy-gebou vertoon. Van aksiefilms, komedies, tienerdramas tot dokumentêre films sal vertoon word. Die filmvertonings is gratis. Lees meer
|
 |
NWU se Visekanselier neem plaaslik en internasionaal leiding Dr. Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), is in Julie 2009 onbestrede tot Voorsitter van die Vereniging vir Statebondsuniversiteite (Association of Common Wealth Universities - ACU) verkies, nadat hy die afgelope twee jaar as ondervoorsitter van daardie liggaam gedien het. Lees meer
|
 |
Besigheidstrategie en leierskap deur PBS bekyk Die hoogtepunt van die Potchefstroom Besigheidskool se MBA-winterstudieskool is die Prestigedag wat onlangs in Vanderbijlpark gehou is en waartydens die bestuurstema besigheidstrategie en leierskap bespreek is. Twee dinamiese leiers in die sakewêreld het die kwessies onder die vergrootglas geplaas en breedvoerig daaroor verslag gelewer. Lees meer |
 |
Varkgriep nie krisis op Pukkampus Verskeie gerugte van NWU-Pukstudente wat varkgriep het is vandeesweek die nek ingeslaan ná ’n uitgebreide kommunikasieveldtog van stapel gestuur is. Dr. Emile Kotzé, bestuurder van die gesondheidsorgsentrum op die kampus, sê daar is tans GEEN bevestigde gevalle van varkgriep onder studente aangemeld nie. Hoewel baie studente griepsimptome het, is niemand nog positief daarvoor getoets nie. 'n Spesiale vergadering is Dinsdagmiddag (4 Augustus) gehou waar daar onder leiding van prof. Annette Combrink besluit is om ’n uitgebreide kommunikasieveldtog onder studente te begin om enige gerugte die nek in te slaan. Lees meer |
 |
Intervarsity ongeluksvry Die Arrive Alive-veldtog tydens die Intervarsity tussen die NWU-Puk en Kovsies was ’n reuse sukses. Só sê me. Lenie Kotzé, maatskaplike werker van die NWU-Puk, wat die veldtog van stapel gestuur het. Sy sê daar was volgens die verkeersowerhede nie ’n enkele ongeluk op die pad tussen Bloemfontein en Potchefstroom nie. Lees meer |
 |
Kommunikasiestudies vier 50 bestaansjare Die skool vir kommunikasiestudies op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit vier vanjaar sy vyftigste bestaansjaar. Verskeie aktiwiteite word later vandeesmaand aangebied om hierdie mylpaal te herdenk. Die Puk word beskou as die geboorteplek van universitêre onderrig in kommunikasie in Suid-Afrika en het in 1959 met perswetenskap binne die vak geskiedenis begin. Lees meer
|
 |
Kernkrag dalk die nuwe "olie” Die onvermoë om aan die groeiende behoefte na olie te voorsien is die vernaamste rede waarom Suid-Afrika 'n oliekrisis ondervind. Só het dr. Russel Huddleston, hoofprojekingenieur by Sasol Petroleum Internasionaal. Lees meer
|
 |
Nuwe wêreld ontvou vir ingenieurstudente Ingenieurstudente het einde Julie weer eerstehands met verskeie fasette van hul toekomstige beroepe te doen gekry tydens die fakulteit se jaarlikse fakulteitsdag. Groot maatskappye was onder die 21 uitstallers op die joolplaas waaronder Sasol, Hatch, PPS, Xtrata, M-Tech Industrial en Siemens en die voornemende ingenieurs van elke skool kon meer verken oor die toepassing van ingenieurswese in die bedryf. Lees meer
|
 |
Die rekenaarmynveld is student se kos Het jy dalk gedink dat verspoeg of slakkeresies vreemde sportsoorte is wat net op Rippley’s believe it or not hoort? Dink gerus weer want die NWU-Puk het sy eie kandidaat as dit kom by vreemde sportsoorte. Albertus Seyffert, 'n honneursstudent in fisika, is 'n Minesweeper-fundi wat reeds twee keer aan die Wêreldkampioenskap in hierdie uitsonderlike sport deelgeneem het. Lees meer
|
 |
Oud-grafiese studente is Young Lions Twee oud-NWU-Pukke het hul staal onlangs gewys met hul grafiese kunsvaardighede tydens die Suid-Afrikaanse afdeling van die Young Lions Print Competition. Mnr. Christo Kruger wat in 2007 sy studie voltooi het en sy eweknie Darren Kilfoil van The Jupiter Drawing Room, het deur die Suid-Afrikaanse titel te wen, na Cannes gereis waar hulle teen die internasionale finaliste by die Cannes Lions te staan gekom het. Lees meer |
 |
Loopbaansentrum besoek Gautrein-projek Die loopbaansentrum van die NWU se Potchefstroomkampus het ’n inligtingstoer na die Gautrein-projek vir beursstudente van Murray en Roberts gereël. Me. Anell van Pletzen (skakelbeampte) en Bernice Smit (bestuurder) van die loopbaansentrum is saam met twee meganiese ingenieurstudente, Louis van der Walt en Alden van Wyk, en hulle dosent, mnr. Pietman Jordaan, op die toer na die verskeie ontwikkelings op die Gautrein-roete geneem. Lees meer
|
 |
Varkgriep nie krisis op NWU-Pukkampus Verskeie gerugte van NWU-Pukstudente wat varkgriep het doen tans die rondte op die kampus. Die rektor, prof. Annette Combrink, personeel van die gesondheidsorgsentrum en ’n mediese dokter, dr. Emile Kotzé, het Dinsdagmiddag ’n spesiale vergadering gehad om studente tot rustigheid te maan. Lees meer
|
 |
NWU-Puk tref voorsorg vir varkgriepvirus Studente moet nie oorreageer of paniekerig raak oor die H1N1-virus (varkgriep) wat tans in die land voorkom nie. Volgens sr. Adele Burger, beroepsverpleegkundige by die gesondheidsorgsentrum op die kampus, is alle voorkomingsmaatreëls in plek indien studente met griepsimptome by die sentrum sou rapporteer. Lees meer
|
 |
Willem van der Wal is SA Universiteite se kaptein Die NWU-Puk Rugbyinstituut se kaptein, Willem van der Wal is deur die afrigter van die SA Universitiete-span, Chean Roux van Maties, aangewys as kaptein van die span wat Woensdag en Saterdag teen die Amerikaanse studentespan speel. Lees meer |
 |
NWU-Puk-spiesgooiers presteer in buiteland Sunette Viljoen het vir die soveelste keer vanjaar 'n wêreldklasvertoning in die spiesgooi gelewer, toe sy op Vrydag 31 Julie tydens die Bayer-byeenkoms in Leverkusen, Duitsland die spies 63.51m vêr geslinger het. Ulrich Damon het die junior Afrika-titel op Saterdag 1 Augustus in Bambous, Mauritius op indrukwekkende wyse ingepalm, toe hy die titel met 'n puik afstand van 73.31 gewen het. Terseus Liebenberg, atletiekbestuurder van NWU-Puksport en spiesgooi-afrigter is weer deur die Europese Afrigtersvereniging as gasspreker uitgenooi na die jaarlikse kongres van die vereniging. Lees meer
|
 |
Intervarsity 2009: NWU-Pukke maak dit vyf uit vyf! Die NWU-Puk Rugbyinstituut het Saterdag (1 Augustus) vir die vyfde agtereenvolgende jaar met die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat afgereken in die jaarlikse Intervarsity in Potchefstroom. Lees meer |
 |
Industriële Teater: Tina, Stevie en Mozart saam op NWU-Puk-verhoog Tina Turner, Stevie Wonder en Amadeus Mozart besoek die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit aanstaande maand. 'n Industriële teater-vertoning met Tina Turner-, Stevie Wonder- en Mozart-dubbelgangers sal op 13 en 14 Augustus op die Pukkampus op die planke gebring word. Lees meer
|
 |
Universiteite span saam om studente veilig te laat ry Die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar die inisiatief geneem om studente van Kovsies veilig in die stad te kry vir die jaarlikse Intervarsity. Die maatskaplike werker van die Puk, me. Lenie Kotzé, het met verskeie ander instansies en ondernemings, asook die Universiteit van die Vrystaat, saamgespan om op Vrydag, 31 Julie ’n veilige roete tussen Bloemfontein en die stad aan reisende Kovsies te bied. Lees meer
|
 |
Skool vir verpleegkunde maak internasionale impak Personeel van die skool vir verpleegkunde (SVK) van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs aan drie konferensies deelgeneem. Twee daarvan het hulle self gereël. Lees meer |
 |
Alle oë op 67ste Intervarsity Die sewe-en-sestigste intervarsity tussen die Universiteit van die Vrystaat en die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit vind hierdie naweek plaas. Dit is die enigste volwaardige Intervarsity wat nog in Suid-Afrika plaasvind. Daar word Vrydag (31 Julie) en Saterdag (1 Augustus) meegeding in rugby, hokkie, netbal, sokker, tennis, gholf, muurbal, vlugbal, pluimbal, skaak, basketbal, tafeltennis en judo. Die hoogtepunt is die eerstespan rugbywedstryd wat Saterdag om 15:00 op Profert Olënpark in Potchefstroom gespeel word. Lees meer |
 |
Bafokeng-koning aangewys as nuwe kanselier Die nuwe kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is waarskynlik een van die bekendste mense in Noordwes en 'n man met sy voete stewig op die aarde. Hy is koning Lerou Tshekedi Molotlegi, die hoof van die Bafokeng-stam in die Rustenburg-omgewing.Die Universiteitsraad het Molotlegi tydens ‘n vergadering in Junie as kanselier aangewys nadat die termyn van mnr. Popo Molefe, destydse premier van Noordwes, verstryk het. Lees meer
|
 |
PUKfm nou mediavennoot van Oppikoppi Oppikoppi het PUKfm genader om sy mediavennoot vir vanjaar te wees. PUKfm sal verskeie veldtogte vir die rockfees onder studente van stapel stuur en van PUKfm se omroepers sal by die fees se The Most Amazing Rock Stage as seremoniemeesters optree. Lees meer |
 |
Studenteraad verander twee portefeuljes Twee groot veranderinge vind vanjaar in die verteenwoordigende studenteraad van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaas. Die portefeuljes, prinsipiële leiding (PL) en belange en ontwikkeling van studente (BOS) sal voortaan as een portefeulje, studentesake, bestaan. Lees meer |
 |
SJGD skenk ruim aan projekte Die Studente Jool Gemeenskapsdiens (SJGD) van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het vanjaar sowat R220 000 aan projekte en instansies geskenk. Dié fondse word jaarliks tydens Jool-week in die provinsie ingesamel en is tydens die geleentheid aan dertig organisasies en individue in Noordwes oorhandig. Lees meer
|
 |
Veritas en Vergeet-my-nie is beste Veritas en Vergeet-my-nie is vanjaar as die Enkelsêr-wenners aangewys. Dié kompetisie is een van die grootste aangeleenthede van die jaar en meer as 6 000 studente het hulle koshuise se sangers ondersteun. Lees meer |
 |
Mnr. en Mej. Kampus 2009: Chané en PR dra vanjaar die kroon Nie eens die ysige koue kon sowat 1 600 studente keer om vanjaar Mnr. en Mej. Kampus 2009 by te woon nie. Dié aksie van die Sentrale Studenteraad is vanjaar die tweede keer aangebied en was net so groot sukses soos verlede jaar. Die gejuig van studente, wat hul vriende ondersteun het, het byna die dak van die Amfiteater gelig. Lees meer |
 |
12de Aardklop-program in Potchefstroom bekendgestel Die twaalfde Aardklop Kunstefees-program is Vrydag amptelik in Potchefstroom bekendgestel. Aardklop word van 29 September tot 3 Oktober aangebied. Die NWU-Puk is ’n senior borg, asook ’n gasheerborg van die fees. Lees meer |
 |
Onderwysers leer oor omgewingsbestuur en -opvoeding Verskeie onderwysers van die Vrystaat en Noordwes Provinsie het pas 'n werkswinkel oor omgewingsopvoeding vir volhoubare ontwikkeling bygewoon. Die skool vir kurrikulumgebaseerde studies van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, in samewerking met die Vrije Universiteit van Brussel, het verskeie onderwerpe oor goeie omgewingsbestuurstelsels en wat onderwysers kan doen om dié stelsels by hul skole te implementeer, in 'n tweedagprogram behandel. Lees meer |
 |
Vier NWU-Pukke in SA studentespan Vier spelers van die NWU-Pukrugbyinstituut is ingesluit in 'n Suid-Afrikaanse studentespan wat volgende Woensdag en Saterdag in die Kaap teen die nasionale span van Amerika speel. Die drie NWU-Pukke in die beginspan is Willem van der Wal, Stoffel Duvenhage en BG Uys. Jaco Koch is op die plaasvervangerbank. Lees meer |
 |
NWU kry stewige hupstoot vir navorsing Die Noordwes-Universiteit het pas 'n ooreenkoms wat landwyd as die eerste van sy soort uitstaan onderteken met die maatskappy Sasol Technology. Die unieke navorsingsooreenkoms stel die raamwerk vir groter samewerking op onderskeie gebiede en behels enersyds dat die universiteit self projekte vir navorsing kan identifiseer en andersyds dat die maatskappy projekte kan identifiseer soos wat daar behoefte ontstaan. Lees meer |
 |
Meganiese ingenieurswese weer tot voordeel van SA ingespan Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer vir 'n eerste gesorg nadat die skool vir meganiese ingenieurswese gekies is om 'n Sentrum vir Gevorderde Vervaardiging in Suid-Afrika te begin. Die goeie nuus kom nadat die departement handel en nywerheid die NWU genader en aangewys het om die sentrum – die eerste van sy soort landwyd – amptelik te vestig. ”Die feit dat departement die NWU gekies het om hierdie sentrum te stig bevestig die universiteit se vermoëns en betroubaarheid op hierdie gebied,” het prof. LG Grobler van meganiese ingenieurswese gesê. Lees meer |
 |
Student verower Protea-kleure in rolbal Talle NWU-Puk-studente het die afgelope tyd op die sportveld presteer en dis veral in rolbal en ringbal waar die sportlui hul staal gewys het. Pierre Breitenbach, 'n finalejaarstudent, is in die Protea-span ingesluit, wat einde Augustus aan die Afrika State-toernooi in Swaziland gaan deelneem. Hy is die eerste man uit die provinsie wat Protea-kleure kry en is ook die jongste speler in die geskiedenis van die sport in Suid-Afrika om die Protea-baadjie te kan aantrek. Lees meer
|
 |
Oud-Puk skitter "agter" die kameras "Daar is net iets omtrent regisseurwerk wat vir my werk, dit kom nogals natuurlik en ek is in my element wanneer ek dit doen." Só sê Sanet Olivier, oud-Puk en tans direkteur van Homebrew Films wat die nuwe televisieprogram, Shoreline, vir SABC2 gemaak het. Lees meer
|
 |
Vyftig jaar se kommunikasie-opleiding gevier Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is in September die tuiste van die South African Communication Association (Sacomm) se konferensie waartydens vyftig jaar se kommunikasie-opleiding in Suid-Afrika gevier word. Lees meer |
 |
Eerste swart viserektor vir teologiese skool Die teologiese skool op Potchefstroom het prof. Rantoa Letšosa as sy eerste swart viserektor aangestel. Letšosa is op die onlangse sitting van die kuratore van die teologiese skool vir die volgende drie jaar aangestel. Letšosa, ’n lektor in die vakgroep praktiese teologie, is nou ook lid van die uitvoerende komitee van die fakulteit teologie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Lees meer
|
 |
Carstens nuwe ondervoorsitter van SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n Gesoute taalkenner van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is die nuwe ondervoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Prof. Wannie Carstens, direkteur van die Skool vir tale, is vir die termyn van 2009 tot 2011 verkies. Hy is slegs die derde Pukpersoneellid wat hierdie eer te beurt geval het. Lees meer |
 |
Moloi passievol oor onderwysers en leerlinge Haar geesdrif en passie vir die onderwys oorweldig jou sommer met die intrapslag in haar nuwe kantoor. Die nuwe direkteur van die skool vir opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Connie Moloi, ’n kenner en deurwinterde navorser oor onderwysbestuur, se passie is om met minderbevoorregte en arm skole in moeilike sosio-ekonomiese toestande te werk. Lees meer |
 |
Nuwe Bakgat-film se tonele op die kampus verfilm Die Potchefstroomkampus was die afgelope week die tuiste van ‘n filmspan wat hier tuisgegaan het om tonele vir die fliek Bakgat 2 te verfilm.Soos in die vorige Bakgat-fliek is Ivan Botha weer in een van die hoofrolle – dié van Wimpie Koekemoer die rugbyspeler. Tonele is onder meer by die Piet Malan-gebou, die Fanie du Toit-sportterrein, in Loverslane, voor die hoofgebou en by Caput verfilm. Lees meer
|
 |
NWU-Puk spog met twee finaliste in ontwerpkompetisie Twee grafiese ontwerpstudente van die NWU-Puk is finaliste in vanjaar se Design Achiever Awards-kompetisie van die SABS Design Institute. Die finalejaarstudente, Freda Raubenheimer en Sophia Strydom, se ontwerpkonsepte is onder die finaliste in dié gesogte kompetisie. Lees meer
|
 |
NWU-Puk tref voorsorg vir varkgriepvirus Studente moet nie oorreageer of paniekerig raak oor die H1N1-virus (varkgriep) wat tans in die land voorkom nie. Volgens sr. Adele Burger, beroepsverpleegkundige by die gesondheidsorgsentrum op die kampus, is alle voorkomingsmaatreëls in plek indien studente met griepsimptome by die sentrum sou rapporteer. Lees meer
|
 |
Ingenieurskool ’n reuse sukses Leerlinge kon nie uitgepraat raak oor die ingenieurskool wat die fakulteit ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus aangebied het nie. Die 115 leerlinge tussen gr. 10 en 12 het elke dag roteer om verskeie pretprojekte aan te pak. Hulle het ’n motorkarretjie wat met ’n muisvalletjie aangedryf word en ’n klapskakelaar gemaak. Hulle het ook geleer hoe ’n rekenaarsimulasie-pakket wat op universiteitsvlak en ook in die industrie gebruik word, werk. Lees meer
|
 |
Wêrelde in dialoog by taalkongres bekyk Die Navorsingseenheid vir Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks het die afgelope vakansie ‘n suksesvolle kongres aangebied oor letterkunde en taalonderrig met die titel Wêrelde in Dialoog. Die doelwit van die geleentheid was om dialoog tussen die wêrelde van onderskeie skrywers, tale, vakgebiede en streke te bevorder as deel van die voortdurende gesprek oor letterkunde en taalonderrig in Suid-Afrika. Lees meer |
 |
Studentelewe na Innibos Al is die Innibos-kunstefees van Nelspruit nou iets van die verlede gaan nog baie jong mense van die NWU-Pukke onthou nadat Bouwer Bosch, hoofsanger van Straatligkinders, met ‘n funky nuwe NWU-Puk T-hemp op die verhoog verskyn het. Boonop is ‘n foto van Bosch met dié T-hemp wat hy “met trots aangetrek het” reeds sedert die naweek op die voorblad van Speakerbox, een van die gewildste aanlyn-tydskrifte vir musiek. Lees meer
|
 |
Sunette stel nuwe Afrika-rekord op Sunette Viljoen van die NWU-Puk het pas ’n nuwe Afrika-rekord tydens die jaarlikse Wêreld Studentekampioenskap in Serwië met haar spiesgooi opgestel. Sy het verras in die kwalifiserende ronde met haar gooi van 65.43m. Dit is ’n reuse verbetering van sowat drie meter op haar vorige beste van 62.24m verlede jaar. Lees meer
|
 |
Stoker op besondere wyse vereer vir Antarktiese navorsing ’n Besondere eer het prof. Pieter Stoker van die skool vir fisiese en chemiese wetenskappe van die Noordwes-Universiteit se NWU-Pukkampus onlangs te beurt geval. Die Suid-Afrikaanse nasionale Antarktiese program (SANAP) het besluit om hulle multidoel-saal na hom te vernoem en die vertrek is nou amptelik bekend as die Pieter Stoker SANAP-sentrum. Lees meer |
 |
NWU-Pukke behaal groot suksesse in Ussa-toernooie Studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het uitstekend gevaar in die toernooie van Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) tydens die vakansie. Die NWU-Pukke het vir die tiende jaar die karatetoernooi gewen en in Johannesburg by die Universiteit Johannesburg seker gemaak van die netbal- en rugbytitels. Lees meer
|
 |
PBS stel nuwe nagraadse diploma in bestuur bekend Die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) aan die Fakulteit Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe van die Noordwes-Universiteit begin in 2010 met 'n nuwe kwalifikasie gemik op voltydse NWU-studente. Die nuwe diploma is juis gerig om voltydse studente te akkommodeer wat in 2009 gradueer, maar hulself verder wil bekwaam. Lees meer
|
 |
Bekende sportfabriek smee bande met Dreamveldt-atletiekklub ’n Afvaardiging van ’n bekende sportfabriek in Swede was onlangs op ’n blitsbesoek in Suid-Afrika om handelsbande met die land te versterk. Die besturende direkteur van die Nordic sportfabriek, mnr. Andreas Eriksson, en sy verkoopsbestuurder, mnr. Erik Marklund, was ook in gesprek met mnr. Terseus Liebenberg, bestuurder van die Dreamveldt NWU-Pukke atletiekklub oor die moontlikheid van 'n borgskap om die bestaande fasiliteite op te gradeer. Lees meer
|
 |
Sewe atlete en afrigters na Serwië vir wêreldkampioenskap Sewe atlete en twee personeellede van die Potch-kampus van die NWU vertrek eersdaags na Belgrado in Serwië vir die jaarlikse Wêreld Studentekampioenskap, ook bekand as die Fisu-Universiade. Lees meer |
 |
Erica Magerman beste onnie ’n Student van die skool vir voortgesette onderwysersopleiding (SVO) aan die NWU-Puk is as die nasionale wenner in die kategorie uitmuntendheid in laerskoolonderrig aangewys. Erica Magerman van die Laerskool Aggeneys in die Noord-Kaap het dié toekenning van die nasionale onderwysdepartement ontvang. Lees meer
|
 |
NWU-Puk-professor ontvang navorsingsgeld van Google ’n Buitengewone professor by die fakulteit ingenieurswese, wat ook ’n kenner van taaltegnologie is, is deel van ’n elite groep navorsers wat ’n navorsingstoekenning van Google® ontvang het. Prof. Etienne Barnard is een van slegs twee navorsers by die WNNR, wat dié toekenning van Google van R1,2 miljoen ontvang het. Lees meer |
 |
Ingenieurs hou derde suksesvolle kollokwium Die skool vir chemiese en mineraalingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs hul derde suksesvolle kollokwium in samewerking met die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) aangebied. Die doel daarvan was om nagraadse studente die geleentheid te gee om hul titels vir registrasie en goedkeuring voor te hou en is die breinkind van prof. Quentin Campbell van die NWU. Lees meer |
 |
Madibeng baat by Ingenieurswese “Energie is die krag wat elke lewende ding aandryf en daar is baie wat ons kan doen om hierdie lewegewende bron behoue te laat bly,” sê Moses Monye, meestersgraadstudent in hernieubare energie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. “Die jeug, ons leiers van die toekoms, moet goed ingelig wees oor wat hulle kan doen om ’n verskil te maak.” Lees meer |
 |
Hedendaagse siektes onder soeklig Verskeie hedendaagse siektes relevant tot die land sal eersdaags onder die soeklig kom tydens ’n simposium by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Die skool vir farmasie bied die sesde jaarlikse simposium oor siektes relevant tot Suid-Afrika aan. Lees meer |
 |
Kerningenieur by NWU ontvang gesogte toekenning Werner van Antwerpen van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit het bewys dat hy 'n ware ambassadeur is toe hy onlangs die Harry Mandill-toekenning vir uitsonderlike meestersgraadnavorsing op die gebied van kerningenieurswese ontvang het. Van Antwerpen is tans 'n PhD-student in kerningenieurswese by die nagraadse skool vir kernwetenskap en ingenieurswese. Lees meer
|
 |
Russiese Ballet in Potchefstroom ’n Lieflike en unieke geleentheid doen hom voor vir balletliefhebbers om ’n optrede van die Imperial Russian Ballet Company op die NWU-Pukkampus te sien. Dié optrede word op Woensdag, 24 Junie in die Sanlam-Ouditorium gehou en word deur die departement kunste en kultuur van die NWU-Puk gereël. Lees meer
|
 |
Verskeie Puk-spanne doenig dié vakansie Die Potchefstroomkampus van die NWU neem gedurende die vakansie aan sewe USSA toernooie deel. Drie van die toernooie, rugby, netbal en muurbal, vind van 28 Junie tot 3 Julie by die Universiteit Johannesburg (UJ) plaas. Lees meer |
 |
Rektor kuier op geboortedorp van die Puk, 140-jarige feesvieringe skop af Prof. Annette Combrink, rektor, en ander lede van die kampusbestuur het einde verlede week teruggestap op die geskiedkundige pad na waar die eerste plantjie van die Puk geplant en begin groei het. Die bestemming was Burgersdorp, die plek in die Oos-Kaap waar twee dosente en vyf studente 140 jaar gelede aan die werk gespring het ná ‘n besluit van die Gereformeerde Kerk om ‘n teologiese skool te begin. Lees meer |
 |
Mnr. en Mej. Kampus 2009 Mooi meisies, sexy outjies, spoggerige klere en groot pryse. Dit is alles deel van Mnr. en Mej. Kampus wat vanjaar op 16 Julie in die Amfiteater plaasvind. Student ding jaarliks mee om die gesogte titel te verower en dus weg te stap met die groot pryse. Lees meer
|
 |
’n Hele week vol waardes Vanjaar se waardeweek wat in Mei op die kampus gehou is was weer eens ’n groot sukses toe studente opnuut herinner is aan die waardes waarna gestrewe moet word. Prinsipiële leiding (PL), ’n portefeulje van die studenteraad, reël jaarliks die week. Lees meer
|
 |
Jong mense gee om, wys PUKfm se Community Cuddle PUKfm het die afgelope tyd ‘n vindingryke projek op tou gesit om klere vir minderbevoorregte kinders in die Potchefstroom-omgewing in te samel. In hierdie projek is die leerlinge van onderskeidelik Hoër Volkskool en Potchefstroom Gimnasium aangespoor om groot kartondose met klere wat nie meer gedra word nie te vul. Lees meer |
 |
Wêreld tree in dialoog by NWU-Puk Vyf taalverenigings bied eersdaags ’n kongres met die titel, Wêrelde in dialoog, by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aan. Die verenigings is die Association of University English Teachers of Southern Africa (AUETSA), die South African Association for Commonwealth Language and Literature Studies (SAACLALS), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap, (SAVAL), die 4de Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig (SAVTO). Lees meer |
 |
Loreen in nasionale hokkiespan Loreen Irvine van die NWU-Puk hokkieklub is ingesluit in die nasionale span wat aan 'n Vier Nasie-toernooi in Durban deelneem. Die toernooi het Dinsdag, 2 Junie begin. Die ander lande wat deelneem is Argentinië, Indië en Australië. Lees meer |
 |
Vyf Puk-atlete tel onder wêreld se bestes Vyf atlete van die NWU-Puk is onder die twintig bestes ter wêreld in hulle onderskeie items. Dit is volgens die jongste atletiek wêreldranglys wat op 1 Junie vrygestel is. Lees meer |
 |
Oud-Pukke in nasionale rugbyspanne Verskeie oud-Pukke is Maandag in nasionale rugbyspanne of oefengroepe ingesluit. Die heel beste prestasie is dié van Deon van Rensburg wat as senter in die opkomende Bokke se span ingesluit is vir die wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus op 23 Junie. Van Rensburg spog met 'n meestersgraad in farmasie en het ook vir die NWU-Puk Rugbyinstituut uitgedraf. Hy is tans 'n voltydse rugbyspeler wat ook vanjaar Super 14-rugby vir die Lions gespeel het. Hy was ’n leerling van die HTS Potchefstroom. Lees meer
|
 |
Vorster is beste MBA-student vir 2009 Die beste presteerders van die Potchefstroom Besigheidskool se MBA-program is onlangs tydens ’n spoggeleentheid aangewys. Mnr. Christo Vorster was die toppresteerder wat die beste akademiese punt oor sy drie studiejare gehandhaaf het. Lees meer |
 |
Museums se deure op 20 Mei oopgegooi Prof. Annette Combrink, kampusrektor, het Woensdag (20 Mei) die universiteitsmuseum besoek en onder meer 'n erekleure-baadjie van toeka se dae oor haar skouers gegooi. Die geskiedenis van die Potchefstroomkampus van die universiteit dateer vanjaar 140 terug toe op 20 Mei 1869 besluit is om 'n teologiese skool in Burgersdorp te begin. Verskeie ander groepe, waaronder huiskomiteelede, het die museum besoek om meer van die Pukkampus se unieke geskiedenis te leer. Lees meer |
 |
TT Cloete word verras met sy eie gedigte Een van Suid-Afrika se mees bekroonde letterkundiges was "stomgeslaan” en het "soos 'n kind in verwondering gesit” toe hy tydens 'n huldigingsgeleentheid verras is met van sy eie gedigte wat spesiaal vir die geleentheid getoonset is. Prof. TT Cloete was Saterdagaand (16 Mei) deur familielede, kollegas, oustudente en jare lange vriende omring tydens die vertoning, Seer en Siter, wat deel gevorm het van die huldiging ter herdenking van sy 85ste verjaarsdag op 31 Mei. Lees meer |
 |
Taalman en twee voedingskenners met eredoktorsgrade vereer, Entrepreneur ontvang die kanseliersmedalje 'n Afrikaanse taalreus wie se werk “’n enorme inlvoed gehad het op die groei van insigte oor die ontwikkeling van Afrikaans” is Vrydag deur die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) vereer met ‘n eredoktorsgraad in Afrikaanse taalkunde. Nóg twee eredoktorsgrade is tydens die Herfsgradeplegtigheid toegeken aan proff. John H. Cummings van Dundee, Skotland, en Barrie M. Margetts van Southhampton, Engeland. Albei word bestempel as wêreldleiers op die gebied van voeding en het vername bydraes gelewer tot die totstandkoming van die NWU se bekende navorsingseenheid, Africa Unit for Transdisciplinary Health Research (AUTHeR). Lees meer |
 |
Dekaan wens graduandi geluk Prof. Petra Engelbrecht, dekaan van die fakulteit opvoedingswetenskappe, het personeellede van die fakulteit, wat tydens die laaste twee gradeplegtighede hul MEd- en PhD-grade verwerf het, tydens 'n spesiale geleentheid gelukgewens. Lees meer |
 |
NWU-Pukkampus ken drie eredoktorsgrade, 55 doktorsgrade Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het tydens die jaarlikse Herfsgradeplegtigheid altesame 55 doktorsgrade toegeken terwyl drie mense wat baanbrekerswerk op hul onderskeie gebiede gedoen het, met eredoktorsgrade vereer is. Tydens die geleentheid Vrydag is die kanseliersmedalje ook toegeken. Lees meer |
 |
NWU-Puk ken 55 doktorsgrade toe Altesame 55 doktorsgrade is Vrydag (15 Mei) deur die Potchefstroomkampus tydens die Herfsgradeplegtigheid toegeken terwyl drie mense, wat baanbrekerswerk op hul onderskeie gebiede gedoen het, met eredoktorsgrade vereer is. Tydens die geleentheid is die kanseliersmedalje ook toegeken. Sowat 'n kwart van die nuwe doktore is personeellede op die Potchefstroomkampus. Lees meer
|
 |
Malaria onder NWU-navorsers se soeklig Unieke navorsing van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het gelei tot ’n samewerkingsooreenkoms met ’n wêreldleier op die gebied van subtropiese siektes. Navorsers van die Puk het sowat R4,3 miljoen van die Innovasiefonds van die departement van wetenskap en tegnologie ontvang om hulle Pheroid™-tegnologie in samewerking met die Switserse Tropiese Instituut vir malaria-navorsing aan te wend. Me. Anne Grobler (foto) van die eenheid vir geneesmiddelnavorsing en -ontwikkeling, sê die Innovasiefonds sal die bilaterale verdrag namens die Suid-Afrikaanse regering met die Switsers hanteer. Lees meer
|
 |
Oud-lektor vereer vir werk om osoonlaag te beskerm 'n Voormalige NWU-Puk-professor in omgewingsbestuur het onlangs nuus gemaak toe hy ‘n gesogte internasionale toekenning van die Verenigde State se Omgewings-beskermingsagentskap (USEPA) ontvang het vir sy indrukwekkende bydrae om die osoonlaag te beskerm. Dr. Pieter Aucamp (foto), wat tans steeds 'n aanbieder van omgewings-bestuurkursusse by die Sentrum vir Omgewingsbestuur op die Potchefstroomkampus is, is die eerste Suid-Afrikaner wat die eer te beurt val. Lees meer
|
 |
Wêreldkampioenskap wink vir NWU-Puk-skaakspeler ‘n Tweedejaarstudent van die NWU-Puk is na Egipte op pad waar hy aan die Wêreld Amateurskaakkampioenskap gaan deelneem. Darren Bornheim (foto) is pas ingesluit in die o.20 Suid-Afrikaanse skaakspan en is slegs een van drie wat uit die ouderdomsgroep gekies is. Lees meer
|
 |
Nuwe dinamiese leier vir Jool Jool is een van die grootste aktiwiteite waarmee studente hulself elke jaar besig hou. ’n Hele week van goeie tye saam met vriende en dit alles vir ’n goeie doel. Wat meer wil jy hê? Natuurlik het ’n organisasie soos Jool ’n leier nodig. Thinus Dreyer (foto) is onlangs verkies as voorsitter van Jool vir die 2009/2010-termyn. Dit is ’n tawwe paar skoene om te vul, maar gelukkig is hy al vir drie jaar reeds op die NWU-Puk en was hy voorheen al betrokke by Jool. Lees meer
|
 |
Kultuuropskop oppi Puk soos min Die jaarlikse NWU-Puk-alumni kampustalentfees is een van die grootste dae in die dagboek van kultuurdiere op die NWU-Pukkampus. Die algehele wenners van vanjaar se kampus- talentfees was Hanika Froneman in die skeppende kategorie wat die visekanselierstrofee en ’n ATKV-naweek gewen het. In die uitvoerende kategorie het Trainsmash die rektorstrofee en ’n ATKV-naweek gewen. Lees meer |
 |
NWU-Pukrektor skenk ryding vir dapper gestremde student “Ek is vry! Die karretjie is só gerieflik en ek is nou vinnig by al die plekke waar ek moet wees.” Só sê Adri Visser, ‘n gestremde eerstejaarstudent, opgewonde oor die mobiele bromponie wat prof. Annette Combrink, kampusrektor, aan haar geskenk het. Adri is 21 jaar gelede sonder arms en net een voet gebore nadat haar ma tydens die swangerskap Duitse masels opgedoen het. Lees meer |
 |
SIFE verenig studente van die NWU SIFE-NWU is tans die enigste studentegedrewe organisasie is wat op al drie kampusse van die Noordwes-Universiteit (NWU) bestaan. SIFE het vyf jaar gelede op die Potchefstroomkampus begin en sluit nou ook lede van die Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus in. Lees meer |
 |
Rekordgetal besoekers by Opedag Die Potchefstroomkampus het met vanjaar se Opedag vir voornemende nuweling-studente weer die geskiedenis herskryf met ‘n rekordgetal besoekers wat hier toegesak het. Sowat 8 000 mense het Vrydag (1 Mei) die kampus besoek om meer inligting te bekom oor die verskeidenheid studierigtings, moderne geriewe en die unieke studentelewe wat die NWU ‘n gesogte tersiêre instelling maak. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke sorg vir groot medalje-oes Studente van die NWU-Puk het weer die afgelope tyd hul staal gewys met ‘n rits sportprestasies. Die ses NWU-Pukke wat onlangs aan die KWF Wêreldkampioenskap in Noorweë deelgeneem het, het ook uitstekend presteer. Sensei Johan van Tonder (foto), die spanbestuurder en NWU-Puk-afrigter, is baie tevrede met sy span wat die kampioenskap gewen het en altesame 26 medaljes teruggebring het – waarvan elf goue medaljes is. Lees meer
- Die NWU-Puk se rugbyspan speel vanaand (7 Mei) in Randfontein teen die plaaslike klub in die Goue Leeus se Pirates Groot Uitdaagliga.
|
 |
Drie NWU-Pukke in SA o.21-hokkiespan Drie spelers van die NWU-Puk hokkieklub is ingesluit in die SA o.21-span wat in Augustus aan die Wêreldbeker vir juniorvroue in Boston gaan deelneem. Hulle is van links, Celia Evans, Loreen Irvine, Fay Irvine en Sulette Damons. Fay is die nie-reisende reserwe vir die span en die suster van Loreen. Lees meer |
 |
Suzette ontvang meesterskleure Oud-Puk Suzette Prinsloo het onlangs haar nasionale meestersatletiekkleure ontvang vir haar prestasies in die middelafstande. Sy is lid van die NWU-Puk Meestersatletiekklub. Lees meer |
 |
Diversiteit in opvoedkundige navorsing en onderwysersopleiding onder die vergrootglas Die diversiteit in opvoedkundige navorsing en onderwysersopleiding is tydens die fakulteit opvoedingswetenskappe van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus se jaarlikse navorsingseminaar bespreek. Die uitdagings en geleenthede van dié onderwerp is deur sprekers uit die VSA, Verenigde Koninkryk, Ikeys, Kovsies en Unisa behandel. Op die foto is proff. Alfredo Artiles van die VSA en Mariëtte Lowes (viserektor akademie van die Potchefstroomkampus). Lees meer |
 |
Studente keer terug van uitruilbesoek aan Swede Twee studente van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het onlangs van ’n besoek aan ’n Sweedse universiteit as deel van ’n uitruilprogram teruggekeer. Die studente, Dorothy Koka en Anchen van der Walt, het September tot Desember 2008 by die Universiteit van Gävle in Swede spandeer. Hier is prof. Kobus Pienaar (dekaan van die fakulteit natuurwetenskappe) by Dorothy Koka tydens ’n sertifikaatoorhandiging. Lees meer
|
 |
Universiteit help behoeftige nagraadse studente Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n nagraadse leningskema in die lewe geroep om behoeftige studente te help om hul grade te voltooi. Die NWU het deur middel van die Nasionale Finansiëlehulpskema vir Studente (NSFAS) 'n vaste leningsbedrag aan die hand gedoen wat gekoppel sal wees aan studente se akademiese prestasie. Volgens mnr Danie Hefer (foto), hoof van Finansiële Steundienste op die Potchefstroomkampus, is daar baie studente wat as voorgraadse studente vir die NSFAS-beurslening gekwalifiseer het, en dit ook ontvang het, en wat kwalifiseer vir nagraadse studies op honneursvlak. Lees meer
|
 |
Die impak van ddt/malaria word hersien Kundiges van die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van Pretoria vorm deel van ’n internasionale groep wat die impak van ddt/malaria hersien. Prof. Henk Bouwman (foto) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is een van die kundiges wat navorsing doen oor die effek van DDT op mense en die omgewing wat in Suid-Afrika en Mexiko onderneem is. Lees meer
|
 |
"Biosafety South Africa" gee geld vir mielienavorsing ’n Navorsingstoekenning is aan die Skool vir omgewingswetenskappe en –ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit oorhandig om die impak van geneties gemodifiseerde (GM) Bt-mielies op nie-teikenorganismes te ondersoek. Prof. Johnnie van den Berg (foto) van dié skool sal die navorsing vir Biosafety South Africa lei. Prof van den Berg is een van die land se prominentste entomoloë en het reeds ’n goeie baanrekord in GM-verwante bioveiligheidsnavorsing opgebou het. Lees meer
|
 |
Deon Maas deel musikale kennis vir mahala Oud-Puk Deon Maas se produksiehuis, Meerkat Media, in samewerking met Mmino bied eersdaags ’n kort kursus in musiekbestuur aan. Die kursus word op Saterdag, 9 Mei gratis aangebied, hoewel studente wat belangstel voor die tyd moet registreer by www.mminobmw.co.za. Die doel van die werkswinkels is om studente bewus te maak van die sake-kant van die musiek-industrie sodat studente makliker hul voete kan vind as hulle daarin belangstel. Lees meer |
 |
Sunette in voorlopige SA-span na Wêreldkampioenskap Die NWU-Puk spiesgooier, Sunette Viljoen, is ingesluit in die voorlopige SA-span vir die Wêrelkampioenskap wat van 15 tot 23 Augustus in Berlyn in Duitsland plaasvind. Haar oefenmaat, Justine Robbeson, het weens haar elmboogoperasie nog nie hierdie seisoen eintlik deelgeneem nie, maar kan nog vir die finale span kwalifiseer. Lees meer |
 |
NWU-Pukke reken af met Vaal Reefs Die NWU-Pukke is veilig oor die tweede hekkie oppad na die nasionale klubkampioenskap. Die NWU-Pukke het Saterdag (2 Mei) met Vaal Reefs afgereken in die Luiperds se Uitspeelliga nadat hulle ook reeds teen Impala gewen het. Willem Barnard (foto) van die NWU-Pukke duik oor vir sy drie teen Vaal Reefs. Lees meer |
 |
Thalia-produksie gaan lagspiere prikkel As jy 'n aand van genot soek, moet jy seker maak dat jy nie Thalia se hoofproduksie misloop nie. Hierdie jaar se hoofproduksie gaan seker maak jy lê soos jy lag. Wanneer: 11 tot 16 Mei 2009; Waar: Totiussaal; Tyd: 18:30 vir 19:00; Kostes: R35; Navrae: Thalia-kantoor, Heimatgebou; Kaartjies beskikbaar by die Departement Kultuur in die Heimatgebou. Tel: (018) 299-2844. Lees meer |
 |
Egoli-ster sit saam in Big Prims Big Prims, die kompetisie waarna koshuisprims elke jaar uitsien, het aangebreek. Lindie van Eeden (foto) wat die rol van Karin Edwards in die sepie Egoli speel, gaan 'n dag saam met hulle deurbring. Lees meer |
 |
PUKfm bak 1 000 pannekoeke vir Katlego Meer as 'n duisend pannekoeke verder en ‘n kleuterskool kan nou na 'n mat uitsien om die ergste winterkoue te verdryf in die motorhuis waar 46 kinders versorg word. PUKfm het op Saterdag 25 April hul moue opgerol en sowat 83 dosyn pannekoeke gebak ten bate van Katlego-kleuterskool in die Ikageng-woongebied. Een van die kleuters (foto). Lees meer |
 |
Groot pos vir oud-Puk Duitser Bosman ’n Ou bekende by die NWU-Puk is pas aangestel as SA Rugby se skakelbeampte by die Britse Leeus vir hulle toer deur Suid-Afrika. Duitser Bosman (foto) sal die hele toer meemaak en sorg dat alles seepglad verloop vir die besoekers. Lees meer |
 |
Hoërskool Middelburg is NWU-Puk se eerstespan rugbykampioen Die eerstespan van die Hoërskool Middelburg het Maandag die titel as eerstespankampioen in die NWU-Puk Interprovinsialesportreeks verower toe hulle met 31-23 teen die Hoërskool Oos-Moot van Pretoria gewen het. Die eindstryd was die hoogtepunt van 'n dag propvol aksie op die Fanie du Toit-terrein van die Pukke waar die rugby, hokkie en netbalspanne van twaalf skole slaags geraak het. Henson Ngozo (foto) oppad na sy drie in die eindstryd van die NWU-Puk Interprovinsiale sportreeks op Potchefstroom. Foto: Piet de Jager. Lees meer |
 |
Nuwe netbal "Bokkie" vir NWU-Puk Chrisna Bootha (foto) is na 'n oefenkamp wat die naweek in Potchefstroom plaasgevind het, ingesluit in die Proteaspan wat binnekort aan 'n toernooi teen Botswana en Fidji gaan deelneem. Bootha klop al etlike jare aan die deur en het nou die deurbraak gemaak. Lees meer
|
 |
“Lighting a candle in a world of darkness” Dosente van die skool vir voortgesette onderwysersopleiding (SVO) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het besluit om die ekstra myl te stap om twee blinde studente met hul eksamen-aflegging te help. Me. Hettie Sieberhagen (foto), ’n dosent by dié skool, sê ’n fasiliteerder in Giyani, me. Jean Cumming, het hulle in 2006 vertel van twee blinde studente wat vir die nasionale professionele onderwysdiploma geregistreer het. Mnre. Ben Ngobane en Laurence Ntshani was destyds albei onderwysers by die Rivoni Society for the Blind naby Elim-hospitaal in Limpopo. Lees meer
|
 |
NWU gerekende leiers in die veld van kerningenieurswese ’n Doktorsgraadstudent in kerningenieurswese aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is pas aangewys as die enigste Suid-Afrikaner wat die land op ’n internasionale konferensie oor energetika sal verteenwoordig. Werner van Antwerpen (foto) sal Suid-Afrika verteenwoordig by die European Nuclear Education Network Association (ENEN) se internasionale konferensie op 5 Junie in Boedapest, Hongarye. Die NWU is die eerste tersiêre instansie buite Europese grense wat as lid van ENEN aangewys is en Van Antwerpen is die enigste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger wat deur ENEN-lede en beoordelaars gekies is om aan die konferensie deel te neem. Die NWU is ook die eerste Suid-Afrikaanse universiteit wat 'n eerstoel in kerningenieurswese by die Departement van wetenskap en tegnologie, asook die PBMR (Pebble Bed Modular Reactor) ontvang het. Lees meer
|
 |
Jong sanger presteer Judicious Matsie, 'n sangstudent van me. Santisa Viljoen (foto) by die skool vir musiek op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het tydens eksterne sangeksamens in 2008 buitengewone sukses behaal. Lees meer
|
 |
Diversiteit in opvoedkunde ondersoek Die diversiteit in opvoedkundige navorsing en onderwysersopleiding is die onderwerp van die fakulteit opvoedingswetenskappe se jaarlikse navorsingseminaar wat eersdaags aangebied word. Die uitdagings en geleenthede van dié onderwerp sal deur sprekers uit die VSA, Verenigde Koninkryk, Ikeys, Kovsies en Unisa behandel word. Die seminaar word op 29 April om 08:30 in die ou POK-hoofgebou aangebied. Vir meer inligting skakel Marichelle van de Venter by tel (018) 299-1890. Prof. Petra Engelbrecht (foto), dekaan van die fakulteit opvoedingswetenskappe sal die gaste verwelkom. Lees meer
|
 |
Beroepshigiëne wys hul staal Personeellede en oudstudente van die groep vir beroepshigiëne by die skool vir fisiologie, voeding en verbruikerswetenskappe het die afgelope tyd presteer en onderskeie toekennings huis toe gebring. Mev. Goitsemang Keretetse (foto), wat haar meestersgraad in beroepshigiëne verlede jaar aan die NWU-Puk voltooi het, is deur die SAIOH aangewys as Student van die Jaar. Lees meer |
 |
Bib maak kinderharte bly Mev. Suzette Coetzee (foto) van die Ferdinand Postma-biblioteek saam met Mama Dorah het vanjaar opnuut 'n klomp kinderhartjies blygemaak toe hulle 'n verskeidenheid kinderboeke, 'n CD-speler en CD’s aan 'n kleuterskool in Ikageng geskenk het. Die sowat sestig kleuters wat deur Mama Dorah ('n lid van Clover se Mama Afrika-projek) versorg word, se gesiggies het gestraal toe dié geskenke by hulle skool afgelaai is. Lees meer |
 |
Sweeftuig-dosent skitter met goue medalje Die dosent by die skool vir meganiese ingenieurswese wat homself al herhaaldelik onderskei het as voorste lugvaartkenner, is deur die Lugvaartvereniging van Suid-Afrika met die Neels van Niekerk Goue Medalje vir Uitmuntende Prestasie in lugvaartingenieurswese beloon. Die gesogte toekenning wat mnr. Attie Jonker (foto) van Jonker Sailplanes losgeslaan het, is slegs die derde van sy soort wat die afgelope twintig jaar toegeken is. Die lugvaartvereniging vier in 2011 hul honderdste bestaansjaar. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke klop moedige Impalas Die NWU-Puk se eerstespan is veilig oor die eerste hekkie op die pad na die nasionale klubkampioenskap ná hulle Saterdag die eerste uitspeelwedstryd teen Impala maklik met 41-22 gewen het. Die wedstryd het op Impala se tuisveld plaasgevind. Die NWU-Pukke het al ses hulle wedstryde gewen. Lees meer
|
 |
Ses akademici vereer deur Akademie vir Wetenskap en Kuns Ses akademici van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is vanjaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vir uitmuntende navorsing vereer. Dié personeel is benoem in kategorieë wat wissel van taalwetenskap, onderwys, wiskundige-, biologiese-, farmaseutiese en plantkundige wetenskap. Hulle sal die toekennings op 27 Junie tydens die Akademie se eeufeesvieringe in Bloemfontein ontvang. Lees meer
|
 |
USSA-atletiekuitslae bevraagteken Die finale uitslag van die spankompetisie van die onlangse USSA-atletiek in Stellenbosch word deur die bestuurder van atletiek van die NWU-Puk bevraagteken. Volgens Terseus Liebenberg is dit onmoontlik dat die NWU-Puk se vrouespan net derde kon eindig. Volgens sy berekeninge moes hulle ver gewen het. Dit sou dan ook beteken het dat die NWU-Puk algeheel moes wen. Lees meer
|
 |
Rektor skenk ruim aan DBV Die rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het ’n ruim skenking aan die dierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig om te help met die katteprobleem op kampus. Prof. Annette Combrink het R20 000 aan die DBV oorhandig om katte wat op kampus gevang word te versorg terwyl hulle wag om aangeneem te word. Die katprobleem het groot afmetings aangeneem omdat hulle al meer inteel en siektes kry. Lees meer
|
 |
Ingenieurs brou bier vir praktiese opleiding Die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus fokus daarop om praktiese en toepaslike opleiding aan studente te lewer. Die Skool vir chemiese- en mineraalingenieurswese het hierdie visie met oorgawe aangegryp deur 'n bierbrouprojek van stapel te stuur waar ingenieurstudente praktiese blootstelling kon kry met die fermentasieproses. Lees meer |
 |
Waanders deel kundigheid oor steenkoolnavorsing Die skool vir chemiese- en mineraalingenieurswese op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het bewys dat hulle gerekende wêreldkenners op die gebied van steenkoolnavorsing is. Prof. Frans Waanders (foto) is na die Fossil Fuel Foundation (FFF) se onlangse Indaba oor skoon steenkooltegnologie deur die media genader om sy vakkennis op RSG se joernaalprogram, Spektrum, te deel. Lees meer
|
 |
NWU-Pukke gereed vir Varsity Cup-eindstryd vandag Die NWU-Pukke se span is gereed vir vandag (30 Maart) se eindstryd om die Varsity Cup teen Maties in Stellenbosch. Dit is 'n wedstryd tussen kampioene - die NWU-Puk is die huidige nasionale klubkampioen en Maties die verdedigende Varsity Cup-kampioen. Onthou om te stem vir Mej. Pukke vir Miss Varsity Cup. Lees meer |
 |
Earth Hour 2009: Jy skuld die aarde, ondersteun Earth Hour op 28 Maart Sluit aan by prof. Annette Combrink (foto) en al die NWU-Pukke en ondersteun Earth Hour 2009 deur jou ligte op 28 Maart vir ’n uur vanaf 20:30 tot 21:30 af te skakel. Sit jou naam op Earth Hour se lys by www.earthhour.org.za en sluit by ’n miljard ander aan wanneer almal standpunt inneem oor klimaatsverandering. Luister na haar videoboodskap |
 |
Blikkies word kunswerke Studentekreatiwiteit het Woensdag (25 Maart) weer die botoon gevoer in die wandellaan tydens die jaarlikse Blikkieskosdag van SJGD. Derduisende blikkies is ingespan om vanjaar se tema, Rippel-effek, uit te beeld en terselfdertyd het die sleepkoshuise hul Canvas-skilderwerk gedoen. Lees meer
|
 |
Phakati maak al drawwende gereed vir Comrades Die NWU-Puk se mense kan op 24 Mei gerus die Comrades dophou wanneer Kaizer Phakathi, 'n deeltydse bode op die Potchefstroomkampus, sy tekkies aantrek om aan die gewilde gebeurtenis op die atletiekkalender deel te neem. Phakati (foto) het al minstens 2 500km gedraf as deel van sy voorbereiding vir vanjaar se Comrades. Lees meer
|
 |
Laat jou stem tel in die Varsity Cup Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die Varsity Cup se land? Met die rugbykoors wat nou éérs hoog loop nadat die NWU-Pukke Maandagaand in Kaapstad geskitter het op die rugbyveld is twee dinge in die teiken. Eerstens sal ons vyftiental Maandag (30 Maart) alles insit om vanjaar die wenbeker in Stellenbosch te verower. En tweedens is daar die Mej. Varsity Cup, wat tydens die eindstryd aangewys sal word. Die rugby babe van die NWU-Puk wat om die kroon meeding is Ilzé Saunders (foto). Lees meer |
 |
Grootste sosiale dag reuse sukses Die Potchefstroomkampus was verlede Vrydag (20 Maart) die gasheer van die grootste interkampus sosiale dag tot nog toe. Altesame 550 personeellede van die Noordwes-Universiteit se drie kampusse en die institusionele hoofkantoor het aan die pretdag deelgeneem en opnuut nuwe vriendskappe oor die kampusgrense heen gesmee. Onder die stappers was proff. Annette Combrink (kampusrektor), Marlene Viljoen (dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe) en Mariëtte Lowes (viserektor vir akademie). Lees meer
|
 |
Teologie-lesings fokus op Christus, die kerk, dood en opstanding en die voleinding Prof. Bram van de Beek van Nederland het die fakulteit teologie by die NWU-Puk onlangs besoek en as gasdosent lesings in sy vakgebied, dogmatiek, aangebied. Die lesings van 16 tot 19 Maart het veral gefokus op die leer aangaande Christus, die kerk, dood en opstanding en die voleinding. Lees meer |
 |
Jy skuld die aarde - ondersteun Earth Hour 2009 op 28 Maart 2009 is ’n waterskeidingsjaar wat klimaatsverandering betref. Aan die einde van die jaar vergader regerings by die Verenigde Nasies se klimaatskonferensie in Kopenhagen en dis hier waar wêreldleiers gaan onderhandel oor ’n nuwe klimaatooreenkoms om kweekhuisgasse te verminder. Op Saterdag, 28 Maart, van 20:30 tot 21:30, skakel miljoene mense wêreldwyd hulle ligte af vir Earth Hour 2009 en stuur só ’n kragtige visuele boodskap aan die wêreldleiers om klimaatsverandering hok te slaan. Lees meer <<Kyk Rektor se video>> |
 |
HOKK-oudit bykans voltooi Die paneel wat verantwoordelik is vir die Hoër Onderwys Kwaliteit-oudit het vandeesweek in die C1-gebou plek ingeneem vir die finale fase van die ouditproses. Lees meer |
 |
Van Huyssteen loop ekstra myl met Junkyard “Dit is vir my een van die lekkerste goed om te doen. Om ’n projek te beplan, dit deur te voer en te sien hoe dit geïmplementeer word. Dit is vir enige ingenieur lekker om te beleef.” So sê mnr. Piet van Huyssteen (foto), dosent in elektroniese ingenieurswese, oor sy betrokkenheid die afgelope drie jaar by die Siemens Cyber Junkyard-kompetisie. Dié gesogte kompetisie word sedert 2003 aangebied en die NWU-Puk het dit in 2006 en 2008 gewen. Lees meer |
 |
Tradisionele en inheemse kennis onder soeklig Die fakulteit regte aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het ’n konferensie oor tradisionele en inheemse kennis in die wetlike konteks aangebied en verskeie plaaslike en oorsese kenners het hulle kundigheid met kongresgangers gedeel. Prof. Annette Combrink, kampusrektor van die NWU-Puk, het die gaste verwelkom. Prof. Enyinna Nwauche van die River State Universiteit in Nigerië was onder die internasionale gaste (foto). Lees meer |
 |
NWU-Pukke maak skoonskip by MK Awards 2009 Die NWU-Puk het behoorlik naam gemaak tydens die jaarlikse MK Awards, die toekennings wat deur dié gewilde musiekkanaal van DStv, gemaak word. Nie net is PUKfm aangewys as die wenner van die Campus Hit-afdeling nie, maar het twee groepe wat hul wortels stewig op die kampus het, ook met toekennings weggeloop. Lees meer |
 |
Bekende skrywers tuis by skool vir tale Die NWU-Puk se Skool vir Tale is 'n plek waar mense met kreatiwiteit gewis nie die uitsondering is nie. Die skool spog met meer as 'n halfdosyn bekende Afrikaanse skrywers in hul geledere. Dié skrywers blink uit op uiteenlopende gebiede wat insluit digkuns, romans, jeugliteratuur en akademiese handboeke. Lees meer |
 |
NWU-Pukke verspeel kans op ’n tuis halfeindstryd Die eerste rugbyspan van die NWU-Puk het Maandagaand (16 Maart) met 17-13 teen die Universiteit van Kaapstad (UCT) in hulle Varsity Cup-wedstryd gewen. Die WNU-Pukke kon nie 'n bonuspunt kry nie en het dus nie verby die UCT-span op die punteleer geskuif nie. Lees meer |
 |
NWU-Pukke oes twaalf medaljes in Die provinsiale span van Atletiek Sentraal Noordwes (ASN) het sewentien medaljes by die SA Senior atletiekkampioenskap verower. Die NWU-Puk atletiekklub was vir twaalf daarvan verantwoordelik. Sunette Viljoen (foto) en André Olivier het die kwalifiserende B-standaard vir die Wêreldkampioenskap in Berlyn oortref. Viljoen het voorheen reeds die A-standaard oortref. Lees meer |
 |
2008 se grafiese studente blink internasionaal Die vakgroep grafiese ontwerp het onlangs spesiale erkenning aan hul beste gegradueerde studente van 2008 gegee. Hierdie toekennings is by 'n spesiale geleentheid na afloop van die gradeplegtigheid van die fakulteit lettere en wysbegeerte aan Marli Heunis, Melissa Maloney en Almari Cilliers gemaak. Van hul dosente, me. Louise-marie Combrink en mnr. Ian Marley (foto) was teenwoordig. Lees meer |
 |
Nuweling NWU-Puk gooi spies verder en verder Die Noordwes-Universiteit het vanjaar nog ‘n nuwe spiesgooi-sensasie ryker geword toe Ulrich Damon hom by die Dreamveldt NWU-Puk se atletiekklub aangesluit het. Die boorling van Stellenbosch spog met 'n rits rekords op sy kerfstok en het sy persoonlike beste afstand sedert die begin vanjaar herhaaldelik verbeter. Hy word bestempel as 'n besliste medalje-kandidaat tydens dié naweek se SA Senior-atletiekkampioenskap wat by die Coetzenburg-stadion in sy tuisdorp plaasvind. Lees meer
|
 |
Gee jou kreatiwiteit 'n hupstoot As jou lewe dol en deurmekaar is, kan jy in ’n kreatiewe omgewing by die sentrum vir kreatiwiteit op die Pukkampus van jou stres ontslae raak. Dié sentrum bied gehalte-kursusse met die hoogste kreatiewe standaarde aan wat kan meeding met enige van die voorste instansies in kreatiewe opleiding. Lees meer
|
 |
Lekker atletiek dié naweek Die Geelbladsye SA Senior atletiekkampioenskappe vind môre (13 Maart) en Saterdag (14 Maart) op Coertzenburg in Stellenbosch plaas. Atletiek Sentraal Noordwes (ASN) het 'n span van 52 atlete aangekondig vir die byeenkoms. Vier en veertig lede van die span is lede van die Dreamveldt NWU-Pukatletiekklub. Na verwagting behoort die span na aan 20 medaljes terug te bring: Atlete soos Sunette Viljoen (Spiesgooi), Thumelo Thagane (driesprong), André Oliver (800m) en Veronica Abrahamse (gewigstoot), wat onlangs by die NWU-Puk ingeskryf het, tel onder die heel bestes in hulle items in die land. Die jong Ulrich Damon van die NWU-Pukke is met sy persoonlike beste afstand van oor die 75 meter 'n besliste medalje- kandidaat. Justine Robbeson en haar afrigter, Terseus Liebenberg (foto), het die afgelope week aan die fynere detail van haar tegniek gewerk. Lees meer |
 |
NWU-Pukke kry voltal – deur na halfeindstryd Die NWU-Pukke het Maandagaand (9 Maart) op die TUT-stadion in Pretoria seker gemaak van 'n plek in die halfeindronde van die Varsity Cup. Hulle het 'n voltal van vyf punte verdien het toe hulle die span van TUT met 56-14 geklop het. Die NWU-Pukke se kaptein Willem van der Wal (foto) het sy gebruiklike uitstekende vertoning gelewer. Eerskomende Maandag (16 Maart) se bepalings van die Varsity-bekerkompetisie lyk soos volg: NMMU t UJ, NWU-Pukke t Ikeys, TUT t Shimlas, Tukkies t Maties. Lees meer
|
 |
Gesondheidsorgsentrum open 'nuwe’ deure Die nuwe gesondheidsorgsentrum op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is pas amptelik in gebruik geneem. Die sentrum is ’n lank gekoesterde ideaal van die kampusrektor, prof. Annette Combrink, wat in 2004 reeds begin vorm aanneem het. Prof. Annette (foto) klink ’n glasie op die opening van die gesondheidsorgsentrum. Lees meer
|
 |
Van Rooy werk aan projek vir Cambridge Universiteit Prof. Herrie van Rooy (foto) van die fakulteit teologie is uitgenooi om saam te werk aan ’n projek van die Cambridge Universiteit wat verband hou met Siriese manuskripte wat tans in Berlyn gehuisves word. Prof. Van Rooy werk tans aan 'n kritiese uitgawe van die Oos-Siriese Psalmopskrifte, met gebruikmaking van manuskripte uit veral die sesde tot dertiende eeu. Lees meer
|
 |
Oud-NWU-Puk medeskrywer van unieke boek 'n Oud-student van die NWU-Puk is die medeskrywer van die boek, Commentary on the Mine Health and Safety Act, wat einde verlede jaar gepubliseer is. Die boek van mnr. Phillip Masilo (foto) en adv. Gys Rautenbach behoort 'n leemte te vul op die gebied van gesondheid en veiligheid in die mynbedryf. Lees meer |
 |
Meer as 3500 grade hierdie maand toegeken Meer as 3500 grade word gedurende Maartmaand aan studente in al agt fakulteite van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit toegeken. Liezel Andrews en Elmarie Solomon (foto) het albei hulle grade in BCom finansiële rekenmeesterskap ontvang. Lees meer |
 |
Kinders gaan meer van omgewingsbestuur leer Die NWU-Puk en die Vrije Universiteit in Brussel het ’n ooreenkoms aangegaan waarin hulle laerskole meer bewus wil maak van hoe om omgewingsbestuur in skole te kan toepas. Op die foto word die ooreenkoms tussen die Vrije Universiteit in Brussel en die NWU-Puk deur prof. Luc Hens en die kampusrektor, prof. Annette Combrink onderteken. Agter staan dr. Schalk Raath van Museumpark, die derde vennoot in die ooreenkoms, en prof. Barry Richter, direkteur van die skool vir kurrikulumgebaseerde studies. Lees meer
|
 |
Bromponies en fietse weer gewilde vervoermiddels Almal op die NWU-Pukkampus sal saamstem dat die fenomeen van motorfietse en bromponies wat veral in die tagtigerjare ‘n gewilde vervoermiddel was, weer ‘n nuwe lewe gekry het deurdat al meer mense op die kampus daarvan gebruik maak. Lees meer |
 |
Oudstudent verower wêreldtoekenning 'n Oud-NWU-Puk wat bestempel word as die vader van inligtingstegnologie in Suid-Afrika se naam kan nou saam met die van Charlize Theron genoem word nadat hy 'n gesogte internasionale toekenning gekry het. Prof. Dewald Roode (foto) is in Parys, Frankryk, vereer met die LEO Lifetime Achievement Award, ‘n toekenning wat beskou word as die beste internasionale erkenning wat 'n inligtingstelselkenner kan ontvang. Lees meer |
 |
Ulrich Damon beïndruk atletiekwêreld Die belowende junior spiesgooier van die Dreamveldt NWU-Pukatletiekklub, Ulrich Damon (foto), het onlangs in sy tuisdorp Stellenbosch met 'n afstand van 74.78 m die atletiekwêreld van hom laat kennis neem. Lees meer |
 |
Eerste wenner in CTexT se OUPA-kompetisie aangewys Carla Matthee (foto), 'n derdejaarkommunikasiestudent, is die gelukkige wenner van R2 000 in die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) se OUPA-kompetisie wat op 28 Februarie tot 'n einde geloop het. Studente het wel 'n tweede kans om te wen deurdat die kompetisie vanaf 1 Maart 2009 herhaal word. Lees meer |
 |
NWU-Puk-krieketbestuurder as speler van die jaar aangewys Die krieketbestuurder van NWU-Puksport, Conrad de Swardt, is pas ingesluit in die SA Plattelandspan. Dié span is verlede week na afloop van die SA Platteland-toernooi in Vereeniging aangewys. De Swardt is ook as die speler van die toernooi en die speler van die jaar aangewys. Lees meer |
 |
DST besoek fakulteit gesondheidswetenskappe Die departement van wetenskap en tegnologie het die fakulteit gesondheidswetenskappe op die NWU-Pukkampus onlangs besoek om inligting aan navorsers, voor- en nagraadse studente deur te gee oor beurse en fondse wat die International Centre for Genetic Engineering and Biotechnology (ICGEB) beskikbaar stel. Prof. Marlene Viljoen (foto), dekaan van die fakulteit, het die DST-verteenwoordigers ontvang. Lees meer |
 |
|
 |
Potchefstroom-skole besoek die NWU-Pukkampus Nagenoeg 480 leerders van hoërskole in Potchefstroom het die NWU-Pukkampus vandeesweek besoek. Die leerders het verskeie fakulteite en dorpskoshuise besoek om hulle voor te berei op ’n keuse vir studies om aanstaande jaar te maak. Mnr. Johan Pyper (foto) en mev. Hannatjie Visagie van die departement bemarking en kommunikasie het die gaste op kampus ontvang. Lees meer
|
|