|
Nuusberigte van die Potchefstroomkampus is voortaan hier beskikbaar.
|
|
Kwaliteit moet botoon voer - nuwe rektor Prof. Herman van Schalkwyk is vandeesweek as die tweede rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ingehuldig. Van Schalkwyk het in sy inhuldigingsrede gesê kwaliteit behoort die botoon te voer in die visie van die universiteit. Lees meer
|
 |
|
|
Blikkieskosdag ’n rekord-wenner Studente van die Pukkampus het vanjaar ’n rekordgetal blikkies ingesamel tydens die jaarlikse SJGD Blikkieskosdag. Altesame 13 882 blikkies en pakkies pasta en sop van sowat R70 000 is dié dag ingesamel. Lees meer |
 |
|
|
Puk en Riaan Venter lewer tennis-fees Potchefstroom het van 6 tot 12 Maart Suid-Afrika se tennishoofstad geheet toe 128 raketswaaiers van regoor die wêreld aan die NWU-Puk en Riaan Venter se Junior Internasionale Tennis Federasie-toernooi deelgeneem het. Dié toernooi, wat op die NWU-Puk se Fanie du Toit-sportterrein aangebied is, is deel van die internasionale junior kalender waar daar deurgaans aan verskeie kompetisies om punte meegeding word, waarna die junior wenners aangewys word. Lees meer |
 |
|
|
Internasionale kenners gee groener as groen lig vir SVO programme Die Skool vir voortgesette onderwysers opleiding (SVO) van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het pas ’n uitstekende verslag ontvang ná vier internasionale kenners van afstandsonderrig die program en bedryf evalueer het. Lees meer |
 |
|
|
NWU open laboratorium vir produkontwikkeling- en vervaardiging ’n Laboratorium wat vervaardigers kan ondersteun om hulle mededingendheid plaaslike en internasionaal te verbeter is onlangs op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit geopen. Die dti Sentrum vir uitnemendheid in gevorderde vervaardiging (dti CoE) se laboratorium spesialiseer in ekstrusie, ’n prosesseringsproses wat in die voedsel-, voere-, plastiek- en spuitverfnywerhede gebruik kan word. Lees meer |
 |
|
|
Borgskap verskaf ‘positiewe vibrasies’ Die Skool vir meganiese ingenieurswese van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het twee nuwe instrumente en sagtewareprogramme, asook ’n ondersteuningsplan van ’n borg ontvang om studente met hul navorsing te help. Lees meer |
 |
|
|
Schutte lewer eersdaags intreerede ’n Trapsuutjies-benadering tot hipertensie is die titel van die intreerede van prof. Alta Schutte van die fakulteit gesondheidswetenskappe wat eersdaags gehou word. Schutte is ’n professor van fisiologie en nisarea-leier van die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART). Lees meer |
 |
|
|
Universiteite span saam om geletterdheidstoetse te ontwikkel Die Noordwes-Universiteit was onlangs deel van ’n span navorsers van vier universiteite in die land om ’n Inter-inrigtingsentrum vir taalontwikkeling en assessering (Inter-institutional Centre for Language Development and Assessment – ICELDA) te vestig. Prof. Johann van der Walt, hoof van die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk by die Skool vir Tale, sê navorsers van die multitalige universiteite van Noordwes, Pretoria, Stellenbosch en Vrystaat het saamgewerk om betroubare akademiese geletterdheidstoetse te ontwikkel. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Pukke weer teen Maties in halfeindstryd van Varsitybeker Die NWU-Pukke speel aanstaande week weer teen die Maties in die halfeindronde van die Varsitybekerrugbyreeks. Die ander halfeindstryd is tussen die Ikeys en Shimlas. Albei Kaapse universiteite sal tuisveldvoordeel in die laaste ronde hê. Die NWU-Pukke is so byna uitgeskakel nadat hulle met 17 – 33 teen die Maties die onderspit gedelf het. Indien daar ’n gelykopstryd tussen die Shimlas en UJ (met vier drieë elk) was, sou die Pukke uitgeskakel gewees het. Shimlas se oorwinning van 51 – 32 het sake egter verander, wat UJ na die vyfde plek laat val en die Pukke in die vierde posisie gelaat het. Lees meer
|
 |
|
|
Vierde generasie in oupagrootjie se toga ’n Toga wat al vir 62 jaar deur die kinders, kleinkinders en skoonkinders gedra is, is vanjaar deur die eerste agterkleinkind tydens sy gradeplegtigheidsgeleentheid op die NWU-Puk gedra. Dr. EA Venter was vir altesame 45 jaar verbonde aan die onderwys, waarvan sestien jaar by die destydse onderwyskollege was en hy ook ’n tydelike personeellid by die destydse PU vir CHO was. Hy het dié toga vir die eerste keer in 1948 gedra toe hy sy doktorsgraad verwerf het. Sy vrou, ouma Pietie, het die toga destyds vir ses pond by Davis en Lang in Potchefstroom gekoop en dit goedgedink om ’n stuk materiaal aan die binnekant daarvan vas te werk waarop almal se name deur die dekades heen geskryf is. Dié toga het vandag al sestien grade en twee diplomas “ontvang”. Net vyf daarvan was nié aan die Puk nie. Die tweede generasie wat die toga gedra het was Venter se seun, Albie, in 1982 met die ontvangs van sy MCom-graad, sy dogter, Anelia Kilian, in 1981 vir haar HOD in musiek, sy skoonseun, Org Kilian, in 1968 vir sy MEd en in 1969 vir sy DEd. Lees meer
|
 |
|
|
Fakulteit op skildery uitgebeeld Die fakulteit gesondheidswetenskappe het pas ’n baie spesiale skildery aan die fakulteit se dagbestuur en die viserektor: onderrig-leer, prof. Mariëtte Lowes, bekendgestel. Prof. Marlene Viljoen sê die skildery is ’n uitbeelding van die fakulteit met sy diversiteit en aktiwiteite. Dit is die eerste keer dat die fakulteit in sy tien jaar se bestaan as geheel uitgebeeld word. Lees meer
|
 |
|
|
Oud-Matie nou buitengewone professor by teologie ’n Afgetrede dosent aan die fakulteit teologie aan die Universiteit van Stellenbosch is pas aangestel as buitengewone professor in praktiese teologie op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit. Prof. Rian Prins (72) is vanaf 1 Maart aangestel. Hy word beskou as dié kenner van jeugpastoraat en die pastorale bediening van adolessente in Suid-Afrika. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puk is Golden Key se studenteleier van die jaar ’n Student van die NWU-Puk is pas deur Golden Key Suid-Afrika aangewys as die studenteleier van die Jaar 2009. Ryan Meintjes is vanjaar besig met sy BCom-honneursgraad in ekonomie en voltooi ook sy vierdejaar LLB. Ryan was die vorige jaar (2008) die pryswenner in die regsstudie-kategorie van die Sasol Golden Key-toekennings. Lees meer |
 |
|
|
Nasionale vierkuns vir NWU-Puk Die NWU-Pukke het vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar die ATKV Nasionale Debatkompetisie vir universiteite in Stellenbosch gewen. Die vyf universiteite wat deelgeneem het, is Kovsies, Maties, NWU-Puk, Tukkies en UJ. Die uitdunrondtes het op 5 Maart in die Neelsie op die Stellenbosch-kampus plaasgevind. Die beoordelaarspaneel het kundiges ingesluit soos Ruda Landman, Johann Symington en dr. Pieter Moller. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Pukke ransel TUT af Die NWU-Pukke het ’n punt gehad om te bewys met hulle oortuigende wen van 49-17 teen die besoekers van Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Maandagaand (8 Maart) se tuiswedstryd. ’n Driekuns deur die nwu-Puk-slot Francois Robbertse, wat die kaptein Dirco Rautenbach vervang het, het die wind uit die seile van die Pretorianers gehaal. Hy het telkens die bal uit kragtige losskrums ontvang. Die voorspelers het ook vir die drieë van nommer agt, PJ van Zyl, en Robbertse se plaasvervanger, Thabo Molete, gesorg. Lees meer
|
 |
|
|
Stilfonteiners kuier saam Vyf personeellede van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit, wat op Stilfontein groot geword het, het onlangs hulle eie reünie in die kleine gehou. Dié vyfman(en vrou)skap was almal in matriek op Stilfontein. Prof. Leon van Rensburg van die Eenheid vir omgewingswetenskappe en -bestuur, is die jongste en was in 1984 in matriek, gevolg deur prof. Esmé van Rensburg van psigologie in 1977, prof. Carel Schoeman van stads- en streekbeplanning en prof. Gerrit Ferreira van publiekreg, albei in 1968, en dr. Tom Larney van die Ferdinand Postma-biblioteek in 1964. Lees meer
|
 |
|
|
Meyer help rekreasie in SA lei ’n Bekende in rekreasiekunde en dosent by die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit is pas tot adjunkvoorsitter van ’n nuwe vereniging oor ontspanning en rekreasie verkies. Prof. Charle Meyer van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap, was met vele gesprekke en onderhandelinge deel van die totstandkoming van die Leisure and Recreation Association of South Africa (LRASA). Hy het vir etlike maande met van sy kollegas regoor Suid-Afrika onderhandel om dié vereniging tot stand te bring. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puk en Universiteit van Gent teken ooreenkoms ’n Ooreenkoms van etlike miljoene rand is met die Universiteit van Gent in België aangegaan om swart akademici in die veld van bedryf- en kliniese sielkunde op te lei. Prof. Jaco Pienaar van WorkWell, die navorsingseenheid vir ekonomiese en bestuurswetenskappe, sê onderhandelinge is sowat twee jaar gelede met prof. Johnny Fontaine van die Universiteit van Gent begin om navorsing oor kruiskulturele emosionele vaardighede te doen. Lees meer
|
 |
|
|
Studente kry toegang tot praktykgerigte bestuursopleiding Die nuwe voltydse nagraadse diploma in Bestuurswese wat vanaf vanjaar op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied word, geniet groot aanhang as alternatief vir 'n honneursgraad. Lees meer
|
 |
|
|
Meer as 4 100 grade in Maart toegeken Meer as 4 100 grade word vanjaar tydens die Maart-gradeplegtigheidsgeleentheid op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit toegeken. Die meeste grade word in die fakulteit gesondheidswetenskappe toegeken waar 1 110 studente hulle kursus suksesvol voltooi het. Lees meer
|
 |
|
|
Sediba ontvang R1.3 miljoen van Vodacom Stigting Die Sediba-program op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het pas ’n reuse inspuiting van bykans R1.3 miljoen van die Vodacom Stigting ontvang. Die Sediba-program van die skool vir fisiese en chemiese wetenskappe lei onderwysers in wiskunde en natuurwetenskap op met die doel om hulle van ’n driejarige onderwysdiploma tot ’n vierjarige onderwyskwalifikasie (gevorderde onderwyssertifikaat) op te gradeer. Lees meer |
 |
|
|
CTexT™ kry kontrak van R5 miljoen Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het stof in oorsese kenners se oë geskop met ’n kontrak van R5 miljoen wat die departement vir kuns en kultuur aan dié sentrum vir tekstegnologie toegeken het. ’n Projekvoorstel is in Oktober verlede jaar op uitnodiging van die DKK ingedien vir die ontwikkeling van herbruikbare tekshulpbronne vir die taaltegnologie-industrie. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Pukke weer derde op punteleer Die mistroostige vertoning van die rugbyspan van die NWU-Pukke het Maandagaand (1 Maart) voortgeduur in hul Varsitybekerwedstryd teen 'n ewe lustelose Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU). Die NWU-Pukke het die wedstryd met 21-34 in Port Elizabeth gewen. Hoewel die NWU-Pukke daarin geslaag het om die volle punte vir die liga te kry en sodoende hul hoop vir 'n halfeindstryd lewendig gehou het, het die NMMU hul eerste ligapunte in die reeks behaal. Lees meer |
 |
|
|
Biosafety SA maak tweede toekenning aan NWU-Puk Die skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het nog ʼn toekenning vir navorsing oor geneties gewysigde (GM)-verwante bioveiligheid ontvang. Die projekbestuurder van Biosafety South Africa , dr. Anita Burger, sê die interdissiplinêre benadering van dié skool tot GM-navorsing is besig hulle as die leidende omgewingsbioveiligheid-navorsingsgroep in die land te vestig. Lees meer
|
 |
|
|
Sowat 700 leerders besoek kampus Bykans 700 leerders van skole in en om Potchefstroom het die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit Woensdag (17 Februarie) besoek. Leerders het die onderskeie fakulteite op die kampus besoek en ook kennis gemaak met die studentelewe op die kampus. Onderwysers en hoofde wat die leerders vergesel het, het ook kennis gemaak met die NWU se loopbaansentrum. Lees meer |
 |
|
|
SJGD-bustoere 2010 ’n sukses Ten spyte van regte eendeweer het vanjaar se SJGD (Studente Joolgemeenskapsdiens) bustoere uitstekende verloop. Vyftien busse het die eerstejaarstudente van die NWU-Puk opgelaai om in elke windrigting rondom Potchefstroom te neem. Die studente het die gemeenskapsprojekte van SJGD besoek om hulle bloot te stel aan die werk wat daar in die gemeenskap gedoen word. Lees meer
|
 |
|
|
Personeel, studente blink by SAGP-kongres Personeel en studente van die skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het bykans skoonskip gemaak tydens die onlangse kongres van die Suid-Afrikaanse Genootskap van Plantkundiges (SAGP). Die NWU het twee van die vier afdelings vir plakkaatpryse gewen. Lees meer |
 |
|
|
Eerste Aktuarisse by NWU-Puk aangestel Die Potchefstroomkampus van die NWU het onlangs twee aktuarisse in die akademiese personeel van die Sentrum vir Bedryfswiskunde en Informatika (BWI) aangestel. Mnr. Robert Maxwell en me. Janette Larney, is die eerste aktuarisse wat in die bestaan van die universiteit as akademiese personeel aangestel is. Albei is lede van die Institute of Actuaries, asook lede van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Puk alumni proe wyne Die wyngilde van die NWU-Puk Alumni op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het hul eerste proe-geleentheid van die jaar aangebied. Me. Junel Vermeulen van De Waal Kelders het die proe by Christa Galli aangebied en ‘n verskeidenheid wyne is geproe. Die volgende proe is op 10 Maart by Christa Galli waar wyne van Meerkat geproe sal word. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Pukke kies gedugte senterpaar, slaggereed vir NMMU Die NWU-Pukke se skoknederlaag teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die Varsitybeker het sy tol geëis, met niks minder nie as sewe veranderinge aan die beginspan wat die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) Maandag (1 Maart) pak. Na hul nederlaag met 23-22 en hul powere vyfde plek op die punteleer is Rudy Joubert, afrigter, genoodsaak om die snoeiskêr in te lê ten einde die NWU-Pukke se aanspraak op 'n plek in die halfeindstryd lewend te probeer hou. Lees meer
|
 |
|
|
De Ridder tel onder veertien bestes in wêreld Die direkteur van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is tans een van slegs veertien antropometriste met ’n vlak 4-kwalifikasie in die wêreld. Hy is ook die enigste in Afrika. Prof. Hans de Ridder sê ’n internasionale paneel het dié besluit geneem gegrond op die feit dat hy homself eers as internasionale instrukteur (of ’n vlak 3) moes kwalifiseer. Lees meer
|
 |
|
|
UJ knou NWU-Pukke se aanspraak Die NWU-Pukke se hoop op ’n tuishalfeindstryd in vanjaar se Varsitybeker-reeks is Maandagaand in Potchefstroom aan flarde geruk, toe hulle met 23-22 deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) verras is. Lees meer
|
 |
|
|
Personeel vir bykans 3 000 jare se diens vereer Altesame 185 personeellede met ’n totaal van bykans 3 000 jare diens, het vanjaar toekennings van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit ontvang. Me. Sandra Rossouw was die enigste kandidaat wat vereer is vir veertig jare diens by die universiteit. Lees meer
|
 |
|
|
Vorster deel kundigheid met wêreldgesondheidsorganisasie Een van die land se voorste navorsers op voedingsgebied is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gevra om haar kundigheid met hulle te deel. Prof. Esté Vorster, direkteur van die Sentrum van uitnemendheid vir voeding op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is die enigste wetenskaplike van Afrika wat vir twee jaar op die Kundige adviesgroep vir voedingsvoorligting sal dien. Lees meer
|
 |
|
|
Potgieter gaan SA ruimtewetenskap-gemeenskap verteenwoordig Prof. Marius Potgieter van die navorsingseenheid vir Ruimtefisika op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is deur die Nasionale Navorsingstigting aangewys om in Julie 2010 die Suid-Afrikaanse ruimtewetenskap-gemeenskap gedurende die algemene vergadering van COSPAR in Bremen, Duitsland, te verteenwoordig. COSPAR is die internasionale komitee vir ruimtenavorsing wat in 1985 in Londen gestig is as die eerste wetenskaplik georganiseerde tree die ruimte-eeu in. Sedertdien is 'n algemene vergadering al om die ander jaar byeengeroep en georganiseer. Lees meer
|
 |
|
|
CTexT weer aan die voorpunt Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het weer eens sagteware ontwikkel wat Suid-Afrikaners in staat sal stel om tegnologie in die taal van hul keuse te laat werk. CTexT™ het onlangs, in samewerking met hul vennote in die taalkunde, speltoetsers vir nege Suid-Afrikaanse tale ontwikkel vir gebruik saam met Microsoft® Office-programme soos Microsoft Word®. Hierdie speltoetsers, tesame met die Afrikaanse een wat deel uitmaak van CTexT™ se Afrikaanse SkryfGoed 2008, sal enigiemand wat dokumente in Afrikaans, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda of Xitsonga tik, help om hul skryfvaardighede te verbeter deur spelfoute te merk en alternatiewe moontlikhede voor te stel. Lees meer
|

|
|
|
NWU ernstig oor bloeddrukkliniek Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n werkswinkel aangebied om beplanning rondom die vestiging van ’n bloeddrukopleidingskliniek op die kampus te doen. Navorsers van die navorsings-nisarea, HART (Hypertension in Africa Research Team), en die fakulteit gesondheidswetenskappe, het ’n spesialis op dié gebied, prof. John Reid (MD) van Glasgow, Skotland genooi om sy kundigheid oor die moontlike vestiging van ’n bloeddrukkliniek met medici en navorsers te deel. Prof. Leoné Malan van HART het gesê hulle het reeds in beginsel toestemming van die NWU ontvang om so ’n kliniek te vestig, maar dat kundige advies noodsaaklik is in die beplanning en bestuur van so ’n kliniek. Lees meer
|
 |
Gemengde welslae vir NWU Puk-krieket Die krieketspanne van die NWU-Puk het die naweek gemengde welslae behaal in Senwes se 65 boulbeurt-liga. NWU Puk 1 het Saterdag (13 Februarie) ’n onbesliste uitslag in hul wedstryd teen Potch Dorp bewerkstellig, maar Ibbies is met ’n beurt en 124 lopies deur Impala 2 geslag. Nicky van den Bergh se span het ’n gedugte 296/9 in hul eerste beurt op die NWU Absa-ovaal aangeteken, danksy die veelsydige Jan-Hendrik Steenkamp se 82 lopies (83 minute, 71 balle, 13 x 4, 2 x 6). Steenkamp en Stefan Gericke (49, 83 m, 74 b, 3 x 4, 1 x 6) het die Pukke met ’n vennootskap van 116 lopies om die sewende paaltjie gered, nadat die tuisspan vroeër gevaarlik op 151/6 gewankel het. Lees meer
|
 |
|
|
Sukkelende NWU-Pukke bo in rillerstryd Die NWU-Pukke het hul aanspraak op die Varsitybeker gisteraand met ’n riller sege oor die Shimlas lewend gehou, maar nie voordat die Potchefstromers meer as ’n halfuur van hul vrotste rugby vanjaar opgedis het nie. Die NWU-Pukke was uiteindelik met 17-16 baas, nadat die Bloemfonteiners feitlik die hele eerste helfte oorheers het en na net 15 minute reeds met 10-0 voor was. Lees meer
|
 |
|
|
Villagers, Bellatrix laat ander water trap Villagers en Bellatrix se swemmers het die byeenkoms vir eerstejaars onlangs oorheers. Dié dorpskoshuise het verlede Woensdag in die POK-swembad geseëvier, ná hulle ook vroeër in die eerstejaarsatletiek koning gekraai het. Villagers het met hulle aartsvyande, Heimat (tweede) en Veritas (derde), afgereken, terwyl Bellatrix vir Oosterhof (tweede) en Dinki (derde) uitgestof het. Lees meer
|
 |
|
|
Boere-Fin steeds tuis in Potch Sy Fins verbeter daagliks en hy sal moeilik afskeid neem van sy gunsteling forelhengelplek, maar Gerbrand Grobler verkies steeds die Afrikaans, son en biltong van Potchefstroom. Dié 27-jarige Noordwester wat (soos meeste van die land se voorste jong spiesgooiers) sy tande by die NWU-Puk se spiesgooi-ghoeroe, Terseus Liebenberg, geslyp het, keer eersdaags terug na Finland waar hy die afgelope vyf jaar woon. Grobler en Hanna, sy vrou van twee jaar, het hul voorseisoen voorbereiding die afgelope maand saam met van die beste Europese atlete in Potchefstroom kom doen. Lees meer
|
 |
|
|
Puk Kunste vier dertig jaar Puk Kunste bied later vanjaar vier uitsonderlike konserte aan om sy dertigste bestaansjaar te vier. Drie van die konserte word in April aangebied en die vierde projek in Augustus vanjaar. Dié departement het onlangs ook sy naam verander van die departement kultuur of die kultuurkantoor soos dit bekend was. Die direkteur van Puk Kunste, mnr. Horst Bütow, sê die naamsverandering was nodig omdat hulle hoofsaaklik met die kunste werk en die woord kultuur ’n baie breë begrip is wat oor tyd ’n ander betekenis gekry het. “Ons taak is om die kunste te bevorder en nie breë kultuur nie.” Lees meer
|
 |
|
|
Spiesgooiers maak geskiedenis Twee NWU-Puk-spiesgooiers het Woensdag (10 Februarie) geskiedenis gemaak, deur die eerste Suid-Afrikaanse vroue te word om albei verder as 60 m te gooi op dieselfde byeenkoms. Sunette Viljoen en Justine Robbeson het met dié uithalervertonings, tydens die Sentraal-Noordwes se seniorkampioenskap op die Puk-McArthur-stadion, ook gekwalifiseer om later vanjaar aan die Statebondspele in Nieu-Delhi, Indië deel te neem. Viljoen se gooi van 61.64 m het aan haar die eerste plek besorg, met Robbeson (60.05 m) kort op haar hakke. Dié blondekop het egter in die vroue-gewigstoot koning gekraai met ’n afstand van 14.67 m. Lees meer
|
 |
|
|
Rudy trek Lions-yster nader Die NWU-Pukke het vandeesweek ‘n noodsein aan die Leeus-losvoorspeler Thabo Mamojele gestuur, ná hul Varsitybeker-nederlaag Maandag (8 Februarie) teen die Universiteit van Kaapstad. Die 23-jarige Mamojele was die afgelope maand deel van die Leeus se voorbereiding, maar is nie ingesluit in Dick Muir groep vir die Super14-groep nie. Hy het reeds Curriebekerrugby gespeel vir die Sharks, Valke en Luiperds en sal Maandag (15 Februarie) vir die NWU-Pukke teen Shimlas uitdraf. Lees meer
|
 |
|
|
Rektor se Puk en Pukkie skop elders nes Oosterhof Dameskoshuis op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universieit se verwelkomingsgeskenk aan die nuwe rektor tydens die koshuise se rektorsgroet het nuwe skropplek by Strydomhuis op die kampus gekry. Die twee kuikens, wat prof. Herman van Schalkwyk Puk en Pukkie gedoop het, is Woensdag (10 Februarie) in die sorg van me. Jo-Anne Lindeque van NWU-Welstand gelaat. Ander hoenders loop ook in die omgewing van Strydomhuis rond en hopelik sal hulle vir Puk en Pukkie onder hulle vlerk neem. Lees meer
|
 |
|
|
Joubert hou snoeiskêr vir eers in laai Daar is geen rede tot kommer in die NWU-Puk-kamp nie, ondanks dié span se vernederende nederlaag in sy Varsitybeker-wedstryd teen Ikeys Maandag (8 Februaie) in Kaapstad. NWU-Puk I het dié wedstryd met 18-11 verloor, en was ’n skadu van die span wat net ’n week vroeër op dramatiese wyse met Tukkies afgereken het. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puk Alumni klubkampioenskap Die NWU-Puk Alumni-gholfklub het onlangs sy jaarlikse klubkampioenskap gespeel.Reën het die spel ontwrig, maar die spelers kon hulle spel klaarmaak. Die kampioenskap is in vier afdelings beslis, ’n vroue-afdeling en drie afdelings volgens spelers se voorgee. ’n Nuwe klubbestuur is tydens die jaarvergadering verkies. Leon Bevan is die nuwe voorsitter, Hennie Kruger die addisionele lid en Frik Prinsloo namens die NWU-Puk Alumni-kantoor. Lees meer
|
 |
|
|
15 000 valkies is verstommende gesig Dierkundestudente het vanjaar sowat 15 000 Oostelike Rooipootvalkies getel wat jaarliks na ’n boom in Ventersdorp migreer. Prof. Henk Bouwman van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit sê dié valkies is op 23 Januarie getel. Lees meer
|

|
|
|
"Karakter" bou vanjaar wenvlot Vanjaar se Jool-vlotte het weer eens die oog gevang met die kreatiewe skeppings van die tema, Ongekend. Die sleepkoshuis, "Karakter", van Kasteel en Ratau Leboné het met die louere weggestap en die wenvlot met die tema, "hemel-en-hel", gebou. "Grhom-vir-my" met Hombré en Vergeet-my-nie was tweede en "Wil-de-Trix" met De Wilgers en Bellatrix het die derde plek verower. Lees meer Kyk nog Joolfoto's
|
 |
|
|
NWU-Pukke wil Ikey-angel trek Die opdrag aan die NWU-Puk se Varsitybekerspan, op die vooraand van hul kragmeting met die Universiteit van Kaapstad, is eenvoudig: trek die Ikeys se angel agterlangs en têkkel vir ‘n vale. Dié twee spanne is Maandag in die Moederstad slaags, ná die Pukke se dramatiese sege met 35-24 oor Tukkies in Pretoria vroeër vandeesweek. ’n Driekuns van drieë deur die kwiksiler-skrumskakel, Andries Mahoney, het aan die besoekers dié oorwinning besorg, nadat vrot verdediging in die tweede helfte toegelaat het dat die Pretorianers ’n vroeë agterstand van 7-21 uitwis. Lees meer |
 |
|
|
Ingenieurswese lewer internasionale prestasie ’n Nagraadse student van die fakulteit ingenieurswese op die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit se doktorale proefskrif is onlangs as een van die drie bestes in die wêreld aangewys. Dr. Pieter Fick het sy doktorsgraad in September 2008 ontvang waarna sy proefskrif, Control systems trip management in the chemical industry, tydens ’n internasionale ingenieurskompetisie van ASEM (American Society of Engineering Managers) as een van die drie bestes aangewys is. ASEM bied jaarliks ’n konferensie in Amerika aan en die West Point militêre akademie in die VSA het versoek dat studente wat in 2008 hul doktorsgraad verwerf het, vir ’n kompetisie moet inskryf. Lees meer
|
 |
|
|
Alt-Heid Ver-lief wen eerstejaarskonsert Die eerstejaarskonsert het vanjaar weer eens vir groot opwinding gesorg onder koshuise en veral die eerstejaars. Dit is egter Veritas en Heide (Alt-Heid Ver-lief) wat as wenners uit die stryd getree het. Dit was geen verrassing nie aangesien hulle ook in die meerderheid van die ander kategorieë gewen het. ’n Driekuns van drieë deur die kwiksiler-skrumskakel, Andries Mahoney, het aan die besoekers dié oorwinning besorg, nadat vrot verdediging in die tweede helfte toegelaat het dat die Pretorianers ’n vroeë agterstand van 7-21 uitwis. Lees meer
|
 |
|
|
Velodrome en BMX-baan moontlik binnekort ’n werklikheid ’n Buitenshuise BMX Super Cross-fietsrybaan en Afrika se eerste binnenshuise hout-fietsrybaan of Velodrome, sal volgens plan moontlik voor die einde van die jaar op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit opgerig word. Dr. Theuns Eloff, visekanselier van die NWU, het verskeie hooggeplaastes in fietsrykringe onlangs by die NWU ontvang. Lees meer |
 |
|
|
Rugby-profiel: Andries Mahoney Hy is alles behalwe ‘n oornagheld, sê Andries Mahoney, uithaler-skrumskakel van die NWU-Puk. Mahoney (25) het die NWU-Pukke Maandag, met ‘n driekuns van drieë, feitlik eiehandig na ‘n sege in hul eerste Varsitybeker-wedstryd teen Tuks gelei. Die NWU-Pukke was met 24-21 agter, voordat ‘n blitzkrieg van twee Mahoney-drieë in 10 minute die besoekers met 35-24 laat seëvier het - hul eerste oorwinning oor die hoogaangeskrewe Pretorianers in drie jaar. Lees meer Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings
|
 |
|
|
Nuwe rektor wil suksesse steeds verbeter "’n Goeie universiteit word gekenmerk vir sy uitnemendheid wat hy met die kundigheid van sy personeel en studente lewer. Ons moet voortgaan om die kwaliteit en kwantiteit van ons uitsette te verbeter." Prof. Herman van Schalkwyk, nuwe rektor van die Pukkampus van die Noordwes-Universiteit, het tydens die amptelike opening van die akademiese jaar op Woensdag 3 Februarie gesê daar is geen plaasvervanger vir uitnemendheid nie en dit kan alleen gemeet word as daar duidelike doelwitte gestel word. Van Schalkwyk sê om dit te bereik moet internasionale uitreikprogramme en -samewerking verhoog word en moet daar voortgegaan word om die beste werkswyse te vind om dit te doen. Lees meer Klik hier om die Rektor se volledige toespraak te lees
|
 |
|
|
Mahoney-blitzkrieg sink Tukkies Vind ‘n manier om die NWU-Puk-blitsbuks, Andries Mahoney, hok te slaan of skryf die Varsitybeker-titel op jou maag. Dít was Maandagaand die duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se aanspraakmakers in dié spogreeks, nadat ‘n Mahoney-blitzkrieg die hoogaangeskrewe span van Tuks feitlik eiehandig gekelder het - om aan die Potchefstromers hul eerste Varsitybeker-sege oor dié span in drie jaar te besorg. Dié 25-jarige skrumskakel se driekuns het Tuks uiteindelik tot oorgawe gedwing, ná ‘n reuse-terugvegpoging in die tweede helfte waartydens die NWU-Pukke 17 onbeantwoorde punte afgestaan het. Lees meer Klik hier vir die 2010 Varsitybeker-wedstrydbepalings
|
 |
|
|
Eerstejaars blink op atletiekbaan Villagers en Bellatrix het die dorpskoshuise se oorheersing op die atletiekbaan voortgesit, deur die eerstejaarsbyeenkoms verlede naweek oortuigend te wen. Villagers het ‘n allemintige 18 punte voor hul naaste teenstanders, Heimat, geeïndig; terwyl Bellatrix vir Dinki met 4 punte uitgestof het. Bellatrix se uithaler-spiesgooier Gezelle Bernard is boonop as die beste dames-veldatleet aangewys, met haar indrukwekkende afstand van 45.89 m. Lees meer
|
 |
|
|
NWU en stadsraad besoek Spanje Tydens die tweede helfte van Januarie 2010 het ’n afvaardiging van Potchefstroom die hoofstad van Spanje, Madrid, besoek om ’n paar sake af te handel nadat Spanje bevestig het dat hulle tydens die Wêreldbeker sokkertoernooi hulle tuisbasis in Potchefstroom gaan hê. Die afvaardiging het bestaan uit vier lede van die stadsraad en twee van die Noordwes-Universiteit. Lees meer
|
 |
|
|
Krieketspan terug op koers Die eerste krieketspan van die NWU-Puk het sy aanslag op n plek in vanjaar se klubkampioenskap-toernooi die naweek lewend gehou, deur Impala 2 met n beurt en 53 lopies op die NWU Absa-ovaal te klop. Met dié sege het die Pukke boonop hul onlangse nederlaag teen die Rustenburgers gewreek én die eerste naweek van Senwes se 65 boulbeurt-liga bo-aan die punteleer afgesluit. Lees meer
|
 |
|
|
Twee van PUK Kunste vier dertig jaar saam Twee gewilde personeellede vier op 1 Februarie hul dertig jaar “herdenking”. Horst Bütow en Christa Cloete het in 1980 saam die kultuurkantoor op die Pukkampus begin. Horst is die hoof van die kultuurkantoor en Christa is sy sekretaresse. Hulle vier dié maand dertig jaar saam as kollegas. Saam was hulle verantwoordelik vir die opbouing van die departement wat vandag as PUK Kunste bekend staan. Lees meer |
 |
|
|
NWU-Puk-teenstaanders gaan vanjaar dubbel sien 'n Mens sal vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers verskoon as hulle dubbeld sien, wanneer hulle die volgende twee maande teen die span van die NWU-Puk te staan kom. Nie net sal die Pukke poog om hul teenstanders met hardloopugby dronk te slaan nie, maar dié span sal dit boonop met ‘n identiese tweeling in sy geledere doen. Die 21-jarige Jacobs-broers, Niëll en Ruan, sal onderskeidelik die nommer 10- en 13-truie dra, wanneer die Potchefstromers Maandag in Pretoria in hul eerste wedstryd van dié glanstoernooi teen Tukkies te staan kom. Lees meer |
 |
|
|
Puk spel gevaar in studentereeks Die NWU-Pukke se rugbyspan het Saterdag (23 Januarie) in die Noordwes-stadion in Welkom 'n duidelike waarskuwing aan die res van vanjaar se Varsitybeker-aanspraakmakers gestuur deur die Griffons met 40-36 te troef. Met dié oorwinning was die NWU-Pukke die enigste universiteitspan wat in die naweek met 'n Curriebeker-span afgereken het. Lees meer
|
 |
|
|
Gemeenskap groet oud-rektor van die NWU-Puk Die Teologiese Skool en die Fakulteit Teologie op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het verlede week ’n groetgeleentheid vir een van die Puk se vorige rektore gereël. Prof. Tjaart van der Walt en sy vrou, Babie, vertrek vandeesweek (26 Januarie) na Australië om naby Perth by hul enigste dogter, Mariana Hoogenboezem en haar gesin, te gaan woon. Lees meer
|
 |
|
|
Nuwe rektor verwelkom eerstejaars "Die Puk is ’n baie goeie keuse want hier word werklik groot erns gemaak met die handhawing en uitbou van kwaliteit van onderrig.” Dit is die boodskap wat prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor van die NWU-Puk, aan sowat 4 300 eerstejaars gebring het met die amptelike ontvangs van eerstejaars vir 2010. Lees meer
|
 |
|
|
Olimpiese kampioen slyp vir nog goues op NWU-Puk-velde Die pad na ’n goue Olimpiese medalje loop deur Potchefstroom, glo Andreas Thorkildsen. En hy behoort te weet - dié Noorse spiesgooikampioen slyp al die afgelope sewe jaar langs die Mooirivier en het in dié tyd reeds die Europese, Wêreld- en Olimpiese kroon verower. Potchefstroom is regoor die wêreld, maar veral in Europa, bekend as dié plek vir spiesgooiers om jou voorseisoen voorbereiding te doen, het Thorkildsen gesê. Lees meer
|
 |
|
|
Nederlandse studente, dosente woon somerskool by ’n Groep van dertien nagraadse regstudente en –dosente van die Universiteit van Tilburg het vroeg vanjaar ’n somerskool by die NWU-Pukkampus bygewoon. Studente van die Mafikeng-kampus het ook deelgeneem. Dit is vanjaar die vyfde keer dat die somerskool as deel van ’n samewerkingsooreenkoms deur die twee universiteite se regsfakulteite aangebied word. Verlede jaar het ’n groep van Potchefstroom en Mafikeng ’n winterskool in Tilburg bygewoon. Lees meer
|
 |
|
|
NWU-Puk I maak gereed vir seisoen 'n Voller voorraadkas is waarmee die eerste rugbyspan van die NWU-Puk sy hartverskeurende nederlaag in die eindstryd van verlede jaar se FNB Varsity Cup gaan wreek. "Verlede jaar was ons gebrek aan diepte 'n kwelpunt, veral aangesien dit onvermydelik is dat jy met beserings gaan sukkel in só 'n lang, harde toernooi. "Ek is egter vol vertroue dat ons vanjaar genoeg diepte en opsies het om onsself in elke wedstryd te laat geld.” Só glo afrigter, Rudy Joubert, op die vooraand van vanjaar se toernooi, wat oor net meer as twee weke begin. Lees meer
|
 |
|
|