NWU-Puk-atletiekklub ontwikkel unieke spiesgooi-toestel
Die NWU-Puk se atletiekklub spog met 'n unieke spiesgooi-toestel wat selfs deur Olimpiese atlete ingespan word om hul gooie te verbeter. Hoewel dit vreemd mag klink om spiesgooi onder ‘n dak te oefen is dit presies wat Puksport en meganiese ingenieurswese reggekry het met die ontwerp en bou van die toestel. “Atlete kan onder meer gooie doen teen verskillende hoogtes en spoedontwikkeling slyp deur aandag te gee aan die verskillende nuanses van krag,” vertel mnr. Terseus Liebenberg, atletiekafrigter. Hy het sedert verlede jaar nou saamgewerk met dr. Barend Botha, dosent by meganiese ingenieurswese. Twee ingenieurstudente, mnre. Christo Greyling en Jozua Roux, het die afgelope twee jaar aan die projek gewerk. Dit was deel van hulle finalejaarsprojekte. |

|
Mnr. Terseus Liebenberg, atletiekafrigter van NWU-Puksport, dr. Barend Botha van meganiese ingenieurswese en mnr. Jozua Roux, by die unieke spiesgooitoestel.
|
Volgens Botha het die projek by die bou van 'n prototipe begin en word die toestel sedert dit in gebruik geneem is, voortdurend geskaaf en verfyn om die atlete die beste te bied. Hy sę verdere ontwikkelings is nie uitgesluit nie en daar is reeds ‘n klomp idees op die tafel om die apparaat van die beste węreldwyd te maak. Die spiesgooi-toestel is die enigste van sy soort in Afrika en een van min ter węreld. Bekende atlete wat al die toestel ingespan het vir oefening, sluit onder meer in Magnus Arvidsson van Swede en Andreas Thorkildsen van Noorweë wat al twee keer die Olimpiese spiesgooi-kampioen was. |
20/10/2008 |
|
 Mnr. Terseus Liebenberg, atletiekafrigter van NWU-Puksport, dr. Barend Botha van meganiese ingenieurswese en mnr. Jozua Roux, by die unieke spiesgooitoestel.
|
|