Graphic Design wins with creative packaging
Grafiese Ontwerp-studente van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) het in vanjaar se Student Goldpack Awards-kompetisie van die Institute of Packaging South Africa (IPSA) baie goed gevaar. Die jaarlikse gala-geleentheid en prysuitdeling van die kompetisie het onlangs by die Johannesburg International Holiday Inn plaasgevind. Volgens Bill Marshall, voorsitter van die Student Goldpack Awards, was vanjaar se standaard die hoogste ooit. Die beoordelaars se werk is verder bemoeilik deur die meer as 800 inskrywings wat vanaf ontwerp opleidingsinstansies oor die hele land ontvang is. Die 2004 Student Goldpack Awards-kompetisie het uit drie kategorieë bestaan, naamlik: Recipes of the world: voedselverpakking, projekte gerig op die informele sektor entrepreneur, asook verpakking van die buitengewone op ’n ongewone wyse. Buiten twee derdejaarstudente, Esté Steyn en Mariëtte Fourie, wat deurgedring het tot die semifinale rondte, het twee vierdejaarstudente naaswennerspryse opgeraap. Margaret Grobler het ’n naaswennersprys in die kategorie Recipes of the world ontvang vir haar ontwerp, Tori Gohan. Marizaan Rens het in die verpakking vir die kategorie: Informele Sektor Entrepreneur ook ’n naaswennersprys ontvang vir haar ontwerp Ubuhlalu Arts and Crafts.
|
|


|