NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
   
 

De Ridder tel onder veertien bestes in węreld

 

Die direkteur van die skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap van die Pukkampus is tans een van slegs veertien antropometriste met ’n vlak 4-kwalifikasie in die węreld. Hy is ook die enigste in Afrika.
  Prof. Hans de Ridder sę ’n internasionale paneel het dié besluit geneem gegrond op die feit dat hy homself eers as internasionale instrukteur (of ’n vlak 3) moes kwalifiseer.
  Daar is ook na sy publikasie-uitsette, navorsingsrekord, bydraes by internasionale kongresse en sy betrokkenheid by nagraadse leiding gekyk.
  De Ridder het reeds sy vlak 3-kwalifikasie in 1998 in Adelaide in Australië bereik en moes homself daarna deeglik bewys dat hy dié status waardig is en kan volhou.
  Hy het die afgelope 21 jaar by die Pukkampus reeds vyftig meesters- en doktorsgrade afgelewer, meer as honderd wetenskaplike voordragte węreldwyd gelewer en meer as sewentig publikasies geskryf.
  De Ridder was een van die direkteure van ’n navorsingsprojek wat in 2003 by die Afrika-Spele in Nigerië gedoen is. Hy was ook verantwoordelik vir die opleiding van ’n span navorsers wat primęr uit Nigeriërs bestaan het waartydens almal tot op ’n internasionale vlak 2 opgelei is.
  “So het die Pukke ook kundigheid in Nigerië agtergelaat wat steeds met baie vrug deur die navorsers daar gebruik word.”
  Hy was ook betrokke by die aanbieding van meer as veertig vlak 1, 2 of 3 internasionale kursusse in lande regoor die węreld.
  Om sy status as vlak 4-antropomotris te handhaaf word hy elke vyf jaar herevalueer.
  De Ridder is genooi om vanjaar te help met die aanbied van ’n reeks kursusse in Oktober in Brasilië en in November sal hy in Lissabon, Portugal help met die herevaluering van ander vlak 3 instrukteurs. 
  Hy sę dit sal plaasvind by die tweejaarlikse kongres van die International Society for Kinanthropometry.
  Hy is tans die president van dié vereniging en dien reeds ses jaar as die sekretaris-generaal.


 

 

Prof Hans de Ridder
Prof. Hans de Ridder.

Antropometrie is:

Antropometrie het te make met die meting van die menslike liggaam en kinantropometrie het te doen met die meting van die menslike liggaam in beweging. Aspekte van die menslike liggaam soos die persentasie liggaamsvet, persentasie spiermassa, ledemaatlengtes, been massa, somatotipering, ens. word gemeet om sportlui te help verbeter en ook te help met die rehabilitasie van sportbeserings.
  Antropometriste hanteer ook oorgewig en obees persone en help hulle om ’n profiel oor die liggaam saam te stel om met gewigsverlies en die bekamping van chroniese siektes te help.

23/02/2010

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings