NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
   
 

Universiteite span saam om geletterdheidstoetse te ontwikkel

 

Die Noordwes-Universiteit was onlangs deel van ’n span navorsers van vier universiteite in die land om ’n Inter-inrigtingsentrum vir taalontwikkeling en assessering (Inter-institutional Centre for Language Development and Assessment – ICELDA) te vestig.
Die ondertekening van die ICELDA-ooreenkoms met die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het reeds verlede jaar plaasgevind.

Die ondertekening van die ICELDA-ooreenkoms met die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het reeds verlede jaar plaasgevind. Hier is proff. Jan Swanepoel, dekaan van die fakulteit lettere en wysbegeerte, Annette Combrink, vorige rektor van die Pukkampus, en Johann van der Walt van die Skool vir Tale.

  Prof. Johann van der Walt, hoof van die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk by die Skool vir Tale, sê navorsers van die multitalige universiteite van Noordwes, Pretoria, Stellenbosch en Vrystaat het saamgewerk om betroubare akademiese geletterdheidstoetse te ontwikkel.
  Hy sê ICELDA is die eienaar van die TAG- (toets van akademiese geletterdheidsvlakke) en TALL- (Test of Academic Literacy Levels) toetse wat die NWU ook gebruik om eerstejaars se geletterdheidsvlakke aan die begin van ’n akademiese jaar te toets.
  Die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk behartig ook die modules in akademiese geletterdheid (AGLA111, AGL111, AGLA121 en AGL121) op die Potchefstroomkampus.
  Van der Walt sê die ooreenkoms beteken ook dat die universiteite in die toekoms sal saamwerk op die gebied van taaltoetsing.
  ICELDA stel jaarliks 32 000 toetse beskikbaar aan deelnemende universiteite.
  Nog ’n toets wat ICELDA ontwikkel het is die toets van akademiese geletterdheid vir nagraadse studente (Test of Academic Literacy for Postgraduate Students – TALPS) wat reeds ’n onontbeerlike instrument is vir die bepaling van geletterdheidsvlakke van nagraadse studente aan die Puk, Kovsies en Tukkies.
  Van der Walt sê deur meer navorsers in hierdie te betrek, kan ICELDA die vermoë vir die ontwikkeling van betroubare taaltoetse voorsien waaraan daar in Suid-Afrika nog altyd ’n gebrek was.



 

 







 

 

24/03/2010

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings