NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe

 

Vakgroep Voeding

Historiese Agtergrond

B.Sc. (Dieetkunde)

B.Sc met Dieetkunde was ‘n drie-jarige graadkurus met Fisiologie en Voeding as hoofvakke wat tot en met 1995 deur Potchefstroomse Universiteit vir CHO aangebied was. Die studente het na voltooiing van hierdie graad ‘n Nagraadse Diploma in Dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria voltooi, waarna hulle dan by die destydse Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad (SAGTR) moes registreer om as dieetkundiges te kon praktiseer. Gedurende 1994 het die Universiteit van Pretoria besluit om hulle dieetkunde-kursus en die Nagraadse Diploma in Dieetkunde uit te faseer en na ‘n vierjarige geïntegreerde Dieetkunde graad oor te skakel. Potchefstroom Universiteit het opdrag van Departement van Onderwys gekry om ook hulle graad in lyn met die nuwe verwikkeling aan te pas. Gedurende 1995 het die beplanning van die nuwe geïntegreerde graad ‘n aanvang geneem terwyl die drie-jarige graadkursus uitgefaseer is en sommige van die studente wat steeds vir die drie-jarige kursus geregistreer was het na die nuwe, geïntegreerde kursus oorgeskakel. In 1997 het die eerste vierdejaars wat vir die nuwe kursus ingeskryf was, hulle kursus voltooi, waarna hulle dan direk by die Health Professions Council for South Africa (HPCSA) kon registreer. Studente wat hierdie geïntegreerde kursus voltooi, kan direk met ‘n M.Sc (Dieetkunde) voortgaan.

B.Sc met Voeding en Fisiologie/Biochemie as hoofvakke

Vanaf 1993 word die kursus B.Sc met Voeding as tweejarige hoofvak en Fisiologie of Biochemie as ander hoofvak, deur Departement Onderwys goedgekeur en deur Potchefstroomse Universiteit ingestel.

Gedurende 1998 word ‘n verdere verandering aan die kursus goedgekeur en MBW as ander moontlike hoofvak word bygevoeg. (B.Sc met Voeding en MBW/Fis/Bch). Kursusse wat hierop volg is Honns, M.Sc en PhD in Voeding.

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings