NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Psigo-Sosiale Gedragswetenskappe

 

Instituut vir Psigoterapie en Voorligting

Die Instituut se drie hooffunksies is:
  • Opleiding van internsielkundiges (Klinies en Voorligting) in samewerking met Witrandhospitaal; 
  • Navorsing, veral ten opsigte van die toepassingsterreine van die Tomatismetode en die bevordering van psigologiese welsyn ;
  • Dienslewering aan die studentegemeenskap en algemene publiek vind plaas binne die konteks van ‘n seksie 54a maatskappy, bekend as Du Plessis en Kirsten ingelyf.

Teikenmark:

Kinders, tieners en volwassenes vanuit die studentegemeenskap en die algemene publiek. 

Dienslewering:

Aard van dienslewering: Geskied binne ‘n multidissiplinêre spanbenadering.

Vorme van dienslewering:

  1. Algemene kliniese dienste:
    spelterapie, psigoterapie, groeps- en huweliksterapie en voorligting
  2. Gespesialiseerde dienste:
  • Sielkundige dienste:  psigologiese en neuropsigologiese evaluasies;

  • Spraakterapeutiese en oudiologiese dienste:  konsultasies t.o.v. spraak-, gehoor- en taalontwikkelingsprobleme, asook leerprobleme en spesifieke leesprobleme vanaf gr. i – gr.  xii;

  • Psigiatriese dienste:  ‘n besoekende psigiater diagnoseer sielkundige/psigiatriese problematiek en skryf medikasie voor;

  • die Tomatismetode van sensories-neurale integrasie opleiding en terapeutiese begeleiding: Die luisterfunksie word beskou as die grondslag van kommunikasie en leer.  Derhalwe word die tegnieke van hierdie benadering aangewend om luister- en kommunikasie probleme (onderliggend aan ‘n wye verskeidenheid toestande) te verbeter.  Insgelyks kan psigologiese welsyn oor ‘n wye spektrum van probleemtoestande bevorder word, bv.  probleme geassosieer met perinatale komplikasies, emosionele-, leer-, gedrags- en verhoudingsprobleme.  Uitvoerende kunstenaars bv. musici, toneelspelers en sangers kan ook beduidend baat by die proses.

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings