Welkom by die Vakgroep Psigologie
Die Departement Psigologie aan die Noordwes-Universiteit (voorheen die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër onderwys) het sy ontstaan as volwaardige departement (voorheen Sielkunde) in 1924 gehad, met Dr. H.J. Stoker as eerste departementshoof. Sielkunde kon daarna as hoofvak vir die B.A. Graad bestudeer word, nadat daar in die vorige jare slegs ‘n eenjarige kursus daarin aangebied is. Vanaf 1927 reeds is ‘n kursus vir B.Sc Sielkunde ingestel, wat meebring dat Sielkunde ook as hoofvak vir die B.Sc graad geneem kon word, wat tans steeds die geval is. ‘n MA-graadkursus in Sielkunde (wat sowel op BA as BSc-Sielkunde sou volg), is van die begin van 1928 reeds moontlik.
Die naam van die Departement (en van die vak) is in 1971 verander na Psigologie, soos dit tans steeds bekend staan. In 1973 is die Instituut vir Sielkundige en Opvoedkundige Dienste en Navorsing (ISOD&N) gestig as deel van die Departement Psigologie. Dit het die weg gebaan vir die instelling van die gerigte MA-grade in Kliniese en Voorligtingpsigologie in 1975. In 1980 is die ISOD&N se naam verander na die IPV (Instituut vir Psigoterapie en Voorligting).
|
|

|