|
|
|
Kerntegnologieë
Naam
|
TurboAnnotate
|
Ontwikkelaar(s)
|
GB van Huyssteen, MJ Puttkammer, M Schlemmer
|
Affiliasies(s)
|
Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT™), Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika
|
Beskrywing
|
TurboAnnotate is ’n gebruikersvriendelike annotasieomgewing (d.i. hulpmiddel) waarmee linguistiese data vir masjienleerdoeleindes met behulp van skoenlussteekproefneming geannoteer kan word. Goudstandaarde of ander geannoteerde lyste kan ook handmatig hiermee geannoteer word.
Hierdie eerste weergawe van TurboAnnotate is ontwikkel om data vir spesifiek woordafbreking van Suid-Afrikaanse tale te annoteer.
In die annotasiekoppelvlak moet die annoteerder gewoon die muis sleep oor die deel van die woord wat geannoteer moet word en wanneer die muisknoppie gelos word, verander die geselekteerde gedeelte van kleur.
Die masjienleersisteem wat hier gebruik word, is die alombekende Tilburg geheuegebaseerde leerder (TiMBL; Daelemans et al, 2004).
Van Huyssteen & Puttkammer (2007) rapporteer dat TurboAnnotate nie net hoër annotasieakkuraatheid verseker nie, maar ook help om die menslike inspanning wat nodig is, te verminder (ten minste in die geval van Afrikaans).
Daar word steeds gewerk aan TurboAnnotate.
|
Kategorie(ë)
|
Morfologiese analise na Annotasie
|
Toevoertaal/tale
|
Tale wat die karakterstel van die Latynse alfabet gebruik
|
Afvoertaal/tale
|
Tale wat die karakterstel van die Latynse alfabet gebruik
|
Verspreiding
|
Aanlyn
|
Dokumentasie
|
Van Huyssteen, GB & Puttkammer, MJ. Accelerating the Annotation of Lexical Data for Less-Resourced Languages. Proceedings: Interspeech 2007 - Eurospeech, 10th European Conference on Speech Communication and Technology. Antwerp, Belgium, August 27-31, 2007.
Daelemans, W, Van den Bosch, A, Zavrel, J & Van der Sloot, A. "TiMBL: Tilburg Memory Based Learner, Version 5.1, Reference Guide", ILK Technical Report, February 4, 2004.
|
Bedryfstelsel(s)
|
Linux
|
Programmeringstaal
|
Perl
|
Plek van Uitvoer
|
Plaaslik
|
Vereiste Sagteware
|
TiMBL 5.02 , Perl
|
Prys: Akademies
|
n.v.t
|
Prys: Meerdere Gebruikers
|
n.v.t
|
Prys: Kommersieël
|
n.v.t
|
Lisensie
|
Oopbron (GPL)
|
Ander inligting
|
Om die oopbronkode te bekom, stuur asseblief ʼn e-pos aan Martin Puttkammer (Martin.Puttkammer@nwu.ac.za)
|
|
|
|
© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings
|
|