NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Kommunikasiestudies

 

50 Jaar Logo

Feesjaar 2009

Die Skool vir Kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit vier vanjaar 50 jaar van die studie van kommunikasie wat in 1959 as Perswetenskap binne die vak Geskiedenis begin het. Potchefstroom is dus die geboorteplek van universitêre onderrig in kommunikasie in Suid-Afrika en sal in 2009 verskillende feesvieringe hou om hierdie mylpaal te herdenk.  Daar word onder andere gewerk aan 'n feesjoernaal wat nie alleen geskiedkundige vertrekpunte sal beskryf nie, maar ook 'n kontemporêre blik op kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit sal bied. Ander feesaktiwiteite sluit in funksies vir huidige studente en personeel, sowel as 'n simposium, kunsuitstalling, 'n geselligheid en verskeie gaslesings vir alle belanghebbendes en veral ouddosente en alumni.

Van besondere belang is die kunsuitstalling van huidige studente- en dosentewerk van 18-28 Augustus in die Universiteitsgalery, met die Gert Pienaar-gedenklesing wat op die aand van 27 Augustus plaasvind.  Gedurende die dae van 27 en 28 Augustus gaan onderskeidelik akademiese seminare en beroepsgerigte seminare gehou word wat sal handel oor onderwerpe wat verband hou met Kommunikasie, Grafiese Ontwerp en Kunsgeskiedenis. Op die aand van 28 Augustus word die twee weke se verrigtinge afgesluit met ‘n gesellige informele saamkuier.

Kontak ons asseblief indien jy sou belangstel om die feesvieringe mee te maak en meer nuus oor al die bedrywigheid wat vir die feesjaar beplan word, te ontvang. Kontak ons ook as jy graag jou vakkundige kennis of beroepservaring met studente en eweknieë wil deel.

 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings