NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Kommunikasiestudies

 

Welkom by die Skool vir Kommunikasiestudies

Die Skool vir Kommunikasiestudies bied ’n ontdekkingsruimte vir kreatiewes wat daarin belangstel om hulle vlerke te sprei in die vakgroepe: Kommunikasie, Grafiese Ontwerp en Kunsgeskiedenis.

By hierdie skool is daar  meer as net drukkersink, saktye, verslae, prentjies en redenasies. Die doel van progamme in die Skool vir Kommunikasiestudies is om professionele praktisyns te lewer wat hul kennis en vaardighede in die werkplek kan toepas.

Die Skool vir Kommunikasiestudies is 'n plek waar jy uiting kan gee aan jou kreatiwiteit en kan leer hoe om in 'n korporatiewe en ontwikkelende omgewing professioneel te kan kommunikeer, hetsy dit visueel, verbaal of digitaal is.

Bekwame en uiters toegewyde dosente sal met behulp van uitstekende infrastruktuur en toerusting jou help om 'n goeie balans tussen teorie en praktykgerigte opleiding te skep op 'n rustige kampus met 'n opwindende studentelewe.

Al die studievelde is praktyk- en /of navorsingsgerig en bied die moontlikheid vir nagraadse studies.

Die Skool vir Kommunikasiestudies is deel van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte. Daar is drie vakgroepe binne die Skool, naamlik Kommunikasiestudies, Grafiese Ontwerp en Kunsgeskiedenis. Die Skool het ‘n direkteur (prof. Paul Schutte, +27 18 299 1642) en elke vakgroep het ‘n voorsitter.

Jongste Nuus

Fees

Rig alle korrespondensie aan die volgende adres:

Die Direkteur
Skool vir Kommunikasiestudies
Noordwes-Universiteit
Privaatsak X6001
Potchefstroom
2520

Algemene Navrae:

  • Mev Corlé Conradie
    Sekretaresse: Kommunikasie
    +27 18 299 1642
    Faks: +27 18 299 1651
    E-pos: corle.conradie@nwu.ac.za

  • Me Zita Kyster
    Sekretaresse: Kunsgeskiedenis en Grafiese Ontwerp 
    +27 18 299 4091
    Faks: +27 18 299 4097
    E-pos:   zita.kyster@nwu.ac.za

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings