|

N12 vanaf Johannesburg
Draai by die vierde verkeerslig regs in Govan Mbekirylaan (Mooirivierrylaan). Volg die pad verby die Riverwalk winkelsentrum, James Maroko (Lombardstraat) kruising, (McDonald's en Kentucky, alles aan u linkerkant) asook Retiefstraat verkeersligkruising. Draai daarna by die T-aansluiting, links in Albert Lethulirylaan (Von Wiellighstraat). Draai regs by die volgende verkeersligkruising, Thabo Mbeki (Van der Hoffweg). Gaan verby die verkeerslig met Esselenstraat. By die volgende verkeersligkruising met Meyerstraat is die Konservatoriumgebou regs en beskikbare parkering is aan die linkerkant voor Hoërskool Gimnasium se koshuise.
N12 vanaf Klerksdorp
Draai by die derde verkeerslig links in Beyers Naudélaan (Krugerstraat), net na u oor die brug is. Hou reguit aan. By die vierde stopstraat verander Beyers Naudélaan in Hoffmanstraat - hou steeds reguit aan. Die straat eindig by die vierrigting-kruising met Meyerstraat by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus. Gaan regs met Meyerstraat en volg die pad verby die vierrigting-kruising en verkeersligkruising by Steve Biko (Tomstraat) tot by die verkeersligkruising met Thabo Mbeki (Van der Hoffweg). Gaan links by die verkeerslig vir beskikbare parkering voor Hoërskool Gimnasium se koshuise. Die Konservatoriumgebou is aan die oorkant van die pad op die h/v Thabo Mbeki en Meyerstraat.
R53 vanaf Ventersdorp
Nadat u verby die artillerieskool se offisiersmenasie op linkerhand is, draai links in Meyerstraat. Volg die pad verby die Medi-Clinic-hospitaal op regterhand. U gaan deur twee vierrigting-kruisings en daarna oor 'n brug. Gaan verby die vierrigting-kruising met die Potchefstroomkampus se sekuriteitsingang op linkerhand en volg die pad oor die verkeersligkruising met Steve Biko (Tomstraat) tot by die verkeersligkruising met Thabo Mbeki (Van der Hoffweg). Gaan links by die verkeerslig vir beskikbare parkering voor Hoërskool Gimnasium se koshuise. Die Konservatoriumgebou is aan die oorkant van die pad op die h/v Thabo Mbeki en Meyerstraat.
|