NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Musiek

 

Meesterkonserte

Kaartjies

  • Volwassenes – R50 / Pensioenarisse, studente, skoliere – R30
  • Blokbesprekings 10 of meer persone: R30 per persoon
  • Die kaartjie se prys sluit ‘n program en ‘n glasie sjerrie voor die konsert in.
  • Alle besprekings open 7 dae voor die datum van die konsert.
  • Kaartjies is ook 30 minute voor die konsert by die loket beskikbaar.

Navrae en besprekings

Weeksdae van 11:00–13:00 en 14:00–16:00 by die Konservatorium.
Tel. (018) 299-1692 | e-pos:
Eulalia.Johnson@nwu.ac.za

Alle datums, kunstenaars en programme is onderhewig aan verandering sonder vooraf kennisgewing.

 

PROGRAM

Die Skool vir Musiek aan die Noordwes-Universiteit se konsertkalender vir vanjaar sluit weer 'n verskeidenheid van konserte in wat vir amper elke smaak iets behoort te bied.

In die meesterkonsertreeks op Dinsdagaande om 19:30 is daar 'n balans tussen plaaslike, nasionale en ook internasionale musici. 

Daar is dan ook nog etensuurkonserte, studentekonserte en Sondagkonserte.

Vir verdere inligting kan belangstellendes inteken op die e-pos adreslys en SMS-diens deur e-pos te stuur aan music@nwu.ac.za , of skakel (018) 299-1692 gedurende kantoorure.

 

Dinsdag, 14 September, 19:30
Konservatoriumsaal

 

Gershwin Sings

 

Deirdre Blignaut - Sopraan

Waldo Weyer- Klavier

George Fazakas - Fluit

Karendra Devroop - Saxofoon

 

Datum: 14 September, 19:30

 

Konservatoriumsaal: H/v Thabo Mbeki en Meyerstraat, Potchefstroom

 

Deirdré Blignaut, sopraan, word begelei deur 'n ensemble van klavier, fluit, kontrabas en saxofoon. Die konsert bestaan uit bekende gunstelinge van Gershwin asook enkele instrumentale vermaak en het 'n ligte jazz-gevoel. Dit beloof om 'n aand te wees waar die gehoor gemaklik agteroor kan sit om weer die goue oues te geniet.

 

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar gedurende kantoorure by die Konservatorium, tel. (018) 299-1692, of vanaf 'n halfuur voor die konsert by die loket teen R50 vir volwassenes, en R30 vir leerders, studente en pensioenarisse. Blokbesprekings 10 of meer persone: R30 per persoon.

 

Dinsdag, 19 Oktober, 19:30

Konservatoriumsaal

 

Tjello en Klavier

 

Human Coetzee - Tjello

Truida van der Walt - Klavier

 

Datum: 19 Oktober, 19:30

 

Konservatoriumsaal: H/v Thabo Mbeki en Meyerstraat, Potchefstroom

 

L van Beethoven, Sonate vir tjello en klavier in F-Majeur, Opus 5 nr 1.

F Chopin, Sonate vir tjello en klavier in G-Mineur, Opus 65.

S Rachmanioff, Sonate vir tjello en klavier in G-Mineur, Opus 19. 

 

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar gedurende kantoorure by die Konservatorium, tel. (018) 299-1692, of vanaf 'n halfuur voor die konsert by die loket teen R50 vir volwassenes, en R30 vir leerders, studente en pensioenarisse. Blokbesprekings 10 of meer persone: R30 per persoon.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings