NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Fakulteit Lettere en Wysbegeerte

 

REëLS VIR DIE GEBRUIK VAN REKENAARLOKALE IN DIE FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE

Skool vir Filosofie, Skool vir Kommunikasiestudies, Skool vir Musiek, Skool vir Tale, Skool vir Sosiale en Owerheidstudies. Reëls nagesien: 26 Oktober, 2005. Goedgekeur deur die registrateur: 08 November, 2005.

LET WEL:    Behalwe vir die reëls neergelê deur die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte geld ook die algemene reëls neergelê deur die Universiteit vir alle rekenaarlokale van die instelling.

LET WEL:    Hierdie reëls is in Afrikaans en Engels op die web beskikbaar onder http://www.puk.ac.za/fakulteite/lettere/reels.html.

1   INLEIDING

     (a)    As deel van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte se volgehoue verbintenis om die fasiliteite aan studente op industrie-standaard te hou, om ’n aangename werksplek vir almal te skep, duur verliese te voorkom en besigheidsrisiko’s te vermy, moet die volgende reëls nagekom word:

2   ALGEMEEN

     (a)    Deur die ondertekening van hierdie reëls bevestig die student dat hy/sy die reëls gelees het, dit verstaan en hom/haar tot die stiptelike nakoming daarvan verbind. ’n Student wat die reëls verontagsaam, sal ingevolge paragraaf 80 van die Institusionele Statuut van die Universiteit voor ’n dissiplinêre komitee gedaag word en sy/haar universiteitskaart summier by alle rekenaarfasiliteite gekanselleer en die student die gebruik van kameras en ander toerusting geweier word.

     (b)    ’n Student word SLEGS toegang tot enige van die Fakulteit se lokale verleen indien sy/hy die reëls onderteken het.

     (c)    ’n Student of enige ander persoon wat nie vir die modulekodes geregistreer is om toegang tot ’n lokaal te verkry nie, word oombliklik deur Beskermingsdienste verwyder.

     (d)    Die dosent, IT-assistent, IT-bestuurder, toesighouer het volmag om ’n student te vra om ’n lokaal te verlaat as student nie na behore handel nie.

3   TOEGANG

LET WEL:    Lettere en Wysbegeerte se lokale is spesialislokale en mag nie vir enige doel anders as akademie gebruik word nie.  Na-ure kry die sentra van die Fakulteit voorkeur vir gebruik.

     (a)    Taallab, K203, Skool vir Tale: Geen student mag buite die rooster teen die deur EN/OF sonder toesig van ’n personeellid in die lokaal wees nie.

     (b)    Apple Macintosh I en II, K122 & K123, Kunstegebou: Is tans 24 uur oop. Die vergunning kan teruggetrek word, indien misbruik begin plaasvind.

     (c)    Kommunikasielaboratoria I en II, K118 & K126 Perskorgbou: Is tans 24 uur oop. Die vergunning kan teruggetrek word, indien misbruik begin plaasvind.

     (d)    CTexT-laboratorium, K107, Frans du Toit: Besigheidsure en toegang word bepaal deur die bestuur van CTexT.

     (e)    Videoredigering, Perskorgebou: Besigheidsure en toegang word bepaal deur die betrokke dosent.

     (f)     Musiektegnologie: Besigheidsure en toegang word bepaal deur die skooldirekteur.


LET WEL:    Enige persoon wat sy/haar toegangkode of universiteitskaart aan ’n ander persoon gee, se eie toegang word summier gekanselleer. Indien ’n student magtiging benodig, moet hy/sy die skoolsekretaresse besoek wat via die gebouverteenwoordiger by Beskermingsdienste die kaart sal laat aktiveer.

4   ROOK, EET, DRINK VERBODE/NETHEID VAN LOKALE

     (a)    Studente mag onder geen omstandighede enige drink- of eetgoed in die lokale inbring of, eet, drink of rook in die lokale nie. Selfs sigbare, verseëlde spys en drank (wat water insluit) word as ’n oortreding gereken.

     (b)    ’n Student moet toesien dat die werkspasie om haar/hom skoon is wanneer die lokaal verlaat word. Dit sluit die spasie om die drukker in.

5   SAGTEWARE, OPSTELLINGS EN INSTANDHOUDING

     (a)    GEEN sagteware word sonder die IT-bestuurder se eksplisiete toestemming gelaai nie. Dit is ’n kriminele oortreding en die saak sal deur die polisie hanteer word.

     (b)    GEEN sagteware word aan studente uitgeleen nie.

     (c)    Inligting oor wettige verspreiders en afslag aan studente kan by die IT-bestuurder aangevra word.

     (d)    Die IT-bestuurder behou die diskresie om lokale te sluit vir instandhouding.

     (e)    Rapporteer onmiddellik enige probleme of foute met die rekenaars aan die assistent of dosent. Moenie probeer om dit self reg te stel nie. Rapporteringprosedure is op die web beskikbaar onder http://www.puk.ac.za/fakulteite/lettere/reëls.html.

     (f)     Geen opstellings mag op die rekenaar verander word nie. Dit sluit verandering van die skermskut en werkskerm (“screensavers“) en (“Desktop”) in.

6   SKADEVERGOEDING

     (a)    Enige skade wat deur die student veroorsaak word deur nalatigheid of die nie-nakoming van die reëls, sal van die student se studierekening verhaal word.

 

© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings