NWU Tuis  

 

 

 
Kontak ons  |  Soek
 
 
Skool vir Tale

 

Wêrelde in dialoog 
Worlds in Dialogue - Mafatshe a Puisano

Derde oproep om bydraes:
Wêrelde in dialoog

(NOTE: The CFP is also available in Setswana and English .)

ʼn Kongres gesamentlik aangebied deur die Association of University English Teachers of Southern Africa (AUETSA), die South African Association for Commonwealth Language and Literature Studies (SAACLALS), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap, (SAVAL), die  4de Konferensie oor Suid-Afrikaanse Kinder- en Jeugliteratuur en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig (SAVTO).

Gashere: Die Skool vir Tale en die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks.
Datums: 8-11 Julie 2009
Plek: Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), Potchefstroom, Suid-Afrika

Keerdatum vir opsommings: 31 Mei 2009

Gesprek tussen die verbeelde wêrelde van tale, tekste, outeurs en kulture is ʼn belangrike dryfkrag van tale en letterkunde.  Die doel van hierdie kongres is om ʼn forum te skep wat hierdie gesprekke op die gebied van taal- en letterkundige diskoers stimuleer en versterk.  Dialoog beteken hier in gesprek tree met, wedersyds gemeenskaplikheid en nuwe betekenisse skep, maar ook om krities teen te staan of te dialogiseer (om te relativeer of bloot te stel aan verskillende perspektiewe).

Die hoofsprekers is Philip de Vos, prof. Odile Heynders en prof. Ntongela Masilela.

  • Philip de Vos het sedert 1962 meer as 40 verskillende karakterrolle in operas, operettes, musiekblyspele en oratoria, waarvan heelwat as solis vertolk. Hy is ook ’n gerekende fotograaf, het reeds meer as 40 rymvertalings van kinderboeke gepubliseer en lirieke geskryf vir verskeie animasieprogramme wat op TV uitgesaai is.
  • Prof. Odile Heynders is mede-professor in Literêre Teorie by die Tilburg Universiteit in Nederland. Sy is 'n deskundige in verskeie velde waarvan onder andere Vergelykende Literatuurwetenskap, Moderne poësie, Leesteorie, Etiek en Postmodernisme deel uitmaak.
  • Prof. Ntongela Masilela is werksaam by die Pitzer Kollege in Claremont, Kalifornië en spesialiseer onder andere in Derde Wêreld-literatuur, Statebondliteratuur, Afrika-literatuur en Postmodernisme. Hy is ook aktief betrokke by die New African Movement.

Breedweg sou ʼn mens die veld, in die woorde van Arjun Appadurai,” Disjuncture and Difference in the Global Cultural Economy” (Modernity at Large – Cultural Dimensions of Globalization), kon sistematiseer as gesprekke (of breuke in die gesprekke) tussen vyf verskillende “skappe” wat die postmoderne kulturele landskap uitmaak, nl. ideoskappe, tegnoskappe, etnoskappe, mediaskappe, finanskappe en (kan mens byvoeg) landskappe.

Onderwerpe wat hieronder val, sluit o.a. in:

Ideoskappe:

  • Gesprekke tussen skrywers, tekste, groepe, skrywers, generasies en nasionale letterkundes.
  • Gesprekke tussen strominge, soos die Romantiek en Modernisme, Britse of Amerikaanse Modernisme en  modernismes in Afrika of elders, plaaslike herskrywings van realisme (magies of nie), simbolisme.
  • Gesprekke tussen letterkunde, filosofie, antropologie, “teorie”, sosiologie,  politiek en estetika.
  • Gesprekke tussen waardestelsels en religieë: Christendom, Islam, Afrika, Judaïsme, Boeddhisme, Hindoeïsme, Afrika-religieë.
  • Gesprekke tussen kulture, sosiale lae en identiteite: middelklaskultuur, werkerskultuur, sosiale identiteit, mediakultuur, subkulture.

Landskappe:

  • Gesprekke oor plekke en die uitbeelding van plekke en ruimtes.
  • Gesprekke tussen wêreldstreke en beskawings: Ooste–Weste, Afrika –Europa, maar ook suid–suid, bv. tussen Suid-Amerika, Afrika, Indië en China.
  • Gesprekke tussen ʼn verskeidenheid sentra en periferieë

Tegnoskappe:

  • Gesprekke oor maniere van doen, praktyke, metodes en tegnieke.
  • Gesprekke tussen en oor die genres.
  • Gesprekke oor idees, opvattings, afbakenings binne die dissiplines, of dit nou binne Engels, Afrikaans, Afrika- of  ander soorte taal- of literatuurstudie is.
  • Gesprekke oor waar ons tans is en watter rigting ons behoort in te slaan.

Etnoskappe:

  • Gesprekke tussen en oor tuisblyers en migrante, ballinge en nomades.
  • Gesprekke tussen en oor slagoffers van xenofobie, vlugtelinge, asielsoekers, marginale figure.

Mediaskappe:

  • Gesprekke oor en tussen verskillende tale en oor vertaling en transposisie.
  • Gesprekke tussen die kanonieke en die populêre.
  • Gesprekke oor en tussen verskillende gehore: kleuters, kinders, adolessente, volwassenes, senior burgers.
  • Gesprekke tussen en oor letterkunde en koerante, die radio, televisie, film, die Internet.
  • Gesprekke oor die veranderende “kulturele landskap”.
  • Gesprekke tussen letterkunde en ander kunsvorme: musiek, skilderkuns, dans.

Finanskappe:

  • ·Gesprekke oor die vloei van geld, mesenasse en die ekonomiese basis en voorwaardes vir taal- en literatuurstudie: befondsing, uitgewerye, bemarking.

KONGRESKOMITEE
Proff. Hein Viljoen, Betsie van der Westhuizen, Franci Greyling, me. Dolly Dlavane, voorsitters van ander verenigings (programkomitee), me. Stefanie Dose (kongressekretaris), dr. Phil van Schalkwyk (spysenering en vermaak), mev. Elsa van Tonder (finansies en logistiek), me. Karien Hattingh (kliëntverhoudings), mnr. Alwyn Roux (bemarking en reklame).

KONGRESSEKRETARIAAT
Me. Stefanie Dose
Mev. Elsa van Tonder
Elsa.VanTonder@nwu.ac.za
Mnr. Alwyn Roux  Alwyn.Roux@nwu.ac.za
Tel. +27-18-299-1485
Faks +27-18-299-1562

VERTEENWOORDIGERS VAN DIE VERENIGINGS
AUETSA: Prof. Michael Green:
GreenM@ukzn.ac.za
SAACLALS: Prof. Gerald Gaylard: Gerald.Gaylard@wits.ac.za
SAVAL: Prof. Hein Viljoen: Hein.Viljoen@nwu.ac.za
Kinder- en jeugliteratuur: Prof. Betsie van der Westhuizen: Betsie.VanDerWesthuizen@nwu.ac.za
SAALT: Prof. Brenda Spencer: Spencb@unisa.ac.za

VOORSTELLE EN OPSOMMINGS
Stuur asb. voorstelle vir referate, 3-persoonpaneelbesprekings of plakkaataanbiedngs (met opsommings van maks. 300 woorde) via die verteenwoordigers van die verenigings of direk aan
Alwyn.Roux@nwu.ac.za. Die tale van die kongres sal wees Setswana, Afrikaans en Engels. Referate sal na Engels getolk word.

Finale keerdatum vir opsommings: 31 Mei 2009

REGISTRASIE EN KONFERENSIEGELD

Vroeë registrasie (voor 31 Mei): R950-00 Studente (met registrasiebewys) R600
Laat registrasie (tussen 1-30 Junie): R1050-00
Dagregistrasiegeld: R400

logo worlds

Wêrelde in dialoog 
Kongreswebblad

 

KONGRESSEKRETARIAAT
Me. Stefanie Dose
12978507@nwu.ac.za
Mev. Elsa van Tonder Elsa.VanTonder@nwu.ac.za
Mnr. Alwyn Roux  Alwyn.Roux@nwu.ac.za
Tel. +27-18-299-1485
Faks +27-18-299-1562

Taletso ya ntlha ya dipampiri: 
Mafatshe a Puisano



 


© 2009 Noordwes-Universiteit. Alle regte voorbehou.
Voorwaardes en Bepalings