Wêrelde in dialoog Worlds in Dialogue - Mafatshe a Puisano
Deelnemende organisasies
AUETSA – The Association of University English Teachers of Southern Africa
AUETSA se doel is die bevordering van die vrye studie van die Engelse taal en van literatuur wat in Engels geskryf is aan universiteite en ander tersiêre inrigtings in die suidelike Afrika. Enige persoon wat ’n aanstelling by ’n tersiêre inrigting beklee kan ’n lid van hierdie organisasie word. Die ledegeld is R45 per jaar. Nagraadse studente kan teen ’n studentefooi van R25 lidmaatskap verkry en AUETSA moedig nagraadse studente aan om aan kongresse deel te neem. By hierdie kongres word AUETSA deur prof. Michael Green (GreenM@ukzn.ac.za) verteenwoordig.
SAACLALS – Southern African Association of Commonwealth Literature and Language Studies
SAACLALS is ACLALS se afdeling vir die suidelike Afrika (en een van nege plaaslike afdelings in die wêreld). Die hoofborg van die vereniging is die Commonwealth Foundation. Navorsingsaktiwiteite behels onder andere vergelykende studies oor die verhouding tussen letterkunde in Engels en in die inheemse tale, nuwe soorte Engels en die gebruik van die massamedia. SAACLALS se amptelike joernaal is Current Writing. Tans beloop die ledegeld R85, wat ’n gesubsidieerde subskripsie van Current Writing insluit. By hierdie kongres word SAACLALS deur prof. Gerald Gaylard (Gerald.Gaylard@wits.ac.za) verteenwoordig.
SAVAL – Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap
SAVAL se doel is om die studie van die verskynsels van literêre teorie en vergelykende letterkunde te bevorder. Die Vereniging wil die basiese beginsels en metodes van letterkundige studies, sowel as die probleme wat met letterkundige studies gepaard gaan, beklemtoon. Enige akademikus wat hierdie kwessies bestudeer, is welkom om by SAVAL aan te sluit. Die ledegeld is R75 per jaar. SAVAL is geaffilieer by die International Comparative Literature Association. The Journal of Literary Studies/Tydskrif vir Literatuurwetenskap is SAVAL se amptelike joernaal en sowel Afrikaans asook Engels mag by SAVAL-kongresse en in artikels vir die JLS gebruik word. By hierdie kongres word SAVAL deur prof. Hein Viljoen (Hein.Viljoen@nwu.ac.za) verteenwoordig.
SAVTO - Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig
SAALT se belangrikste doel is om taalpraktisyns op alle vlakke en uit alle gebiede met ’n inligtings- en netwerkforum oor kwessies van taalonderrig te voorsien. Nuwe tendense en ontwikkelings, syllabi, publikasies en ander aktiwiteite wat met die professie verband hou, kan hier aangespreek word. Verder word probleemareas en navorsingsvelde geïdentifiseer, prioriteite bepaal en navorsingsbevindinge en inligting op die gebied van taalonderrig bekend gemaak. Die Vereniging is nie tot ’n spesifieke taal beperk nie en beklemtoon beide die teoretiese en die toegepaste/praktiese kwessies van taalonderrig. Lede ontvang die Vereniging se amptelike publikasie, die Journal for Language Teaching, wat vanaf 1990 internasionaal geakkrediteer is. By hierdie kongres word SAALT deur prof. Brenda Spencer (Spencb@unisa.ac.za) verteenwoordig.
Kinder- en jeugliteratuur
Die afdeling Kinder- en jeugliteratuur word by hierdie kongres deur prof. Betsie van der Westhuizen (Betsie.VanDerWesthuizen@nwu.ac.za) verteenwoordig.
VERTEENWOORDIGERS VAN DIE VERENIGINGS
AUETSA: Prof. Michael Green: GreenM@ukzn.ac.za SAACLALS: Prof. Gerald Gaylard: Gerald.Gaylard@wits.ac.za SAVAL: Prof. Hein Viljoen: Hein.Viljoen@nwu.ac.za Kinder- en jeugliteratuur: Prof. Betsie van der Westhuizen: Betsie.VanDerWesthuizen@nwu.ac.za SAALT: Prof. Brenda Spencer: Spencb@unisa.ac.za
|